Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 187 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 187

1. Toe Lamech sodanige voorlegging van Kisehel verneem het, was hy baie bly, en het My naam geloof en geprys en het vir My vir daardie groot genade gedank, waardeur hy homself waardig bevind het, om My naam in sodanige huis te mag bou.

2. Nadat hy hierdie stil gebed met ‘n berouende en liefdegevulde hart aan My verrig het, het hy hom aan die knegte en paleisbediendes gewend en gesê:

3. "Julle het almal nes ek die groot wonderwerk gesien en het in die opsig ook die woorde uit die mond van die groot boodskapper van die almagtige God, gehoor, en ook verneem van die heilige bouwerk wat voorlê en wat daar gedoen moet word.

4. Dus gaan in die naam van die groot boodskapper en in die naam van die allerhoogste God na alle rigtings, en nooi al die uit liefde vir God vrywilliges, om môre met die bouwerk te begin!

5. Maar vertel ook vir almal, wat daar met Lamech gebeur het, sodat niemand meer vir hom hoef bang te wees nie, en sal derhalwe vir almal weer die tong vrygemaak word, sodat elkeen volgens sy eie siening kan praat en ook sy eie wil kan laat hoor!

6. Maar sê vir almal nog daarby, dat van Lamech die grusame, uit die hiëna in menslike larwe, ‘n lam geword het, wat daar elke druppel bloed en elke traan, wat hy vir sy onderdane deur watter soort onderdrukking ook al toegevoeg het, diep berou!

7. En verkondig dit vir almal hardop, dat Lamech, omdat die albarmhartige groot God , van wie Farak gepreek het, sy skuld vir hom vergewe het, sy hele lewe deur ywerig gemoeid sal wees en dit sy hoofprioriteit sal maak, dat hy elke leed, wat hy vir hulle toegevoeg het, sal probeer om te vergoed en vir hulle almal in toekoms as sy broers en susters beskou.

8. Derhalwe moet niemand meer vir Lamech bang wees nie! Aangesien julle nou alles weet, gaan dan nou, nie om my wil nie, maar om die wil van die almagtige groot God, uit te voer! Dit sal gebeur!"

9. Maar die knegte het gehuiwer en het aanstaltes gemaak, as of dit nie vir hulle geleë sou wees, om onmiddelik te doen, wat Lamech vir hulle aanbeveel het om te doen nie.

10. Toe Lamech dit agtergekom het, was hy bedroef, en sy bedroefdheid het in ‘n sterk ywer verander; met daardie ywerigheid het hy vir die huiwerende knegte gesê:

11. "Luister, julle trae knegte en dienaars van my hof: Vir solank Lamech vir julle met tugstokke gedwing het, was julle aan elke wenk van my gehoorsaam;

12. Maar nou, waar hy vir julle as broer iets vra, hoor julle nie op sy stem nie!

13. Maar julle is nie aan my ongehoorsaam nie, maar teen die almagtige God; derhalwe moet julle ook toesien, hoe Hy na julle vir julle ongehoorsaamheid sal kyk!

14. Ek het niks vir julle beveel nie, maar ek het net die wil van God aan julle verkondig; derhalwe doen, wat julle wil, - maar sien toe, dat geen oordeel vir julle sal inhaal nie!"

15. Daarop het Lamech na Kisehel gedraai en gesê: "O liewe gesant van die Here, sê vir my, jou armsalige kneg, het ek dan onreg gedoen, dat ek jou wil uit God aan hierdie broeders oorgedra het, sodat hulle dit kan voltrek?"

16. En Kisehel het daarop vir Lamech gesê: "O broer Lamech, elke woord was reg en volmaak, maar die knegte en dienaars is swak en liggaamlik honger! Laat ons hulle derhalwe eers eet, en dan sal hulle doen, wat reg is!" - En Lamech het voor Kisehel gebuig en weer vir hom gevra, deur te sê:

17. "O groot vriend, sê net vir my, wat ek nou moet doen; want hier is niks waarmee ek vir hulle wat honger is, kan versadig nie!

18. Moet ek vir hulle na die paleis toe stuur, sodat hulle daar uit my skure van die beste vrugte kan eet, of moet ek deur die maagde spys en drank hiernatoe laat bring?

19. O vriend, sê dit net, en ek sal alles doen, hoe dit vir jou sal geval!"

20. En Kisehel het daarop vir Lamech gesê: "Luister, broer, hetsy die een of die ander is hier nodig! Want sien, die maagde en vrouens het mos nog sommige reste in hulle mandjies; laat ons dit seën, en wees verseker, dat dit voldoende sal wees!" En Lamech het voor Kisehel neergeval en het hom vir die seën gevra.

21. En Kisehel het vir die vrouens en maagde gesê: "Sit julle mandjies met die reste hier neer!" En nadat die vrouens en maagde dit gedoen het, het Kisehel saam met sy broers op na die hemel gekyk en het die reste in die mandjies geseën.

22. Toe hulle skielik vol was, het Kisehel vir die knegte gekyk en gesê: "Nou dan, julle trae en lui knegte, kom hiernatoe en versadig vir julle, sodat julle dan kan doen, wat Lamech vir julle aanbeveel het! Amen."

23. En die knegte het begin om die inhoud van die mandjies te eet; maar toe hulle vir hulle versadig het, het hulle eers begin om vir My meer volmaak te erken en derhalwe ook te loof en te prys.

24. Na hulle lof en prys het hulle opgestaan en het geesdriftig begin om Lamech se wil te voltrek en het ‘n groot aantal werkers vir die komende dag gewerf.

Hoofstuk 187 Mobiele weergawe Kommentaar