Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 188 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 188

1. Nadat al die bodes na alle rigtings toe uitgegaan het, om werkers te werf, en dit reeds die vyfde uur volgens huidige tydrekening in die namiddag was, het Kisehel na Lamech gedraai en vir hom gesê:

2. "Lamech, sien, hier op hierdie plek lê daar in die aarde baie duisend ton van die reinste goud! Hierdie metaal is die mees edele metaal op aarde; maar soos dit daar is, is dit met sand vermeng, en kan derhalwe vir niks gebruik word nie.

3. Daarom moet dit eers deur ‘n ertsmeester met behulp van ‘n baie warm vuur, gereinig word; as dit dan saamvloei tot swaar klonte, dan kan dit met hamers op die breë aambeelde breed geslaan word, sodat van ‘n vuis grootte knol van hierdie metaal ‘n blikplaat gevorm kan word, waarop eenhonderd mense voldoende plek het om op te staan.

4. Derhalwe sal dit nodig wees, om ook onmiddelik ‘n ertsmeester by te kry!

5. As jy iemand het, laat hom hiernatoe kom, en ons sal vir hom verduidelik, hoe hy hierdie metaal moet verwerk!"

6. En Lamech, uiters bly oor sodanige bekendmaking, het vir Kisehel geantwoord: "Luister, groot vriend, dit kan baie maklik gedoen word!

7. My seun, Thubalkain, wat daar vir ‘n tyd lank met sy suster Naeme soort van getroud was, is ‘n hoofertsmeester en verstaan die kuns, om uit die aarde met behulp van vuur sodanige metale te ontlok en dan met die geweld van swaar hamers in al hierdie grawegereedskap wat jy hier kan sien, te omskep, wat alles deur hom gemaak is! Sou hy nie saam met sy helpers die regte man vir hierdie taak wees nie? As ek hom laat roep, dan sal hy ook onmiddelik hier wees!

8. As hierdie my seun reg is vir julle, dan verkondig vir my julle wil, en ek wil alles doen, om beslis nêrens meer net in die geringste teen julle wil op te tree nie!"

9. En Kisehel het daarop vir Lamech gesê: "Ja, Thubalkain is die regte man! Laat dus vir hom hiernatoe kom; maar voordat hy en sy helpers hierdie metaal sal reinig, moet hyself nog gereinig word.

10. Want in sy samestelling is daar nog beduidend meer onrein sand - as in die samestelling van hierdie edele, maar nou nog rou metaal!

11. Maar hoe hierdie metaal deur vuur en sout gereinig word, net so sal ook Thubalkain eers deur ons vuur en sout moet gaan, voordat hy ten volle in staat sal wees, om hierdie edele metaal te reinig!

12. Maar as jy ‘n bode na hom toe stuur, sê vir hom, dat hy voor Thubalkain oor alles wat hier gebeur het, moet swyg! - En dus kan jy nou daarmee voortgaan! Amen."

13. Maar Lamech, wat geen manlike wese wat hier teenwoordig was, meer gewaar het nie, het ‘n bietjie verleë vir Kisehel gevra: "Groot vriend, alles sal in orde wees, as jy vir my sal toelaat, dat ek na die stad toe sal kan gaan! Daar sal ek vinnig ‘n bode vind, vir wie ek hierdie taak kan oplê; maar hier is behalwe vir die vroulike wesens en behalwe vir ons, geen manlike persoon meer teenwoordig nie, vir wie ek sodanig uiters belangrike taak kan oplê nie!

14. Daarom moet jy ook vir my in hierdie opsig raad gee, wat ek onmiddelik sal uitvoer!"

15. En Kisehel het daarop vir Lamech gesê: "Sien, broer Lamech, ook die vrouens het voete! Kies vir jou drie van hulle, want een sal as bode aan die seun van ‘n koning nie geskik wees nie!"

16. En Lamech het drie van die mees spraaksaamstes na hom toe laat kom, het vir hulle aan Kisehel voorgestel en vir hom gevra, of hulle dienlik sal wees.

17. En Kisehel het saamgestem, en die drie vrouens is na Thubalkain toe gestuur. Nadat die vrouens weg was, het Kisehel vir Lamech gesê:

18. "Broer Lamech, as jy honger en dors is, dan laat die vrouens en die maagde met die leë mandjies na jou skure toe trek om spys en drank te gaan haal!"

19. En Lamech het geantwoord: "Ja, groot liewe vriende, as ek vir die genade waardig sou wees, dat julle dit sal toelaat, om saam met my arme sondaar te eet, dan sal ek in hierdie opsig ook onmiddelik doen, wat julle vir my aangeraai het!

20. Maar as ek daarvoor nog nie ten volle waardig is nie, dan wil ek eerder vir solank vas, totdat ek in hierdie genade deur julle vir meer waardig bevind word, as juis nou!"

21. En Kisehel het vir Lamech geantwoord: "Broer, sien, daar het nog nie drie verbygegaan gegaan, sedert Jehova op die hoogte sigbaar liggaamlik in ‘n volmaakte mense gestalte onder ons gewandel het en het met ons geëet en gedrink, - en tog is ons onnoembaar minder teenoor Hom, as jy nou is teenoor ons!

22. Maar as Jehova met ons geëet het, waarom sou dan ons, jou broers, wat almal nasate van die nog lewendige vader Adam is, nie met jou ‘n maaltyd geniet nie? Derhalwe laat haal spys en drank, en jy sal nie alleen uit die mandjies eet nie, maar ons, saam met die vrouens en maagde, sal daaraan deelneem!"

23. Hier het Lamech van vreugde soos mal opgespring, het vir God geloof en geprys vir hierdie vir hom nou onuitspreeklike groot genade en het die vrouens en die maagde gestuur, sodat hulle die allerbeste kossoorte uit sy skure moet gaan haal.

24. En die vrouens het jubelend na die stad gegaan, om spys en drank te gaan haal.

Hoofstuk 188 Mobiele weergawe Kommentaar