Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 21 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 21

1. Toe Uranion nou gesien het, wie die magtige mens is, het hy op sy aangesig neergeval en het hardop geskree: "O die onuitspreeklike genade, - o die onuitspreeklik, hoogste genade! O die onuitspreeklik, allerhoogste, oorheilige genade! - Wie van ons almal sou dit gewaag het om ooit so iets te dink.

2. Die Here God Zebaoth van hemel en aarde en alles, wat daar is in, op en bokant die hemele, en in, op en bokant die aarde, ja alles, wat daar leef, streef en beweeg in die aarde, op die aarde en bokant die aarde en in alle die waters en netso, wat daar vul die ewige oneindige ruimtes, en geskep is deur die oorheilige, liefdevolste hemelse Vader - het as ‘n mense nes ons, na ons armsalige mensekinders van Sy oneindige hoogtes af na die laagste, onderste, donker aarde gekom!

3. Son - hoe kan jy, hoe waag jy dit, om jou strale nog na die aarde te stuur, waar tog jou Skepper, ons almal se Vader, heilig, oorheilig daarop loop! Wyk nes ons met jou onwaardige glans terug; want hier glans nou ‘n sandkorreltjie, wat Hy met Sy allerheiligste voete aangeraak het, in oomblik meer as al jou glans sedert ewighede saam gereken! Daarom skaam vir jou, as jy nou nog vermag om te glans!

4. En jy, ongasvrye aarde, jy die koue moeder van die dood, hoe kan jy nog bestaan?! Los op in die mees feestelike lofgesang; bring na vore die mooiste blomme met die heerlikste welreuke!

5. Al julle berge, verander in verligte offeraltare; en julle bome, en ook jy, alle gras, help vir my om te loof en te prys die heilige Vader!

6. Want net Hy alleen is waardig, om alle lof, alle prys, alle eer, alle roem, alle liefde, alle dank en alle aanbidding te ontvang!

7. Almal julle sterre, val af van die hoë hemel, en jy, maan word donker en stort af na die aarde, en aanbid almal, - aanbid vir God, God, - ‘n ewige, heilige God is dit, - Die Vader, die oorheilige, liefdevolste hemelse Vader van alle engele en mense is dit! - Hier voor ons almal is Hy! Ja in die middel onder ons is Hy! Op die aarde staan en praat Hy met ons, en leer vir ons wurms in die stof om regop te loop!

8. Daarom aanbid, aanbid vir Hom tot in alle ewigheid! En jy, oneindigheid, gee ‘n meer waardige groot lofgesang vir die oorheilige Vader, as die flou gebabbel van my slegte tong dit kan doen!

9. Blits en donderslag waar is julle dan nou, en al julle winde, waar kruip julle weg?

10. Het dan nie vir julle, soos vir my, hierdie oorheilige, liefdevolste, almagtige Vader geskep nie?! Waar is julle dan nou, om vir Hom te loof? - Of hou vir julle die hoogste eerbied eindeloos beskeie terug!

11. Dan is dit waardig en reg, dat julle stom geword het soos ‘n muis in die aarde, wanneer dit ‘n kat bokant hom geruik het!

12. O my hart, jy, my armsalige hart, wil nou vir Hom loof en prys, vir Hom, - die Heilige, - die mees Verhefte, - en het nie eers die plek, om op te neem ook net ‘n kleinste vonkie van Sy eindelose, almagtige Vaderliefde nie! Daarom swyg liewers daarvan, wat vir jou onmoontlik is om uit te spreek!

13. En ook jy, flou, slegte tong, - verstom; want heilig, heilig, heilig is nou selfs die lug, wat deur hierdie my onwaardige en onsuiwer geblêr gevul word!

14. O Jy heilige, Jy oorheilige, Jy driemaal oor-, oor-, oorheilige Vader, - wees vir my eindeloos nietige wurm in die stof voor Jou genadig en barmhartig!"

15. En die hoë Abedam het na Uranion gegaan, wat nog bewend op sy aangesig op die aarde gelê het, het na die aarde afgebuig, het vir hom opgetel en opgerig, en het dan vir hom gesê:

16. "O luister nou, my geliefde Uranion, jy het nou wel die grootste lof gebring en het die son blink gevryf, die sterre vanaf die hemele afgewerk, - en het ook nie die aarde oorgesien nie en het waardig geloof en uitgelig die uiters klein sandkorreltjie onder My voete, - het nie die berge, die bome en die gras, die blits en donderslag vergeet nie en het ook vir die winde die regte woord gegee en het uiteindelik nie minder nie na jou eie hart gekyk!

17. Sien, geregverdig was daarom jou groot lof; maar een ding sê Ek vir jou: Meer as jou lof, was die inhoud van die lof wat Ek van Purista en haar ouers ontvang het, deur hulle totaal spraaklose, boetvaardige stil harte!

18. Sien, wie nog kan praat in My teenwoordigheid, die' is nog ‘n heer van sy eie hart; maar wie in My liefde se teenwoordigheid nie meer kan praat nie, in die' se hart het Ek ‘n Heer geword en vervul dit dan met My liefde en met die ewige lewe daaruit!

19. Maar jy lewe nou ook, omdat jy met jou lof alles van jou af weggegooi het, wat vir jou van geen nut was voor My:

20. Jou eie wêreldson, wat daar is jou ou liefdewysheid; jou sterre, wat daar is jou erkentenisse; jou maan, wat daar die dikwels groeiende en dikwels afnemende eieliefde is.

21. Jy het jou berge oorwin; jou aarde het jy in ‘n lof vir My opgelos, en al die bome van jou wense en al die gras van jou begeertes het jy vir My as offer gebring; die winde van jou redelike strewes het jy ingeroep, en alle blitse van jou wêreldlig en die donderslag van jou erns, het jy vir my as lof gebring en het nie jou ewige gees uit My en jou siel ontsien nie, wat daar is ‘n lewendige houer vir ‘n oneindige lewe uit My, en het daardeur jou hart bevry, sodat Ek ‘n Here van die lewe daarin kan word.

22. Sien nou, omdat jy daaroor in jou hart stom geword het, het Ek eers ‘n Here daarin geword, en dus het jy waaragtig die ewige, onverganklike lewe verkry, en Ek sal vir jou voortaan en voortaan en voortaan geen vreemde en onbekende Vader meer wees nie, maar altyd ‘n welbekende, vir jou teenwoordige, in jou altyd duidelik waarneembare, sterk, magtige en alom geweldige Vader wees en deur jou lei al jou kinders; maar soos Ek vir jou sal word en nou reeds is, net so wil Ek dit ook vir jou ses broers wees en na hulle ook vir almal wat daar soos jy alle wêreld die regte afskeid sal gee!

23. Tog by Gabiel wil Ek vir My ‘n nuwe hut bou, waar Ek nie selde sal tuis gaan nie; want die aarde het nie ‘n meer rein en vaster plek vir My nie!

24. Gabiel, - sien, Ek seën nou ook vir jou en jou kind! Sy sal van My op ‘n tyd die regte man kry; die' sal vir haar ‘n dogter gee, wat die moeder van ‘n nuwe volk op aarde sal wees. En Lamech sal vir haar ‘n man gee, wat daar altyd by My in My groot huis sal woon!

25. En dus ontvang almal My seën, en wees vrolik en vol goeie moed! Amen."

Hoofstuk 21 Mobiele weergawe Kommentaar