Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 24 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 24

1. Nadat die ietwat te veel nuuskieriges tevrede gestel was en ook Ghemela weer aan die sy van Lamech was, soos Purista in die middel by haar van vreugde bewende ouers, toe het die hoë Abedam vir Henoch na Hom toe laat kom en het vir hom gesê:

2. "Luister, jy, My geliefde, vroomste Henoch! Ek sien ‘n vrees in jou hart, en ‘n skaduwee wat vir jou bang maak sluip alreeds vir ‘n geruime tyd om jou ewig onsterflike hart, net soos daar ‘n los, broeiryp vlieg met die steekslurp ‘n gesonde, vars appel aan die boom ondersoek, om te kyk waar sy die skil van die gesonde vrug kan deurboor, om ‘n bose werpsel van haar los geslag in die vlees van die vrug te stoot, sodat hy daar moet knaag en verkieslik die lewe van die vrug moet vernietig.

Hoofstuk 24 Mobiele weergawe Kommentaar