Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 25 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 25

1. Na hierdie toespraak van Abedam, het Henoch hom van binne bekyk en het in homself bevestigend gevind, wat die hoë Abedam betuig het.

2. En hy het verder nagedink oor die broeiryp vlieg en oor die gesonde appel en het daarop vir Abedam gevra:

3. "Heilige liefdevolste Vader, mag dan die Satan ook Jou heiligdom nader soos die los vlieg vir die gesonde appel?

4. Sien, waarlik, dit kom vir my eienaardig voor, om dit te ervaar in die ryk van die lewe en in die ryk van die lig; - wat het die gees van alle duisternis daar te make?"

5. En Abedam het vir hom geantwoord: "Henoch, wat bekommer jy daaroor, indien My liefde en barmhartigheid groter is, as wat jy dit ooit sal kan verstaan en begryp?!

6. Indien My liefde en barmhartigheid selfs tot die eindeloos duister gees mag strek, hoe wil jy daaroor vra, asof jy in My grootste nabyheid met iets sal kortkom?!

7. Sien, die son van die wêreld is ‘n groot lig en stuur sy strale, en daarby nog die grootste deel daarvan, na die eindeloos verste ruimtes! Maar moet die aarde en sy bure derhalwe kla, dat hulle ligmoeder so mors met haar strale?! En as hulle dit kon doen, sou die ligmoeder dan nie vir hulle kon geantwoord het nie:

8. ‘Kinders, waaroor is julle bekommerd; kry julle dan te min, en het dan nie elkeen van julle lig en warmte in regverdige oorvloed nie?!

9. Sien, net so staan dinge ook by My. Moet jou dus nie bekommer oor My groot, onverstaanbare weë, maar bly onbesorg op die klein pad van die liefde vir julle en laat die groot ryk van die duisternis onbespreek, dan kan jy heeltemal verseker wees, die nog uiters sterk vors van die dood sal met jou en met al die broeders van jou liefde weinig te doen en te oordeel hê!

10. Ek sê vir jou, ewighede sal nie vir jou genoeg wees, om die grootte van sy mag en krag na te vors nie; maar desnieteenstaande is hy ‘n eindig geskape gees, en waar al sy mag vir ewig ophou, sal my oneindige mag eers begin.

11. Daarom wees onbesorg; want as jy in My hande is, dan is tog reeds jou mees sagte asem magtiger as alle krag, mag en geweld van Satan!

12. Hy is nes ‘n honger, brullende leeu, wat nie genoeg kos het nie. Wee daardie dier, wat naby by hom kom, of wat sy skerp neus iewers geruik het; Ek sê vir jou, selfs die mammoet sal sleg daarvan afkom by hierdie geveg!

13. Al word die leeu kwaad en brul van hongerte, gee hy nie aandag aan al die baie vlieë wat om sy ore suis!

14. Sien, daarin lê die groot mag van die nederige kleintjie: ‘n vlieg kan selfs vir ‘n hele trop leeus lastig word, terwyl die vlieg nie gepla is oor ‘n hele trop van leeus nie.

15. Maar jy het al lankal ‘n muggie van nederigheid geword; daarom laat die leeu uit, sodat hy vir jou onskadelik is, en begin onbesorg met jou vrome werk! Amen."

16. En Henoch het die hoë Abedam vir hierdie groot bevryding en versterking mees innig in sy hart gedank en het gesê: "Amen; Jou heilige wil geskied.

17. En verneem dus almal julle vaders, broeders en kinders, wat reeds oop ore het.

18. Ons is hier in die middel van die dag van die Here versamel in die allerhoogste teenwoordigheid van die allerhoogste, allerheiligste, liefdevolste Vader, wat daar is God, God die Geweldige, die sterk Een, die almagtige Skepper van hemel en aarde.

19. Wat moet ons doen, om hierdie oneindige genade, waarvoor die hele aarde onwaardig is, ten minste in die lig van ons beperktheid soveel as moontlik waardig te word?

20. Indien ons mekaar ‘n guns bewys, dan kan die begunstigde vir hom, wat aan hom ‘n goeie diens verrig het, ‘n voordelige diens terug bewys.

21. Indien iemand vir my honderd treë ver gelei het, dan sal ek hom daarvoor tweehonderd treë verder lei - honderd treë, omdat hy saam met my die pad geloop het, en honderd treë, omdat hy vir my gelei het -, en ons is dan kiets, en niemand is vir sy broer vir ‘n gelewerde diens meer as hoogstens ‘n drievoudige teendiens verskuldig nie. Wil hy meer doen, dan staan dit in sy vrye goeie willekeurigheid; maar dan het ook die broeder vir hom ‘n teenskuldenaar geword.

22. Wie vir my ‘n stuk brood gee, vir hom gee ek drie stukke brood terug: een stuk vir die stuk brood, een stuk vir sy goeie wil en een stuk vir die moeite van sy hand; sê, kan hy meer van my verlang?

23. Ja, soos ek gesê het, dit is maklik om duisendvoudig te vergoed - as dit daarop sou neerkom -, nie net twee- of drievoudig vir die broeder se diens of die broeder se weldaad nie, - selfs indien iemand my lewe sou gered het, deurdat hy vir my vinnig van ‘n rotswand weggeruk het, wat reeds begin het om te wankel, om in die volgende oomblik bokant my hoof inmekaar te stort, waar ek platgeslaan sou word deur die groot las van die rotsblokke; ek kan tog net vir hom sterf en vir hom vir die res van my lewe op my hande dra!

24. Maar - wat kan ons hier doen? Wat vir ons Vader, ons Skepper, Hom, die heilige Gewer van alle goeie gawes? Vir Hom, wat eerste onsself vir ons gegee het, wat vir ons die heerlike groot aarde gegee het asof dit in hierdie tyd ons eie is, - die son, die heerlike, aangename lig, - die sterre as tallose ligte in die nag en net so die maan! En wie kan al die skatte tel, wat Hy vir ons gegee het?!

25. By alles, het Hy nou ook nog Self na ons toe gekom, om vir ons met nog meer oneindige skatte van die ewige lewe vir ewig te verryk!

26. Om vir ons te verryk deur Sy liefde, barmhartigheid en genade, om vir ons te verryk met Sy lewendige woord, en meer nog om ons te verryk met die mees onuitspreeklike beloftes!

27. Luister, luister al julle vaders, broeders en julle kinders! Hoe kan ons hierdie Weldoener daarvoor vergoed? Wat vir Hom gee, wat ons nie oneindigkeer vantevore van Hom ontvang het nie?!

(05-02-1842)

28. O vaders, broeders en kinders, dit is werklik een van die allergrootste en mees belangrike vrae, - ja, dit is die vraag en vir die antwoord op die eindelose betekenis daarvan, sal ‘n ewigheid nie voldoende wees, om ook net ‘n geringe deel van daardie vraag van alle vrae te beantwoord nie!

29. Indien iemand sou vra: ‘Hoeveel sandkorrels groot is die aarde, en uit hoeveel doudruppels bestaan die hele, byna eindelose groot see, en, uiteindelik, hoeveel stersonne brand daar in die hele wye oneindigheid? Sien hierdie vrae, hoe eindeloos groot hulle ook al blyk te klink, sal reeds deur ‘n taamlik diepsinnige gerub voldoende geantwoord kan word! Ja, hy sou vir ons hoogs waarskynlik die sand van die aarde op ‘n manier tel, dat vir ons almal die ore sal suis, en sal vir ons die doudruppels van die see op ‘n manier vertoon, dat ons almal sal uitroep: ‘Bly weg van ons met jou groot antwoord; want ons het al reeds oorgenoeg te doen met een enkele druppel!'

30. En ook sal hy hoogs waarskynlik nie nalaat nie, om vir ons die getal van die stersonne op ‘n manier voor te stel, dat die hele aarde daaroor sal begin bewe, asof die oorheiligste Abedam - alhoewel net uiters saggies - sou verkondig: ‘Luister, ongetroue aarde! Môre wil Ek vir jou in die vuur van My toorn was!'

31. O vaders, broeders en kinders, groot, ja ondraaglik groot sou hierdie antwoorde wees, - maar tog nie onmoontlik om te gee nie, alhoewel onverstaanbaar vir ons wurms in die stof!

32. Sê en oordeel daarteen, wie van die allergrootste en mees wyse oeraartsengele sou dit waag om ‘n geldige, ja - voor God geldige beantwoording van die' in my toespraak allerhoogste hoofvraag te gee?!

33. Sien, dit is die mees verhewe rede, ja - dit is in hierdie vraag opgesluit, waaroor die ewigheid en die hele oneindigheid ‘n ononderbroke mees eerbiedvolste stilswye handhaaf?!

34. Ja, hier swyg die hoë, verhewe engel en sink nederig voor Hom neer, wat hom vir ewig geskep het; want ook vir hom bly niks anders oor, as om net uit alle kragte lief te hê en te aanbid die oorheilige Vader, wat hom reeds ewighede vroeër lief gehad het, nog voor hy wesenlik bestaan het!

35. Nog geen geskape engelsgees het al die sonne met hulle groot vuurbewoners getel het nie; wat doen die sonne dan, of wat kan hulle doen? - Luister! Onmoontlik iets anders, as wat die grootste oeraartsengel doen: hulle vervul in hulle verhewe eerbiedvolste stilte die heilige wil van die groot oorgoeie Vader; en dit is alles, wat hulle vermag om te doen. Elke son kondig sy groot lof vir die eindeloos ver skeppinge, en dus verkondig hulle vir mekaar in stilte deur hulle wye strale, dat dit net een God is en dieselfde heilige, liefdevolste Vader, wat hulle in liefde geskep het vir die liefde, om ook die verre donker ruimtes lief te hê en hulle te verlewendig met die liefde van die heilige Vader.

36. O vaders, broeders en kinders, glo dit vir my, die hele aarde is vol van liefde van die heilige Vader; want as dit nie so was nie, waarlik, ons sou geen grond gehad het nie, waarop ons ons voete kon neersit nie, en ons liggame sou al lankal deur die verskriklike afgrond van die ewige oneindigheid verslind word!

37. Kyk dus vir die liefde vervulde aarde, kyk vir die sonne, wat daar is vol van die magtige liefde van die heilige Vader, waarom hulle in wyd uitgestrekte sirkels die aardes dra, soos hulle vir ons, en die aanhoudende suigeling, die ernstig lieflike leraar van die tye, die nagtelike ons helder maan!

38. Wat is die verlewendigende warmte van die son dan anders as liefde?! Ja, dit is die liefde van die heilige Vader daarin! En haar lig, haar heerlike lig! Wat is dit dan anders - as net die helder skynende vlammeglans van die heilige liefde van die oorgoeie, oorheilige Vaders daarin?!

39. O vaders, broeders en kinders, kyk net, kyk tog net ‘n bietjie na die groot skepping rondom ons; dit is orals vol liefde! Ja, ek sê dit met die mees geldige rede van alle lewe: Na wat julle net ook altyd wil kyk - klein of groot, naby of ver -, alles pronk tot barstens van liefde van die heilige Vader!

40. Alles, alles loof, lief en aanbid Hom onophoudelik. Niks vra soos ons: ‘Wat moet ons doen? Waar moet ons begin en waar eindig die groot lof vir die heilige Vader?', maar in stille, innerlike vreugde vervul hulle die wil van die heilige Vader, en verafgeleë wêrelde se wye ruimtes is nog ryklik getuies van die so mild, heerlike stil werking van ‘n eerbiedig stil liefde onderdanige son en ander liefde vervulde dinge!

41. Net ons kinders, - luister! - ons kinders van juis daardie heilige Vader, ons lewendige kinders kan nog - in die teenswoordige aangesig van die Vader vra: ‘Wat moet ons doen?' ‘n Vraag wat geen engel ooit sal beantwoord nie!

42. En tog vra ons in die middel van die wonders van liefde, terwyl hulle wil bars van te veel liefde: ‘Wat moet ons doen?'

43. Niks, - niks kan ons doen nie, behalwe om vir Hom lief te hê met al ons van Hom gegewe kragte en dankbaar vrolik geniet elke gawe van die ewige liefde uit Hom! {07-02-1842}

44. Dus, geliefde vaders, broeders en kinders, aangesien dit vir ons almal geheel en al onmoontlik is, om hierdie vraag ten volle te beantwoord en al ons groot moontlikste gedagtes te klein is in verhouding tot die grootte van ons skuld voor en tot die allerheiligste Vader, bly daar niks anders vir ons oor, as om ons harte soveel as moontlik wyer te maak, om hierdie ons oorgoeie, oorliefdevolste, oorheiligste Vader bo alles lief te hê en, wanneer ons liefde die allerhoogste brandpunt sal bereik, om voor Hom in volste nietigheid neer te val, om vir ons voor Hom te verneder tot op die laaste atoom van ons bestaan en dan vir Hom in hierdie totale oorgawe met ‘n byna stom tong in die gees van die reinste liefde en alle waarheid daaruit, te aanbid!

45. Nie die brandoffer nie, nie die innerlike vreugde om die wil van die heilige Vader te vervul deur die bloed van die diere nie, nie die rook van verafgeleë wêrelde se verbrande graan- en koringare nie, maar alleen die' in die gees en in die waarheid rein volbrandoffer van ons harte is dit, waaraan die oorheilige Vader ‘n welgevalle het.

46. Daarom wil ons ook vir Hom daar, waar dit vir Hom die meeste welgeval, nie dooie, maar lewendige offeraltare oprig, waarop nes in die nuwe hut van die heerlike Purista die rein vlam van ons liefde nooit weer moet doodgaan nie, maar net steeds geweldiger en geweldiger opvlam tot die allenige eer van Hom, wat nou oorheilig onder ons verwyl!

47. En elkeen doen volgens sy kragte en volgens sy vermoë; net soos daar nie net een soort blom bestaan nie, maar hulle spesies oneindig is, sodat ook die laaste bewoner van die aarde hulle nie almal sal ken nie, en soortgelyk daar bestaan die gras, die bome, die diere en ook die sterre aan die uitspansel, - dus bestaan daar ook volgens die allerhoogswyse orde van Jehova, ons allerheiligste Vader, in elke ander mens in ondenkbaar verskillende grade, geestelike kragte van alle goeie soorte en dus ook verskillende vermoëns van die siel in die mens.

48. Indien daar iemand ‘n sterk hart het, die' moet ook sterk in die liefde wees, sodat deur die liefde ook al sy ander kragte tot die lewe gesterk word!

49. Wie daar sterk oë het, die moet die brandpunt van sy sig op sy hart rig, sodat daardeur sy dankoffer in hom die lewendige vlam vang, voluit ontbrand en dus sy gees lewendig versterk in die ware liefde vir God, wat daar is ons liefdevolste, oorheilige Vader wat nou sigbaar onder ons almal is!

50. Wie daar ‘n sterk gehoor het, die kan sy klanktregters wend na die ore van sy hart, sodat alle klanke wat verneem is, in die hart tot ‘n ware, kragtige, die Vader welgevalle lofgesang voor die lewendige offeraltaar van die liefde en alle ware lewe daaruit, saamsmelt!

51. Wie daar in sy gedagtes oor allerlei dinge sterk is, die moet al sy gedagtes terug na sy hart lei; ja, na die diepte van sy hart moet hy al sy gedagtes laat sink, waar die lewendige offeraltaar van die rein liefde opgerig is, en hulle daar op daardie geheiligde altaar plaas, en daar moet hy hulle almal aan die brand steek met die dalk andersins swakker vlam van sy liefde, sodat daardeur daardie vlam meer lewendig word en vir God meer welgevallig en hy deur en deur meer lewendig!

52. Wie daar sterk is in die gevoel, ook hy moet hierdie ryk bron van olie na die altaar van die rein liefde in die hart lei, sodat die vlam ‘n bestendige voeding ontvang vir die mees skuldige verheerliking van die grootste en allerheiligste naam Jehova in ons!

53. Wie daar sterk is in waarneming van alle soort, waar hierdie waarnemings die vars hout is, wat elke honger en dorstige na die ete van die lewe na die hut van Purista as ‘n medeoffer moet saambring.

54. Hierdie hout moet ryklik op die altaar van die lewendige heiligdom in ons geplaas word, sodat daardeur die vlamme ryker en ryker word as ware prys en lof vir Hom, vir wie dit welgeval het, om vir Hom in ons harte ‘n heilige, lewendige woning op te rig!

55. Wie daar sterk is in die naasteliefde, die' moet sy broeders en susters na daardie rein hut van die Here lei, en moet hulle daar ryklik met die kos van die lewe voorsien! Waarlik, dit is vir die liefdevolste, heiligste Vader die mees aangename lofgesang, wanneer armer broeders en susters ryklik in getalle in ons harte aan die heilige vlam van die rein liefde in ons vir hulle verwarm en maak gebruik met ‘n dankbare gemoed vol vreugde van die gasvrye kombuis van die heerlike Purista in ons!

56. O vaders, broeders en kinders! Waarlik, waarlik, waarlik, - ons kan nie iets wat groter en vir die heilige Vader meer welgeval, doen nie, as om vir ons armer broeders en susters met groot liefde, hulpvaardigheid en alle vrygewigheid, en indien hulle selfs uit die dieptes na ons toe sou kom, met groot vreugde en vrygewigheid op te neem en vir hulle die by verre groter pot, as die' een wat vir ons bestem is, voor te sit en vir hulle laat eet en drink voordat onsself eet en drink!

57. Onthou dit baie goed: Voordat ons vir onsself versorg! Want andersins sal die hoë, heilige Gas, wat nou ook in ons almal die heilige kombuis van Purista opgerig het, dit moeilik vind, om daar kos van liefde te eet en vir ons te seën met die ewige lewe!

{Februarie 1842}

58. Vaders, broeders en kinders! In wat ook al iemand voel dat hy sterk is, die dink en glo dit lewendig, dat elke sterkte in ons ‘n genadegawe van die oorheilige Vader is!

59. Wat sou dus ‘n mens wees, wat daar enige sterkte het en sou dit gebruik, asof dit suiwer sy eie is?

60. Ek sê vir julle, ‘n groter eieliefde kan daar nie bestaan nie!

61. Want as daar iemand enige werk van sy broer vir hom wil toe-eien, die' sou tog sekerlik ook vol van eieliefde wees; maar dan sou hy dit net met sy broer te doen hê en sou ‘n erge dief teenoor sy broer wees.

62. By die toe-eiening van ‘n gawe moet ons besef dat dit die eiendom is van ons aller liefdevolste, heiligste Vader, en vir wie alleen alle dinge, so ook alle magte en kragte en geweld ten volle eie is.

63. Sien en hoor en verstaan dit: dan word sodanige eieliefling ‘n dief teenoor God, - wat daar die hoogste graad van eieliefde is!

64. Waarlik, in daardie geval hou die mens op, om ‘n kind van die heiligste Vader te wees, sodanig, dat hy homself aan die oordeel oorhandig en word bloot net ‘n skepsel, en as hy homself nie verbeter nie, ‘n kind van die slang, selfs ‘n kind van die dood, en dus ook ‘n kind van toorn en grimmigheid, ‘n kind van die hel, wat daar is ‘n ewige graf vol van vloek, vol van verdoeming, en vol van toorn-grimmigheidsvuur van alle ewige verworpenheid!

65. Daarom - soos dit reeds gesê was, liewe vaders, broeders en kinders -, wie daar van julle wat ook al oorheersende sterkte het, die moet dit net nie as sy eiendom beskou nie, maar as ‘n aanhoudende nuwe geskenk van die Vader, en gaan daarmee na die hut van Purista in die eie hart, plaas daardie heilige gawe op die offeraltaar in die eie heiligdom, dra dan self vars hout van die ware innerlike nederigheid na hierdie heilige herd, plaas dit op die dalk reeds mat vlam van die rein liefde, sodat dit weer helder opvlam en die geofferde gawe gryp en dit verteer tot die allenige lof, roem en prys van Hom, wat daar is die allenige Gewer van alle sodanige goeie gawes en daar heet Jehova, God van ewigheid, oneindig en bo alles heilig en almagtig, ons oorheilige Vader, vol van die hoogste liefde, genade, en alle barmhartigheid!

66. Want net vir Hom val alle liefde, alle lof, alle eer, alle roem, alle prys en alle aanbidding toe.

67. Maar wat is die ware, rein liefde in ons vir God? Dit is die mees innerlike vereniging van ons totale lewe met die lewe van alle lewe in God, uit watter lewe van alle lewe, alles wat bestaan en alle dinge voortgegaan het!

68. Om vir ‘God alleen lief te hê', beteken dus niks anders, as om in God Self ‘n nuwe, ewig onsterflike, onverganklike lewe te begin, en dit daardeur, dat ons almal ons kragte as gawes van die heiligste Vader op die altaar in ons eie van God opgerigte eethut van die gees plaas, dan die heilige vlammetjie met die vars hout van ons nederigheid ondersteun, sodat daar ‘n groot vuur ontstaan, wat al ons geofferde kragte gryp, dit verteer en vir ons in ‘n wêreldse opsig vernietig.

69. Maar juis uit hierdie vernietiging kom dan eers ‘n nuwe lewe na vore, ja ‘n lewe in God, ons aller liefdevolste heilige Vader!

70. Dit is die bepaalde grootste eetpot in die heilige hut van die heerlike Purista. As die vrugte volledig sag gekook is daarin, dan sal die hoë heilige Gas ook kom en sal Self aan die heilige kindertafel met Sy kinders ‘n nuwe maaltyd hou, ‘n maaltyd van die ewige liefde, genade en barmhartigheid, ja ‘n maaltyd tot die ewige lewe!

71. Sien, as ons dit doen, dan is dit ‘n regte lof, ‘n regte eer, ‘n ware roem, ‘n vir ons hoogste prys en in die uiteindelik vernietiging in die heilige vuur van die rein liefde in ons, die alleen ware aanbidding, aangesien ons werklik in die stof van ons volkome nietigheid voor God op die grond lê en vir ons verenig in en deur die ons verterende vuur van liefde op die nuwe offeraltaar in ons harte met God, ons allerliefdevolste, allerheiligste Vader!

72. Waarlik, waarlik, liewe vaders, broeders en kinders, indien iemand hom nie self geheel en al wil offer op hierdie aan ons almal bekende altaar in die hut van die heerlike Purista in ons nie, en sal hom nie laat verteer tot stof, rook en as nie, - wie dus nie hierdie ware vuurproef wil deurmaak nie, die sal die versekerde dood nie uit homself kan verwyder nie, en nooit sal hy ‘n Ghemela as loon van die ewige lewe ontvang nie!

73. Wie daar leef en asem en voel die eindelose aangenaamheid van die lewe en voel die onuitspreeklike soetigheid daarvan, die dink deeglik daaroor na, dat hierdie lewe net ‘n toetslewe is en is in alles ‘n gawe van die heilige Vader.

74. Wie dit in sy dwaasheid, sy eie wil maak, die' sal dit vir ewig verloor; maar wie dit in alles vir die groot, heilige Gewer weer, soos dit reeds herhaaldelik genoem is, weer wil terugbesorg, deur homself te offer, die' sal dit in die suiwerste volheid vir ewig, ewig, ewig in God, ons aller heiligste, liefdevolste Vader, behou!

{9 Februarie 1842}

75. Maar omdat ons almal verneem het, wat vir elkeen van ons noodsaaklik is voor God, moet ons dit nie net laat berus by die allenige aanhoor van die woord nie, maar moet dit wat verneem is deur woorde in die eie hart verneembaar maak, sodat dit daarvandaan oorgaan in die bloed en vanaf die bloed in alle geledere van ons wese tot die lewendige daad; want indien iemand die ware, lewendige woord uit God Self verneem het en daardeur vir hom die weg gewys is, ja vir hom die kortste en mees versekerde weg gewys is, en hy loop nie onmiddelik volkome daardie pad nie, die is tog sekerlik ‘n allergrootste dwaas, ‘n mees trae os en ‘n allerdomste esel daarom, omdat die krag van die lewendige woord in elk geval vir hom gedurende die aanhoor van die woord reeds versterk het en vir hom alreeds tot die helfte lewendig verwek het, en hy dit dan uiters maklik het, om homself deur sy eie vrye wil se dade volledig te verlewendig.

76. Dus, moet dit nie daarby laat om die woord aan te hoor nie, maar na die daad, na die lewendige daad moet elkeen hierdie woorde diep in sy hart omskep, dan sal hy waarlik ‘n wyse mens word in die orde van Jehova, daarom sal ook vir hom ‘n lewendige huis van duisend in die mooiste kring groeiende regop sederbome baie meer aangenaam wees as ‘n dooie huis van gekapte bome, wat ook in die aarde geplant is, maar omdat hulle self dood is, word hulle ook binnekort vrot in die aarde, en as dan ‘n storm oor hierdie dooie huise opkom, dan stort hulle inmekaar en dood die inwoners.

77. Die huis gemaak van lewendige sederbome is ‘n veilige huis, omdat ons altyd die regte beskerming daarin vind.

78. Maar indien ons die saad in die aarde plaas, sodat ons daaruit in die kort moontlike tyd ‘n lewendige huis sal verkry, en dit in ‘n kring soos ons die saad geplant het, dan wil ons ook alreeds daarin ons lewendige huis sien, - maar ons moet dan ten spyte van ons groot begeerte vir die lewendige huis tot geduld oorgaan en intussen gerus in die gekapte dooie hut woon, totdat die lewendige huis ten volle dig en ryp daar staan en ons kan intrek?! En as ons eers eenmaal ingetrek het, hoe veel vreugde het ons dan nie, dat ons nou ‘n vaste lewendige huis het, wat vir ons kan beskerm teen elke storm!

79. Maar hoe dikwels loop die mens vir baie jare met die waterpyp rond om die boomkring en gooi dit sorgsaam nat, sodat die bome tog net vinnig tot hoog bokant die aarde moet groei, en hy binnekort kan begin om aangenaam ruikende takke van mirt, lourier en balsem in die stamme in te vleg, en die gapings te stop met die digte takke van skaaptrophoogtes (in Duits: ‘Schafherdenhöhen') en met aangenaam ruikende mos, en ook om vanaf die hoofmiddelstam ‘n dig gevlegte dak uit die onvernietigbare goue strooi te span tot by die sywandbome!

80. Sien, dit noem ons om wys te wees; ja, dit is ook werklik wys gedoen! Ons moet net hierdie wyse manier van optrede ook op ons self oordra!

81. Die mees gesonde saad is nou in oormaat gesaai. Ons het ook van die lewendige water in die grootste hoeveelheid. Die groot, heilige, almagtige boumeester van alle dinge, is sigbaar onder ons. Ons is almal verwek. Ons is in die middel van die helderste dag. Die tropalpe (in Duits: ‘Herdealpen') stuur alreeds vir ons van die uiters heerlike en aangenaam ruikende kruie ryk welrieke na ons af. Die goue strooi is orals in groot hoeveelheid in ‘n goeie toestand teenwoordig.

82. Hoe min kort ons nog, om besit te neem van die' lewendige huise in die gees; o dink, dink tog, hoe uiters min!

83. Laat ons dus lewendig aktief die lewendige, heilige woord aanneem, wat daar is ‘n woord van alle lewe, alle mag en alle krag regstreeks uit God Self, en Lamech se loon, die hemelse Ghemela of die bo alle begrippe mild en neerdalende liefde van die oorheilige Vader sal ons nie ontgaan nie! Ja, sy is reeds by ons; ons moet dit net lewendig aanneem, dan sal ons die doelwit bereik, wat die eindelose goedheid en liefde van die oorheilige Vader self vir ons gestel het! ‘n Heerlike Doelwit! ‘n Doelwit van die mees volmaakte, ewige lewe!

84. Waarlik, as dit nie al ons geringe inspanning waardig is nie, dan moet by al my nou inwonende krag, mag en geweld uit God, - ja as versekerde gevolg moet die hele skepping in sy ou nie-bestaan terugkeer en ons as kinders daarmee saam!

85. ‘n Eed sweer ek vir julle almal, ‘n groot kenteken sal ek vir julle gee in die nou sigbare teenwoordigheid van Jehova, wat daar was, is en ewig sal wees my aanhoudende, magtige getuie, en sê nou, soos wat ek elke woord gespreek het, in Sy naam:

86. Waarlik, waarlik, waarlik, die hele sigbare skepping word deur ‘n tweevoudige val gedruk! Met die ou sonde is alle wêreld bevlek; ons het almal die dood geërf, eenmaal in die gees, en eenmaal in die vlees.

87. Al kan God op grond van Sy heiligheid nie die vleeslewe vir ons teruggee nie, het Hy tog in Sy oneindige liefde vir ons gees barmhartig geword, en het weer vir ons in die gees as kinders van Sy genade, barmhartigheid en eindelose liefde opgeneem, sodat ons weer die ewige lewe kan verkry.

88. Vaders, broeders en kinders, dit is nou voor ons, die lewe en die weg na Hom toe: Liefde die lewe, nederigheid die weg! Ons moet dit net moedig aanneem en daarna doen, dan sal ons in hierdie groot nabyheid van die groot Oerskepper en Oerbron van alle lewe verseker nie na die dood oorgaan nie, maar net na die ewige lewe self, wat nou na ons toe gekom het en sekerlik ook vir ewig by en in ons sal bly! Amen, Amen, Amen."

Hoofstuk 25 Mobiele weergawe Kommentaar