Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 25 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 25

1. Na hierdie toespraak van Abedam, het Henoch hom van binne bekyk en het in homself bevestigend gevind, wat die hoë Abedam betuig het.

2. En hy het verder nagedink oor die broeiryp vlieg en oor die gesonde appel en het daarop vir Abedam gevra:

3. "Heilige liefdevolste Vader, mag dan die Satan ook Jou heiligdom nader soos die los vlieg vir die gesonde appel?

4. Sien, waarlik, dit kom vir my eienaardig voor, om dit te ervaar in die ryk van die lewe en in die ryk van die lig; - wat het die gees van alle duisternis daar te make?"

5. En Abedam het vir hom geantwoord: "Henoch, wat bekommer jy daaroor, indien My liefde en barmhartigheid groter is, as wat jy dit ooit sal kan verstaan en begryp?!

6. Indien My liefde en barmhartigheid selfs tot die eindeloos duister gees mag strek, hoe wil jy daaroor vra, asof jy in My grootste nabyheid met iets sal kortkom?!

7. Sien, die son van die wêreld is ‘n groot lig en stuur sy strale, en daarby nog die grootste deel daarvan, na die eindeloos verste ruimtes! Maar moet die aarde en sy bure derhalwe kla, dat hulle ligmoeder so mors met haar strale?! En as hulle dit kon doen, sou die ligmoeder dan nie vir hulle kon geantwoord het nie:

8. ‘Kinders, waaroor is julle bekommerd; kry julle dan te min, en het dan nie elkeen van julle lig en warmte in regverdige oorvloed nie?!

9. Sien, net so staan dinge ook by My. Moet jou dus nie bekommer oor My groot, onverstaanbare weë, maar bly onbesorg op die klein pad van die liefde vir julle en laat die groot ryk van die duisternis onbespreek, dan kan jy heeltemal verseker wees, die nog uiters sterk vors van die dood sal met jou en met al die broeders van jou liefde weinig te doen en te oordeel hê!

10. Ek sê vir jou, ewighede sal nie vir jou genoeg wees, om die grootte van sy mag en krag na te vors nie; maar desnieteenstaande is hy ‘n eindig geskape gees, en waar al sy mag vir ewig ophou, sal my oneindige mag eers begin.

11. Daarom wees onbesorg; want as jy in My hande is, dan is tog reeds jou mees sagte asem magtiger as alle krag, mag en geweld van Satan!

12. Hy is nes ‘n honger, brullende leeu, wat nie genoeg kos het nie. Wee daardie dier, wat naby by hom kom, of wat sy skerp neus iewers geruik het; Ek sê vir jou, selfs die mammoet sal sleg daarvan afkom by hierdie geveg!

13. Al word die leeu kwaad en brul van hongerte, gee hy nie aandag aan al die baie vlieë wat om sy ore suis!

14. Sien, daarin lê die groot mag van die nederige kleintjie: ‘n vlieg kan selfs vir ‘n hele trop leeus lastig word, terwyl die vlieg nie gepla is oor ‘n hele trop van leeus nie.

15. Maar jy het al lankal ‘n muggie van nederigheid geword; daarom laat die leeu uit, sodat hy vir jou onskadelik is, en begin onbesorg met jou vrome werk! Amen."

16. En Henoch het die hoë Abedam vir hierdie groot bevryding en versterking mees innig in sy hart gedank en het gesê: "Amen; Jou heilige wil geskied.

17. En verneem dus almal julle vaders, broeders en kinders, wat reeds oop ore het.

18. Ons is hier in die middel van die dag van die Here versamel in die allerhoogste teenwoordigheid van die allerhoogste, allerheiligste, liefdevolste Vader, wat daar is God, God die Geweldige, die sterk Een, die almagtige Skepper van hemel en aarde.

19. Wat moet ons doen, om hierdie oneindige genade, waarvoor die hele aarde onwaardig is, ten minste in die lig van ons beperktheid soveel as moontlik waardig te word?

20. Indien ons mekaar ‘n guns bewys, dan kan die begunstigde vir hom, wat aan hom ‘n goeie diens verrig het, ‘n voordelige diens terug bewys.

21. Indien iemand vir my honderd treë ver gelei het, dan sal ek hom daarvoor tweehonderd treë verder lei - honderd treë, omdat hy saam met my die pad geloop het, en honderd treë, omdat hy vir my gelei het -, en ons is dan kiets, en niemand is vir sy broer vir ‘n gelewerde diens meer as hoogstens ‘n drievoudige teendiens verskuldig nie. Wil hy meer doen, dan staan dit in sy vrye goeie willekeurigheid; maar dan het ook die broeder vir hom ‘n teenskuldenaar geword.

22. Wie vir my ‘n stuk brood gee, vir hom gee ek drie stukke brood terug: een stuk vir die stuk brood, een stuk vir sy goeie wil en een stuk vir die moeite van sy hand; sê, kan hy meer van my verlang?

23. Ja, soos ek gesê het, dit is maklik om duisendvoudig te vergoed - as dit daarop sou neerkom -, nie net twee- of drievoudig vir die broeder se diens of die broeder se weldaad nie, - selfs indien iemand my lewe sou gered het, deurdat hy vir my vinnig van ‘n rotswand weggeruk het, wat reeds begin het om te wankel, om in die volgende oomblik bokant my hoof inmekaar te stort, waar ek platgeslaan sou word deur die groot las van die rotsblokke; ek kan tog net vir hom sterf en vir hom vir die res van my lewe op my hande dra!

24. Maar - wat kan ons hier doen? Wat vir ons Vader, ons Skepper, Hom, die heilige Gewer van alle goeie gawes? Vir Hom, wat eerste onsself vir ons gegee het, wat vir ons die heerlike groot aarde gegee het asof dit in hierdie tyd ons eie is, - die son, die heerlike, aangename lig, - die sterre as tallose ligte in die nag en net so die maan! En wie kan al die skatte tel, wat Hy vir ons gegee het?!

25. By alles, het Hy nou ook nog Self na ons toe gekom, om vir ons met nog meer oneindige skatte van die ewige lewe vir ewig te verryk!

26. Om vir ons te verryk deur Sy liefde, barmhartigheid en genade, om vir ons te verryk met Sy lewendige woord, en meer nog om ons te verryk met die mees onuitspreeklike beloftes!

27. Luister, luister al julle vaders, broeders en julle kinders! Hoe kan ons hierdie Weldoener daarvoor vergoed? Wat vir Hom gee, wat ons nie oneindigkeer vantevore van Hom ontvang het nie?!

(05-02-1842)

28. O vaders, broeders en kinders, dit is werklik een van die allergrootste en mees belangrike vrae, - ja, dit is die vraag en vir die antwoord op die eindelose betekenis daarvan, sal ‘n ewigheid nie voldoende wees, om ook net ‘n geringe deel van daardie vraag van alle vrae te beantwoord nie!

29. Indien iemand sou vra: ‘Hoeveel sandkorrels groot is die aarde, en uit hoeveel doudruppels bestaan die hele, byna eindelose groot see, en, uiteindelik, hoeveel stersonne brand daar in die hele wye oneindigheid? Sien hierdie vrae, hoe eindeloos groot hulle ook al blyk te klink, sal reeds deur ‘n taamlik diepsinnige gerub voldoende geantwoord kan word! Ja, hy sou vir ons hoogs waarskynlik die sand van die aarde op ‘n manier tel, dat vir ons almal die ore sal suis, en sal vir ons die doudruppels van die see op ‘n manier vertoon, dat ons almal sal uitroep: ‘Bly weg van ons met jou groot antwoord; want ons het al reeds oorgenoeg te doen met een enkele druppel!'

30. En ook sal hy hoogs waarskynlik nie nalaat nie, om vir ons die getal van die stersonne op ‘n manier voor te stel, dat die hele aarde daaroor sal begin bewe, asof die oorheiligste Abedam - alhoewel net uiters saggies - sou verkondig: ‘Luister, ongetroue aarde! Môre wil Ek vir jou in die vuur van My toorn was!'

31. O vaders, broeders en kinders, groot, ja ondraaglik groot sou hierdie antwoorde wees, - maar tog nie onmoontlik om te gee nie, alhoewel onverstaanbaar vir ons wurms in die stof!

32. Sê en oordeel daarteen, wie van die allergrootste en mees wyse oeraartsengele sou dit waag om ‘n geldige, ja - voor God geldige beantwoording van die' in my toespraak allerhoogste hoofvraag te gee?!

Hoofstuk 25 Mobiele weergawe Kommentaar