Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 26 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 26

1. Na die beëindiging van hierdie toespraak uit My, het Henoch na die hoë Abedam gegaan en vir Hom uit die diepte van sy hart opreg gedank vir die groot Sabbattoespraak.

2. En die hoë Abedam het daarop vir hom gesê: "Nou het jy tog gesien en vir jou lewendig oortuig, hoe uiters ydel jou vroeëre vrees was!

3. Dus, soos jy nou suiwer uit My gepraat het, net so sal jy ook in toekoms in My naam na die volk praat, wat daar is jou vaders, moeders, broeders, susters en kinders van albei geslagte.

4. Sien, dit is van nou af jou hooftaak op elke Sabbat! En as Ek vir jou sal wys, dat daar iemand is, wat homself van My afgewend het en sy oog op die wêreld gerig het, gaan dan elke dag na hom toe, roep die verdwaalde in My naam en plaas sy voete weer op die regte pad van berou, nederigheid en liefde uit My.

5. As sulke gevalle egter so dikwels gaan voorkom dat jou tyd te kort is, kies dan in My Naam `n geskikte helper uit jou skool en stuur hom, goed toegerus op die pad en wees daarby onbesorg; want Ek sal net so goed vir hom wees, as vir jou!

6. Vir wie jy in My naam die hande sal oplê, vir hom wil Ek vervul met My gees, en hy sal profeteer soos jy en sal ontbrand in die ywerigheid van liefde vir My, waarom dan ook alle gras, alle struike, alle bome, alle berge, waters, winde, lug, vuur, grond en alle diere voor hom sal buig, soos voor jou nou die owerpriester self.

7. Wie daar binnekort sal omkeer, vir hom sal My genade, liefde en barmhartigheid meer as halfpad tegemoet kom.

8. Maar wie daar sal verstop sy hart en ore en sal sy oog voor julle sluit, oor hom swaai sewe keer My tugstok in jou hand!

9. As hy dan nog nie omkeer nie, moet julle hom van julle gemeenskap verban; en wanneer hy huilend en weeklaend en vol berou in die hart sal terugkeer, dan kyk vir hom, neem sy hand, tel hom op, bring hom hierheen, berei ‘n feesmaal, en nooi almal, sodat daar onder julle in My Vaderliefde ‘n groot vreugde heers, daaroor dat iemand wat verlore was homself weer gevind het en het in sy hart na die Vader teruggekeer.

10. Waarlik Ek sê vir jou, as iemand wat ver geval het, weer volledig terugkeer, moet julle meer vreugde oor hom hê as oor nege-en-negentig regverdiges, wat nie nodig gehad het om om te keer nie!

11. Want indien iemand lewendig is, en lewendig bly, is dit niks meer as billik nie; wie daar in die lig is, vir hom is ‘n misgissing nie maklik moontlik nie.

12. Maar die swak een se lot is dit, om net ‘n geringe las te dra op die helder verligte weë.

13. Maar wanneer Ek vir ‘n sterk een, in die nag ‘n groter las gee om te dra, en hy die pad byster raak en nie julle geroep hoor nie, en wanneer hy lank dwaal en kom nêrens by ‘n doelwit uit nie, behalwe dat hy die nabyheid van die ondergang en die dood gewaar, en dan van self die moeilike terugtog begin en kom dan in trane na julle toe, en julle het daardeur ‘n broer oor wie julle baie getreur het en wat julle geglo het, verlore was, weer teruggevind, soos Ek ‘n verlore Seun, - sê, is dit nie meer as nege-en-negentig regverdiges, wat hulle voete regmatiger gewys nog nooit oor die drumpel van hulle huis gesit het nie?!

14. Daarom moet julle vreugde oor iemand wat verlore was, groot wees, omdat hy dood was, en het weer lewendig geword.

15. Die regverdige het geen oorsaak om te ween nie, aangesien vir hom net ‘n ligte las druk; maar wie ‘n groot las op sy nek dra en val dan met die las en ween onder die las, wie sal daar dus ‘n hart van klip hê en nie jammer wees vir hom wat geval het nie en alles sal doen, om vir hom te help as dit net moontlik sou wees?!

16. En as hy dit nie kan doen nie, en hy in sy groot medelye moet toekyk hoe die gevalle broer onder die las moet versmag, hoe sal hy in sy hart daaroor voel?!

17. As dan tog weer die gevalle broer onverwags weer sal opstaan, wie sal dan nie van vreugde by spring, die broer wat hy geglo het dood was, aan sy hart druk, hom na sy huis toe bring en vir hom ‘n groot versterkende ete berei nie?!

18. Daarom sê Ek dit hier vir julle almal, dat julle diegene wat dwaal, kragtig moet vermaan; en wie daar onder julle weggeraak het, vir hom moet julle soek met alle krag van My liefde in julle.

19. Alhoewel, die tugstok moet niemand eerder oor sy broer swaai nie, as wat Ek vir hom sal sê: ‘Nou tugtig vir hom met die vuur van jou liefde; laat hom die gemeente verlaat, sodat niemand oor hom moet aanstoot neem nie, maar jou hart moet vir hom tot aan die einde van die wêreld begelei!'

20. Jou laaste afskeidskyk, net soos elke vroeëre kyk, moet vir jou dwalende broer laat verstaan, dat hy jou arm, gedrukte en gevalle broer is, en dat hy net soos jy ‘n seun van My liefde is, ten spyte daarvan dat hy geval het.

21. Om kwaad te word, moet vir julle vreemd wees, en enige vervloeking moet ver van julle mond af bly en dubbeld ver van julle harte af!

22. Soos julle julle onder mekaar sal gedra, net so sal ook Ek vir My gedra teenoor julle; wie daar voor julle sal sondig, die' sal ook sondig voor My.

23. Maar as julle vir hom sal oordeel, dan sal Ek hom ook oordeel; maar hoe, dit weet net Ek.

24. Maar julle sal daarom nie julle oordeel ontgaan nie; hoe daardie oordeel, dit sal ook net Ek weet!

25. En nou sê Ek vir jou, geliefde Henoch, kies onmiddelik ‘n bode, en stuur vir hom na die omgewing wat daar lê tussen middernag en oggend; want daar swelg ‘n broer met ‘n vrou uit die dieptes. Sy naam is Hored en die' van die vrou, Naeme. Hy weet nie, wat hier is nie; derhalwe laat vir hom weet, dat Ek vir hom laat roep het, waarom hy dan binnekort hiernatoe moet kom! Amen."

Hoofstuk 26 Mobiele weergawe Kommentaar