Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 3

1. Na hierdie toespraak het die hoë Abedam vir Lamech laat roep en het vir hom aan Ghemela voorgestel en vir haar gevra:

2. "My liefste Ghemela, kyk vir hierdie man; sy naam is Lamech, wat net soos jy vol van ‘n vlammende liefde is vir My. Sien, hierdie man wil Ek vir jou gee; want Ek weet, dat hy nie eerder aan jou sal raak nie, alvorens Ek hom nie na jou toe gelei het nie.

3. Daarom hoef jy niks te vrees nie; dus is jy rein in jou hart en is vol kuisheid, sien, dieselfde is ook hy! Net soos jy geen verlange na hom in jou hart dra nie, maar alleen net vir My, is ook sy gesindheid; soos wat jy vir hom wil vlug, sien, net so wil hy vir jou vlug!

4. Sien, hy is in alles eenders met jou; net soos jy het ook hy aan My bors warm trane van liefde gestort!

5. En sien, alhoewel hy nog baie jonk is, is hy tog vol van die hoogste wysheid, soos dit net vir ‘n vrye mens moontlik is, en besit nou ‘n groot mag en sterkte, wat hom geword het uit die net so magtige liefde vir My!

6. Maar indien jy jouself van sy liefdewysheid uit My wil oortuig, sal Ek vir jou toelaat, om vir hom enige vraag te vra, waarop hy dan vir jou uit sy eie hart sal antwoord.

7. En dus vra vir hom, soos wat jy vir My gevra het!"

8. Maar Ghemela was baie skaam voor Lamech en het dit nie gewaag om vir hom te kyk nie en het vir Abedam gesê:

9. "My allerliefste Jehova, sien, ek kan niks sê nie; want ek is vreeslik bang vir hom!

10. Indien Ek aan jou gehoorsaam moet wees, dan bevry vir my hart, my enigste liefste Jehova, van hierdie groot vrees!

11. Ek, Ghemela wat alleen net vir Jou lief is, vra vir Jou daarom; maar net as Jy dit so wil hê!"

12. En Abedam het aan haar geraak en vir haar gesê: "Ghemela, jy wat rein is, daar sal met jou gebeur volgens jou liefde vir My! Amen."

13. En ‘n sagte windjie het deur die bors van Ghemela gestroom en sy was bevry van haar vrees, het haarself met meer moed opgerig en het onmiddelik vir Lamech gevra:

14. "Lamech! Kan jy vir my, ‘n arm maagd voor jou oerstamgrootte en langs jou liefde vir Jehova, ook nog liefhê?

15. Sou dit vir jou moontlik wees? Want sien, ek kan niks behalwe My Jehova liefhê nie - en deur Hom eers alles andere, sover dit binne die bestek van Sy liefde en barmhartigheid is en vir my as wegwyser na Hom toe kan dien! - Wil jy dan nou antwoord op hierdie my vraag van die hart?

16. En Lamech het aan die bors van Abedam geval en met trane gesê: "O my Allerheiligste, deur my bo alles geliefde Abba Emanuel Abedam!

17. Vergewe vir my; sien, my hart is sodanig met warm liefde vir Jou vervul, dat dit tot geen ander liefde meer in staat is nie behalwe die soetste, mees suiwer, heilige liefde vir Jou!

18. O my heilige, goeie, liefdevolste Vader, dit weet jy mos alles; het ek dan voor Jou gesondig, dat Jy dan nou vir my wil straf?

19. Wie ook al hierdie Ghemela mag wees, sien, ek het mos nooit na haar verlang nie, so ook na geen ander wese van haar geslag nie! My hart was altyd net op Jou gerig; dit weet mos elkeen van my vaders vanaf Seth afwaarts tot my liggaamlike vader Mathusalah!

20. O Abba Emanuel! Wees vir my barmhartig en genadig, indien ek dan onbewustelik, voor Jou alsiende, allerheiligste oë ‘n verkeerde stap gedoen het, en stel vir my vry van hierdie groot blykende, ja in alle waarheid uiters groot straf soos dit vir my wil voorkom, - en laat vir my toe, om te swyg op die vraag, alhoewel sy vol van die mees suiwer verlange is, maar wat nogtans uit ‘n mond gekom het wat ek nog nooit erken het nie! O Abba, Emanuel, Abedam! Jou heilige wil! Amen."

21. En Abedam het vir Lamech onder sy arm gevat en het hom ‘n bietjie van die aarde af opgelig, het hom dan weer saggies op die aarde geplaas en het dan vir hom gesê:

22. "Luister, Lamech, jy is ‘n eie mens; jou liefde vir My is groter as jou vertroue! Jy is lief vir My met al jou kragte, - ja, met alle vir jou draaglike gloed van jou hart is jy lief vir My; maar wat jou vertroue betref, staan dit in geen verhouding met jou sodanig uiters gloeiende liefde nie.

23. Hoe kan dit vir jou by My liefde jeens jou en by jou liefde teenoor My ook net in die middel van die nag byval, dat Ek sou wil of kan, waar Ek vir jou uit die hemel ‘n beloning in alle reinheid bestem het, om vir jou met ‘n straf te bedeel?!

24. Sou jy dit kon doen, teenoor ‘n wêreldvreemde mens, wat vir jou bo alles lief is?

25. Hoe kan jy dan so iets van My dink? En dit vanuit suiwer swakheid van jou vertroue teenoor My wat veronderstel is om rotsvas te.

26. Sien, iets wat in staat is om so naby by My te kom soos hierdie Ghemela, die mees rein dogter van Zuriel, en daarom tog sekerlik My liefde waardig is, - wat Ek op My hande gedra het, - hoe sou dit ‘n straf vir jou kon wees?!

27. Daarom sê Ek nou dit vir jou, sodat jy dit in jou gemoed moet opneem, en moet goed daaroor dink, wat die waarde van ‘n gawe is, wat jy uit My hand ontvang!

28. Sien, sy het behalwe vir haar vader nog nooit ‘n man in haar hart geken nie - waarom sy baie bang geword het toe Ek jou naam genoem het, nie eers gepraat by die aansig van jou as persoon nie.

29. Ek het vir haar gevra, om vir jou iets te vra, toe het sy van te groot skuheid voor jou aan haar hele lyf begin bewe; alleen sy het tydens haar groot vrees gedink, dat sy gehoorsaamheid aan My verskuldig is, waarom sy vir My om versterking gevra het, om vir My gehoorsaam te kan wees.

30. Het jy dit dan nie by haar agtergekom nie?! Hoe kan jy dan My wil, deur haar aan jou gerig, vir ‘n straf hou?!

31. Sou Ek nie vir jou in jou reinheid en grootste liefde vir My, geken het nie, dan sou jy nou hierdie beloning kwyt gewees het! Alleen vir jou praat die rein vlam van jou hart; daarom het jy geen skuld voor My nie, maar net ‘n klein skuld voor die mees rein Ghemela.

32. Gee dus vir haar, wat sy, deur My wil gedryf, van jou verwag, sodat jy ook daardie skuld kan delg! Amen"

33. En Lamech het sy misgissing erken, het vir die bewende Ghemela om vergifnis gevra en het dan vir haar ‘n vir My werklik waardige versekering van sy liefde vir haar gegee, waarop hy, sy en al die omstanders in trane van blydskap ontroer was.

34. En dus het sy, sy enigste geliefde vrou geword; maar altwee het kuis gebly tot baie later, toe Lamech eenhonderd-twee-en-tagtig jaar oud geword het, en dan eers in opdrag van My, vir Noah verwek het.

35. Sien, dit was ‘n huwelik, wat waaragtig in die hemel gesluit was! So moet alle huwelike gesluit word - en sal word!

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar