Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die Huishouding van God, Boek 2

HOOFSTUK 4

1. Jy (d.i. Jakob Lorber) wil graag Lamech se toespraak aan Ghemela verneem; dan sal dit vervolgens vir jou gegee word:

2. Dus volg nou die versoek en die liefdesversekernig van die kant van Lamech aan Ghemela, nadat hy eers vir My diep in sy hart gedank het vir die berisping:

3. "O Abba Abedam! Jy sien en het reeds van ewigheid af my hart gesien, - dat dit reeds van vroegste kinderdae af met niks maar net met Jou besig was nie, van niks behalwe van Jou en Jou eindelose wonder werke, soms selfs tot die verdriet van die vaders, onophoudelik gepraat het, - ja sodanig dat ek dikwels met al my stem- en liggaamskragte in my uiters groot blydskap, as ek net die naam Jehova gehoor het, gesing en gespring het.

4. Dit het Jy, o Abba Abedam, altyd by my gesien, en al die vaders was nie selde nie getuies van my luide vrolikheid in Jou naam.

5. Sien, omdat ek nooit iets anders behalwe net vir Jou in My hart met liefde aangeneem het nie, daarom het dit ook vir my uiters vreesaanjaend voorgekom, om My liefde vir Jou te moet deel, want ek het nie geweet, hoe innig die liefde van Ghemela met Jou verbind is nie! Alleen vir Jou, o Abba, alle liefde, alle prys, alle lof, alle dank, dat Jy my hart vir My verlig het, - waarom ek nou eers sien, dat deur die toevoeging van Ghemela my liefde vir Jou nie net gedeel, maar met haar liefde veelvoudig versterk en vermeerder sal word!

6. Jy het vir haar ‘n ewige getuienis gegee, hoe rein sy is, en hoe geheel en al waardig sy in Jou liefde is.

7. Ja, ek erken nou, hoe sy vir Jou tot die enigste voorwerp van haar rein en warm liefde verkies het en net so het ook Jy vir haar gekies vir Jou mees oneindig hoogste liefdevolste, bo alles heiligste vaderhart!

8. Ja, ek erken nou ook, dat Jy vir my allergenadiglik gekies het, om hierdie heerlike kleinood van jou liefde vir my toe te vertrou, sodat ek dit met Jou liefde en genade in my getrou sal beskerm en so rein soos nou, vir Jou welgevallig, voortdurend sal onderhou!

9. Sien, o Abba Abedam, dit erken ek nou deur Jou heilige vaderliefde en deur Jou genade; alles is heerlik en reg! Maar nou kom ‘n ander vraag, wat daar ‘n vraag van die hoogste belang vir my is, en daardie vraag lui soos volg:

10. O liefdevolste, heilige, goeie Vader! Hoe moet ek vir Jou dank vir sodanige genade, liefde en barmhartigheid, dat Jy vir my as niks - voor Jou - waardig bevind het, om sodanig heilige taak, dat ek vir haar moet beskerm en bewaar, vir wie jy op jou heilige hande gedra het en het haar geseën vir Jou en het haar hart gevul met Jou liefde?

11. O Abba, sê tog genadiglik vir my, wat ek moet doen, om vir Jou vir sodanig eindelose genade net op ‘n manier waardig kan bedank!"

12. En Abedam het vir hom geantwoord: "Luister, my geliefde Lamech, indien iemand die grootte van My barmhartigheid en genade in homself lewendig erken, sodanig dat hy dan in sy hart vir My vir altyd ontbrand en nie meer in staat is om vir My te dank nie op grond van die grootte van weldade aan hom, en vind ook geen woorde meer, waarmee hy sy dank kan uitdruk nie, waardeur sy innerlike in die hoogste en reinste vlamme van liefde vir My opgaan, - sien, dit is vir My ‘n welgevalle dank!

13. Want, wie nog met woorde vir My kan loof en prys, die' het nog nie die eindelose grootheid van My weldade, wat Ek vir hom laat toekom het, verstaan nie, en het ook vir My, die groot, heilige Gewer, nog nie erken, waarom hy dan ook die mees innerlike diepte van die ware nederigheid in hom nog nie begryp het nie en derhalwe vermag om sy tong op ‘n wêreldse manier in beweging sit!

14. Sien, aan sodanig tonggedagte het Ek geen welgevalle nie, en sou dit ook uit die woorde van die allerhoogste engel bestaan!

15. Maar hoe dit met die woordgedagte staan, so staan dit ook met die daadgedagte. Wie daar dink, dat hy deur sy dade vir My dankbaarheid kan betoon, al sou dit ten volle ooreenkomstig My wil wees, sien, die' misgis hom geweldig; want wat kan iemand doen, dat Ek sy dienste sou benodig, asof Ek dit nie sonder hom te weeg kan bring nie?!

16. Indien iemand My wil kan voltrek, deur wie vermag hy om dit te kan doen?!

17. Is dit nie My krag in hom, wat hom in staat stel om dit te kan doen, waarvoor hy tog weer net die hoogste dank aan My verskuldig is!

18. Maar hoe wil iemand vir My met dit dank, waarvoor hy net vir My die dank van alle dank verskuldig is!

19. Wie dus vir My alleen geldig en welgevalle wil dank, die dank vir My deur die liefde sonder woorde in die diepste nederigheid van sy hart, en Ek sal na sy dank kyk en dit aanneem asof dit iets voor My beteken!

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar