Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 4 Die Huishouding van God, Boek 2

19. Wie dus vir My alleen geldig en welgevalle wil dank, die dank vir My deur die liefde sonder woorde in die diepste nederigheid van sy hart, en Ek sal na sy dank kyk en dit aanneem asof dit iets voor My beteken!

20. En sien, my liewe Lamech, dus is ook jou dank ‘n regte dank, aangesien jy nie weet, waar jy moet begin en waar eindig nie, omdat die erkenning van die grootte van My liefde en barmhartigheid vir jou, vir jou verslind het, en jy niks verder kan doen nie behalwe om vir My bo alles lief te hê!

21. Maar sodat jy volkome verseker is van My welgevalle, wend jou nou aan Ghemela, en gee haar die verlangde antwoord! Amen."

22. En Lamech het na Ghemela gegaan en vir haar gesê: "Ghemela, mees rein geliefde van Jehova, jy sal tog vir my vergewe in jou rein, van heilige liefde vervulde hart, daarvoor dat ek juis op grond daarvan vir my teenoor jou swak gedra het; want sien, aangesien ek voor jou nog nooit na ‘n wese van jou soort gekyk het nie, en al my sintuie net op jou en my Jehova gerig was, was dit net natuurlik, dat ek vir jou vir ‘n paar oomblikke nie raakgesien het nie, aangesien ek gevrees het, dat ek my liefde tussen jou en Jehova moes deel, na watter onverstandige idee - glo dit vir my - jou vraag self vir my verlei het. Alleen, soos wat jy dit sekerlik self duidelik verneem het, aangesien hier my, jou en ons almal se enigste geliefde Abba Abedam Emanuel, vir my allergenadiglik die oë oopgemaak het, en vir my sy heilige bedoeling gewys het, en dit nou vir my hoogs duidelik geword het, dat ek dit nie nodig het om my liefde vir Hom tussen jou en Hom moet deel nie, maar dat ek daardeur my liefde vir Hom net kan verhoog, en dit steeds meer en meer, en daarby nog volkome jou reinheid erken het - daarom glo ek ook vas, jy sal vir my met dieselfde heilige rede my swak gedrag oorsien, op grond waarvan ek vir my teenoor jou ‘n bietjie versondig het!"

23. En Ghemela het haar ‘n bietjie oorryk goudblonde hare van haar gesig weg geskuif en het vriendelik vir Lamech gekyk.

24. Toe Lamech nou haar hemelse mooi gesig gesien het, het dit amper sy asem weggeslaan en hy het onmiddelik na Abedam gedraai en met die diepste ontroering van sy hart gesê:

25. "Nee, nee, o heilige Vader, - sodanige hemelse loon is ek nie werd nie! Waarlik, waarlik, voor hierdie oorhemelse engel is ek mos net ‘n donker, sondige wurm in die stof van die aarde!

26. Nee, nee, heilige Vader, nou eers erken ek my volle onwaardigheid! O hoe nietig moet my liefde vir Jou voor Jou wees teenoor die liefde van hierdie reinste engel!

27. Waarlik, dit sou vir my makliker wees om met oop oë reguit in die middagson te kyk, as net drie oomblikke lank in die gesig van hierdie oorhemelse rein en onuitspreeklik mooi engel van Jou liefde, o heilige Vader, te kyk!

28. Indien Zuriel haar vader is, as dit ooit moontlik is, dat ‘n mens ‘n vader van sodanige engel is of kan word, dan gee Jy o heilige Vader, haar weer terug vir hom, sodat hy haar voortaan nog, soos tot nou toe, sal beskerm en getrou bewaar! Tog net Jou heilige wil geskied!"

29. Maar Zuriel het begin om te huil en het na Lamech toe gegaan en vir hom gesê: "O Lamech, waarom verstoot jy my dogter, aangesien Jehova Self vir haar aan jou toegeken het? - moet nie so hard wees nie, en kyk vir haar hoe sy huil!"

30. Maar Abedam het vir Zuriel gesê: "Zuriel, wees rustig en moet nie vir jou oor die trane van Ghemela bekommer nie, en dink by jouself: Wat Ek saamgevoeg het, sal geen wêreldse mag meer skei nie!

31. Sien, Lamech is nie hard nie, maar net te sag is hy, - waarom Ek nou vir hom verstewig, sodat hy die man word van jou, maar meer nog - verstaan dit! - My dogter!

32. En jy, Lamech, buig na Ghemela, gee vir haar jou regterhand, en tel haar op as jou vrou, en plaas vir haar op die kant van jou liefde voor My, sodat Ek vir julle seën vir alle tye der tye! Amen."

33. En Lamech het vir hierdie taak nou nie meer twee gebooie nodig gehad nie, maar was met ‘n rein gees gehoorsaam, het afgebuk na Ghemela en het vir haar met die volgende woorde aangespreek:

34. "O Ghemela, my liefde van Abba Emanuel wat ek moet beskerm, laat vir jou deur my optel, wat jou nie werd is nie, maar die heilige Vader nogtans vir my waardig bevind het, - ja, laat vir jou optel as my rein in Jehova geliefde vrou! Amen."

35. En Ghemela het vinnig opgestaan en het met hom voor Jehova gaan staan; en Hy het vir hulle geseën en het vir hulle aanbeveel om voortdurend die reinheid van die hart te bewaar en vir lewenslank hulle kuisheid te behou. En hulle het belowe om daaraan te voldoen en het die mees rein egpaar van die oertyd geword.

Hoofstuk 4 Mobiele weergawe Kommentaar