Help

jakob-lorber.cc

Inleiding Die Jeug van Jesus

INLEIDING

Deur die Heer Self meegedeel in die periode van 22 Julie 1843 tot 9 Mei 1851, as voorwoord tot die geskiedenis van Sy jeug en wel deur dieselfde spreekbuis wat Hy vir die weergawe van die werk uitverkies het.

1. 1. Ek leef destyds tot My dertigste jaar net soos elke ander welopgevoede jong seun, jongman en man geleef het; ook moes Ek deur My lewenswandel My rig volgens die wet van Moses en sodoende die goddelikheid in My eers opwek, net soos elke mens My in homself moet opwek.

2. So goed as elke ander normale mens, moes ook Ek self begin om aan `n God te glo, waarna Ek Hom in alle denkbare selfverloëning steeds meer en meer moes omhels het en met steeds sterker wordende liefde My aldus geleidelik en volkome aan die goddelikheid moes onderwerp het.

3. Op die wyse was Ek, as die Heer Self, `n lewende voorbeeld vir elke mens en daarom kan elke mens My nou dus ook op presies dieselfde wyse aantrek soos Ek self in My die goddelikheid aangetrek het en kan hy deur die liefde en die geloof selfstandig net so volledig één word met My, soos Ek self dan as God-mens in alle grenslose volmaaktheid volkome één is met JaHWeH.

4. 2. Op die vraag, hoe die wonderwerke wat Jesus as Kind gedoen het, en die Goddelik-geestelike werksaamheid wat saamhang met Sy, in sekere sin geïsoleerde menswees in Sy jongelingsjare en as man, en die wonderwerke wat gedurende hierdie tyd verrig is, saamhang, gestel dat `n mens homself Hom in die jare alleen maar as mens sou moes voorstel, mag dan as antwoord dien die aanblik wat `n boom bied in die periode van die lente tot in die herfs.

Inleiding Mobiele weergawe Kommentaar