Help

jakob-lorber.cc

Inleiding Die Jeug van Jesus

8. Eers deur die dood van Jesus word God Self volledig mens en die geskape mens deur hierdie hoogste Goddelike barmhartigheid tot `n nuut verwekte kind van God, tot `n God dus - en kan dan as skepsel teenoor Sy Skepper staan as Sy volmaakte ewebeeld en in Hom Sy God, Skepper en Vader sien, praat en erken en bo alles liefhê en alleen daardeur die volmaakte ewige, onverwoesbare lewe in God, uit God en langs God verwerf. En ook daardeur is Satan se heerskappy (bose wil) in soverre gebreek, dat hy die volledige toenadering van die goddelikheid na die mense toe, en omgekeerd die van hulle na God, nie meer kan verhinder nie.

9. Nog korter gesê: deur die dood van Jesus kan die mens nou volledig met God soos met `n broer kommunikeer en vir Satan het dit onmoontlik geword om tussenin te kom, waarom daar ook in die Bybel tot die vroue wat die grafkamer besoek, gesê word: 'Gaan heen en sê aan My broers.' Satan se inwerking in die uiterlike vorm mag nog wel steeds merkbaar wees, maar die voorhangsel tussen die goddelikheid en die mense wat eenmaal stukkend geskeur is, kan hy nimmermeer opnuut oprig nie en dus die ou, onoorbrugbare kloof tussen God en die mense nooit meer opnuut laat ontstaan nie.

Inleiding Mobiele weergawe Kommentaar