Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Jeug van Jesus

MARIA RAAK IN DIE TEMPEL VERLOOF

Die beroep van Josef - Maria word in die tempel verloof – JaHWeH se getuienis oor Josef – Josef se gebed - Maria in Josef se gesin opgeneem

1. In die tyd was Josef besig om `n huis te bou in die streek tussen Nasaret en Jerusalem.

2. `n Vooraanstaande burger van Jerusalem het die huis daar laat bou as herberg, omdat ander Nasareners tot aan Jerusalem andersins geen onderdak gehad het nie.

3. Maria, wat in die tempel opgevoed is, het volwasse geword en volgens die wet van Moses was dit noodsaaklik, dat sy die tempel moes verlaat.

4. Daarom is daar na alle plekke in Judea boodskappers uitgestuur om dit bekend te maak, sodat die oudstes sou kom om te besluit, of daar iemand waardig sou bevind word, wat die meisie in sy gesin sou kon opneem.

5. Nadat die berig ook Josef ter ore gekom het, het hy sy gereedskap dadelik neergelê en hom na Jerusalem gehaas, waar hy homself begeef het na die voorgestelde plek van vergadering in oorleg met die tempel.

6. Toe diegene wat hulself aangemeld het, na verloop van drie dae opnuut op die bestemde plek byeengekom het en elk van hulle, wat Maria wou opneem, aan die priester, soos ooreengekom, `n vars tak lelies oorhandig het, gaan die priester dadelik met die takke in die binneste van die tempel om daar te bid.

7. Toe hy sy gebed beëindig het, kom hy weer met die takke na buite en gee elkeen weer sy eie tak terug.

8. Alle takke word dadelik vol vlekke; alleen die as laaste tak wat aan Josef oorhandig is, het vars en onberispelik gebly.

9. Enkeles het egter hul ontevredenheid daaroor uitgespreek en het hierdie toets partydig en dus ongeldig genoem! Hulle eis `n ander toets, waarby niks snaaks sou kon voorkom nie.

10. Die Priester, hierdeur ietwat geïrriteerd, het nou onmiddellik vir Maria laat haal, aan haar `n duif in die hand gegee en haar versoek om in die kring van die vergadering te gaan staan, sodat sy daar self die duif vry sou laat vlieg,

11. Maar voordat sy die duif losgelaat het, praat hy met die aansoekers: 'Kyk, julle valse uitlêers van die tekens van JaHWeH! Hierdie duif is `n onskuldige en suiwer dier en luister nie na ons besprekings nie,

12. maar leef alleenlik volgens die wil van die Heer en verstaan net die almagtige taal van God!

13. Hou almal julle takke omhoog! Op wie se tak hierdie duif homself sal neerlaat, nadat die meisie hom losgelaat het en op wie se hoof hy sal gaan sit, hy sal Maria tot homself neem!'

14. Almal in die vergadering was hiermee tevrede en sê: 'Ja, dit moet `n onfeilbare teken wees!'

15. Toe Maria dus op bevel van die priester die duif vrylaat, het hy onmiddellik na Josef toe gevlieg en op die tak gaan sit en vandaar dadelik die hoof van Josef gevlieg.

16. En die priester het gesê: 'So het die Heer dit gewil! Aan jou, opregte ambagsman, het die onfeilbare lot jou ten deel geval om hierdie maagd van JaHWeH te mag ontvang! Neem haar dus in die Naam van die Heer in jou suiwer huis op, ter verdere sorg! Amen.'

17. Nadat Josef dit alles gehoor het, het hy die priester geantwoord: 'Ag, gesalfde dienaar van die Heer - volgens die wet van Moses, die troue dienaar van die Heer God Sebaot, ek is al `n grysaard en het tuis volwasse seuns en is al geruime tyd wewenaar; hoe sal ek tot `n mikpunt van spot word vir die seuns van Israel as ek hierdie meisie opneem in my huis!

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar