Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 279 Die Jeug van Jesus

Twee jaar lank doen die Kindjie geen wonderwerke nie - Aankoms van Jonathan uit Egipte - Groot vreugde in Josef se huis en raad van die Kindjie aan Jonathan - Jonathan as visser aan die meer van Galiléa

(13 Aug 1844)

1. So het daar nou twee jaar verbygegaan waarin daar niks opvallend meer in die huis van Josef gebeur het nie.

2. Cirénius het wel dadelik die berig van Josef se verhuising ontvang, maar kon hom nogtans nie besoek nie, omdat hy juis in hierdie tyd oorlaai was met staatsake uit Rome.

3. En ook met Cornelius het dit nie veel beter gegaan nie;

4. want telkens as hy met vakansie wou gaan om Salóme en sy vriend Josef te besoek, het hy die mees dringende sake gekry om af te handel.

5. Dit het die Heer alles so beplan en gereël, sodat die Kindjie in Nasaret des te meer onopgemerk kon opgroei.

6. Sodoende was die mense ook in Nasaret volkome onwetend oor die wese van die Kind.

7. Alleen die nou reeds bekende arts het vanweë sy wondergenesings algemene aandag getrek.

8. En dit het letterlik `n spreekwoord geword dat `n mens aan die siekes gesê het:

9. “As jy in Nasaret nie gesond word nie, dan genees jy nêrens ter wêreld en ook nie in Siloah nie!”

10. Salóme het egter nogtans altyd haar bes gedoen om die gesin van Josef soveel moontlik van diens te wees en die Kindjie was ook baie by Salóme aan huis.

11. Na twee jaar het Jonathan eindelik uit Egipte Josef agterna gekom en aan hom `n besoek gebring.

12. Josef was besonder verheug om sy vriend weer te sien, terwyl die Kindjie ook vol vreugde om sy groot visser rondgehuppel het.

13. Toe Jonathan heeltemal alleen ongeveer drie weke in die huis van Josef deurgebring het, omdat al sy mense in Egipte weens `n geelkoors epidemie wat daar uitgebreek het, gesterf het,

14. het hy aan Josef gevra of hy hom hier in Nasaret nie met werk as visser sou kon help nie.

15. Toe het die Kindjie weer meteens opgestaan en aan Jonathan gesê:

16. “Weet jy, liewe Jonathan, die mense hier is meestal onvriendelik en baie selfsugtig,

17. sodat hier vir jou nie veel te doen sal wees nie! Maar gaan na die meer van Galiléa, wat nie ver hiervandaan is nie, daar is die vissery nog vry!

18. Daar sal jy spoedig `n goeie plekkie vind en steeds maklik die beste vis vang.

19. Kom dan so dikwels moontlik met hierdie visse na die mark in Nasaret, dan sal jy`n goeie afset vind!”

20. Jonathan het dadelik hierdie raad dadelik gevolg en kyk, spoedig het hy daar `n weduwee gevind wat aan die see van Galiléa `n huis gehad het.

21. En hierdie weduwee het dadelik ‘`n groot welgevalle in Jonathan gehad. Sy het hom in haar huis opgeneem en hom ook weldra met hom getrou.

22. En so het Jonathan aan die see van Galilea weer `n uitstekende visser geword, wat oral vanweë sy uiters redelike pryse vir vis, die beste sake gedoen het.

23. Hy het daarby steeds sy uiterste bes gedoen om weekliks aan Josef en Salóme `n groot lading van die edelste vis as geskenk te besorg.

24. Hierdie gebeurtenis was sedert twee jaar die enigste gedenkwaardige gebeurtenis; verder het daar tot dan toe niks gebeur wat die moeite werd sou gewees het om op skrif te stel nie.

Hoofstuk 279 Mobiele weergawe Kommentaar