Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 281 Die Jeug van Jesus

Toeloop van die nuuskieriges wat daarop uit was om wonderwerke te beleef - Die onopgevoede en onhebbelike buurkind word deur Jesus bestraf - Die opperregter kom om Josef te rig, maar word gedreig deur die Kindjie en keer plotseling terug

(14 Aug 1844)

1. By hierdie geleentheid het daar ook nog verskeie Judeërs na die plek gekom waar hierdie wonderwerk gebeur het

2. en hulle het Josef baie nuuskierig gevra wat daar gebeur het.

3. Ook die ouers van `n baie twissieke jong seun het daarheen gekom, wat as enigste kind deur sy ouers baie verwen was; hulle het daar naby gewoon.

4. Die Seuntjie Jesus het hierdie sewejarige jong seun al dikwels oor sy twissoekery berispe,

5. maar dit het nie juis baie gehelp nie, want telkens wanneer `n nuwe geleentheid hom voorgedoen het, het hy dadelik weer begin om rusie te maak en dadelik om `n speelding te verniel.

6. Hierdie jong seun, wat hom ook hierdie keer in die geselskap van die kinders bevind het, het dadelik na hierdie wonderwerk so opgewonde geraak dat hy `n wilgertak geneem en gesê het:

7. “Dit is die moeite werd dat hierdie mossies van klei weggevlieg het;

8. ek sal met hierdie tak dadelik ook die water laat wegvlieg!”

9. Na die woorde het die seun, wat Annas geheet het, uit alle mag na die water in die kuiltjies begin slaan, om dit daaruit te laat spat.

10. Toe het daar `n einde aan die geduld van die kind van God gekom en Hy het op baie ernstige toon gesê:

11. “O jou moedswillige, dwase en boosaardige mens! Wil jy, duiwel, wat nouliks in vlees gehul is, verniel wat Ek gebou het?!

12. O jou ellendeling, wat Ek met die geringste asemhaling kan vernietig, jy wil hê dat Ek My vererg en jy wil My altyd trotseer?!

13. Kyk, sodat jou dwaasheid en boosheid aan jou duidelik word, sal jy nou vir drie jaar verdor, net soos die takkie waarmee jy My water laat uitspat het!”

14. Op hierdie woord van die Kind van God het die bose seun ineengestort en hy het so erg verskrompel dat daar aan hom niks as net vel en bene te sien was nie

15. en hy het so swak geword dat hy nie meer kon staan nie en nog minder kon loop.

16. Toe het die ouers met verdriet in hulle hart hulle verdorde kind opgeneem en hom wenend na hulle huis gedra.

17. Spoedig daarna het hulle na Josef se huis gekom en hom vanweë die daad van sy Kindjie by die hoofregter gedaag

18. en wel, omdat Josef hulle nie toegelaat het om sy Kind van God vir hierdie daad te straf nie.

19. Toe die hoofregter na hulle toe gekom het, het die Kindjie hom tegemoet gehardloop en hom gevra:

20. “ Waarom kom u hierheen? Wil u My rig?”

21. Die hoofregter het geantwoord: “Nie vir Jou nie, maar jou vader!”

22. En die Kindjie het gesê: “ Keer vinnig terug, andersins kom u oordeel nog op uself neer!”

23. Hiervan het die hoofregter so geweldig geskrik, dat hy plotseling omgekeer het en niks meer van hierdie saak wou geweet het nie.

24. En dit was terselfdertyd die tweede wonderwerk wat die Kindjie in daardie tyd gedoen het. (Cirénius: volgens Bybelvertaling, 1ste uitgawe 1933, Lukas 2:2; Statthalter = stadhouer, goewerneur; Landvogt = landvoog, iemand wat namens iemand anders oor `n gebied regeer, soos `n goewerneur, HAT, Perskor, 1994, bl. 604.)

Hoofstuk 281 Mobiele weergawe Kommentaar