Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Jeug van Jesus

Die aankondiging deur `n engel van die geboorte van die Heer - Maria se nederige oorgawe

(Lukas. 1:26; 27; Matthéüs. 1:16).

1. Op `n Vrydagoggend het Maria weer eens die waterkruik geneem en na buite gegaan om dit met water te vul en luister, - `n stem het met haar gepraat: (Lukas. 1:26-28).

2. “Wees gegroet, jy wat vol is van die barmhartigheid van JaHWeH! Die Heer is met jou, geseënde onder die vroue!' (Lukas. 1:28-29).

3. Maria het baie groot oor die stem geskrik, omdat sy nie geweet het waar dit vandaan gekom het nie. Sy het daarom vinnig na regs en na links gekyk, maar sy kon niemand ontdek wat gepraat het nie. (Lukas. 1:29).

4. Hierdeur het sy nog angstiger geword, het ylings die gevulde waterkruik geneem en vandaar weggehardloop , binne-in die huis in.

5. Toe sy daar bewend van skrik aangekom het, het sy dadelik die waterkruik neergesit, die purper weer ter hand geneem, op haar werkstoeltjie gaan sit en het weer ywerig begin om die purper verder te spin.

6. Sy was egter nouliks weer op dreef met haar werk, of kyk, daar staan die engel van JaHWeH al voor die vlytige meisie en sê aan haar: (Lukas.1:30;).

7. ”Wees nie bang nie, Maria, want jy het eindelose groot barmhartigheid gevind voor die aangesig van die Heer; kyk, jy sal swanger word deur die woord van God!” (Lukas. 1:30;31; Jes. 7:14).

8. Toe Maria dit gehoor het, het sy oor hierdie woorde begin nadink, maar sy kon die betekenis daarvan nie verstaan nie; daarom sê sy aan die engel: (Lukas. 1:34).

9. 'Hoe sou dit moontlik wees? Ek behoort immers nog lank nie aan `n man nie en ek het ook nog nooit kennis gemaak met `n man wat my spoedig tot vrou sou neem, sodat ek soos ander vroue swanger sou word en net soos hulle kinders sou baar nie!' (Lukas. 1:34; Matthéüs. 1:18; Lukas. 1:35).

10. Die engel het egter aan Maria gesê: 'Luister, uitverkore maagd van God! So sal dit nie gebeur nie, maar die krag van JaHWeH sal jou oorskadu! (Lukas. 1:35; Matthéüs. 1:18; 20).

11. Daarom sal die Heilige wat uit jou gebore sal word ook 'Seun van die Almagtige (Allerhoogste)' genoem word! (Lukas. 1:31b; 32; 33; Jes. 9:6; Matthéüs. 1:21-23).

12. :”As Hy gebore is, sal jy Hom die naam Jesus gee, want Hy sal Sy volk verlos van alle sonde, van die oordeel en van die ewige dood.” (Lukas. 1:31b; Matthéüs. 1:21-23; Lukas. 1:38).

13. Maria het voor die engel neergeval en gesê: 'Kyk, ek is net `n diensmaagd van die Heer; daarom geskied aan my volgens Sy wil, laat dit met my gaan volgens u woorde!' Toe het die engel verdwyn en Maria het weer voortgegaan met haar werk. (Lukas. 1:38).

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar