Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Brief aan Laodicea

49. Sal sy nie in haar kamer, deur vleeslus gedryf, op en af hardloop nie en sal dan by die een venster en dan weer by die ander venster haar liggaam uitsteek en sal haar wellustige oë na alle kante rig, om vir hom, wat het waarvoor haar vlees brand en lus, op te spoor?!

50. En as sy hom sien, dan sal sy vir hom deur die los gloed van haar oë wys, wat sy wil hê, en sal in haar begeerte tienvoudig meer met hom sondig as ‘n hoer in die bed van skande met haar minnaars.

51. O sien, julle Laodicense, dit is julle beeld! - Maar weet julle, wat die redelik werwende bruidegom aan sodanige minnares sal doen, indien hy voor haar huis verby stap en haar skandelike wellustigheid sien?

52. Hy sal haar onmiddelik uit sy hart en uit sy mond verwyder, en sal voortaan nie meer vir haar kyk nie, en al sou sy ook in die grootste nood beland!

53. Dieselfde sal ook die Here met julle doen; want Hy het ‘n nuwe, lewendige tempel in julle harte opgerig, waar julle vir Hom moet wag; maar julle versmaai die tempel, daardie heilige vertrek, en hardloop op grond van wêreldse wellus na die vensters van die oordeel en wil daar wellustigheid met die wêreld pleeg, weens die goud, die aansien en weens die heerssugtigheid en omdat julle dit begeer!

54. Maar ek sê vir julle: Die Here sal Hom onttrek en sal julle in alle hoerery laat oorgaan, na die ou oordeel en na die ou dood, indien julle nie onmiddelik sal omkeer en heeltemal julle selfverkose geestelikheid, julle tempel, julle feesdae en julle borduurde klere laat vaar nie; want dit alles is voor die Here ‘n gruwel nes ‘n wellustige minnares, wat daar in haar hart erger is as tien hoere van Babel. -

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar