Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 0 - 20 van 8331

[HG 1.1.5] Vir die swakkes laat weet uit My Mond: Ek is ‘n sterk God. Hulle moet hulle almal aan My wend; Ek sal hulle vervolmaak. Uit die muggievanger wil Ek ‘n leeutemmer maak, en die wat bang is sal die wêreld vernietig, en die groottes van die aarde sal soos kaf uitmekaar gewaai word.

[HG 1.1.6] Vir die dansers en danseresse sê sonder vrees, dat hulle almal erg van die Satan mislei is. Hy gryp hulle almal by die voete en draai vinnig saam met hulle in ‘n warrelkring, sodat hulle daardeur deur en deur duiselig word en nie meer kan staan, nóg loop, nóg sit, nóg slaap, nóg rus, nóg hoor, nóg voel nóg ruik, nóg proe, nóg voel nie; want hulle is soos dooies, - daarom kan vir hulle nie gepreek nóg gehelp word nie. En sou hulle ook na My opkyk, dan sal dit met hulle gaan soos met iemand, wie deur ‘n sterk persoon by die voete gehouvas word en vinnig in die rondte gedraai word; sou hy ook na die hemel opkyk, sou hy nie ‘n son, maar net ‘n ligte streep sien, wat hom sou verblind, sodat hy dan sy oë sal sluit en hoegenaamd niks meer wil sien nie.

[HG 1.1.9] Diegene, wie die skrif besit en dit nie lees nie, kan met iemand vergelyk word, wat langs ‘n put met skoon water staan en dors is, maar wat hy nie wil drink nie, hetsy uit ‘n sekere geestelike waterskuheid nes honde met hondsdolheid, wat in plek daarvan, om hul bekke in die water te druk om te genees eerder in harde klippe byt, om die brandende dors te les, of meestal as gevolg van ‘n sekere flou traagheid, laat hulle vir hulle liewers deur ‘n paar lui bediendes, uit die naaste poel, stinkende modderwater aandra om hulle dors te les, sodat hulle dan almal erg tot niet sal gaan.

[HG 1.1.12] In die ooste staan reeds ‘n ster, wat vir Orion die baan sal breek, en die vuur van die groot hond sal hulle almal verteer; en Ek wil die sterre in groot hoeveelhede vanaf die hemel na die aarde slinger, sodat al die kwaaddoeners tot niet sal gaan en My lig op alle oorde sal skyn.

[HG 1.2.3] Die armes moet nie bedel voor die deure van die rykes nie, waar hulle die lot van vreemde honde sal ervaar en hulle hart in treur en bitterheid omskep word, - maar hulle moet net in vaste vertroue na My toe kom, en Ek sal hulle almal verkwik. Die wat honger is, wil Ek kos gee, die wat dors is, wil Ek iets gee om te drink, die wat naak is, beklee, die siekes gesond maak; die wat lam is, sal spring soos ‘n takbok, die melaatse sal gereinig word, die blindes siende, die dowes horende, en die swakkes wil Ek sterker maak as ‘n leeu; die angstige sal moediger word as ‘n manlike vul, en die oues sal rus vind. Die wat arm is, is My naaste broers; Ek sorg vir hulle. Daarom moet hy hom nie deur die honde laat ontheilig nie; want die rykes van die wêreld is broers van Satan en kinders van die duiwels uit die hel.

[HG 1.2.10] Maar dit sê Ek nou: dat Ek is die allenige, ewige God in My drie-enige natuur as Vader volgens My Goddelikheid, as Seun volgens My volmaakte menslikheid en as Gees volgens alle lewe, werke en insigte. Ek is van ewigheid die liefde en die wysheid self. Nooit het Ek iets van enige iemand ontvang nie. Alles, wat daar is, is van My, en wie iets het, die het dit van My. Hoe is Ek dan ‘n tiran en ‘n spreker van verdoemingsoordele?! O julle dwase! Ek het vir julle lief; julle verag My. Ek is julle Vader; Julle maak van My ‘n doodsregter. Waar Ek seën, daar vloek julle; waar Ek bou, daar breek julle af; wat Ek oprig, dit buig julle; waar Ek saai, daar lei julle versmorende vloede daaroor; julle is in alles teen My. Sou Ek wees, soos julle sê Ek is, - waarlik, Ek sê vir julle, die aarde sou lank nie meer bestaan het nie, ja dit sou selfs nooit geskep gewees het nie! Maar omdat Ek is, wie Ek is, bestaan nog alles, soos dit was, en soos dit vir ewig sal wees; en julle sal wees, soos julle wil wees, ook sonder My verdoemingsoordeel, want julle sal wees wat julle van julle self gemaak het. Maar diegene wat My aanneem soos Ek is, en My lief het, soos wat Ek hulle lief het, van hulle sal Ek maak wat hulle wil, sodat hulle vryheid en vreugde vir ewig volmaak is.

[HG 1.2.11] Vir My dienaars en knegte sê: My ampte is geen wisselbanke en geen geldboetieks nie! Want wie vir My ter wille van die geld dien, dien My nie uit liefde nie; maar wie nie vir My uit liefde dien nie, sy diens is vir My vreemd, hoe Ek vir hom ook heel vreemd moet wees, aangesien hy nie vir My uit liefde dien nie; met hom het Ek die rekening reeds afgesluit. Maar hoe is hy ‘n getroue kneg, wat die skatte van die Here, sonder toestemming, nes ‘n dief vir die mees skandelikste pryse verkoop het?! - Ischariot het My ten minste nog vir dertig silwerstukke verkoop, sonder dat hy geweet het, wat met My sal gebeur; want hy was verblind en het verlore gegaan. Maar nou is Ek as reeds gemartel, gedood en weer opgestaan, teen die mees skandalige spotpryse gedurende elke minuut te kry. O julle skandelikste diewe, julle moordenaars, waarmee moet Ek julle dan vergelyk? Julle kinders van die draak, julle addergebroedsel, julle slangbroeisel! So dien julle vir My, so moet Ek julle vind?! Ek het tog deur My liewe Paulus laat weet, dat hy, wat die altaar dien, ook van die altaar moet lewe, maar net uit die werke van liefde, wat deur alles wat goed is, bewerkstellig word; maar julle het nie werke van liefde nie, - daarom is julle rowers en diewe en sluipmoordenaars van die Evangelies en van alle waarheid. Weet julle: Soos die werk so is die loon! Liefde kan nie deur geld, maar net weer deur liefde verkry word. Ek is die liefde Self en kan deurgaans vir geen ander prys as net weer deur die liefde verkry word nie. Deur liefde het Ek vir julle almal gekoop; daarom vra Ek ook van julle almal net weer liefde. Wie dus vir My wil dien, die moet vir My in liefde dien, waarvoor Ek vir hom aan die kruis gesterf het; en wie na My toe wil kom, die kom in liefde na My toe, wat aan die kruis vir hom gebloei het.

[HG 1.3.2] Jy vra vir My, of daar orals ook mense is, soos hier op aarde, wat jy bewoon, en Ek sê vir jou: Ja, daar is orals mense, wat uit My ingewande voortgaan en My herken volgens die geaardheid van die ingewande; en die wat uit My hande voortgaan en vir My aan My hande herken; en die wat uit My voete voortgaan en vir My aan My voete herken; en die wat uit my kop voortgaan en My en vir My volgens My kop herken en die wat uit my hare voortgaan en vir My aan My hare herken; en die wat uit My lendes voortgaan en vir My aan My lendes herken; en oor die algemeen diegene wat uit alle en elke afsonderlike deel van My liggaamswese voortgaan, en vir My daarvolgens herken. En hulle lewe en hulle saligheid is ooreenkomstig die’ deel, waaruit hulle voortgegaan het, en hulle is almal My skepsels, wat Ek lief het; want Ek is in geheel liefde en is orals die liefde Self.

[HG 1.3.4] Sien, Ek is hartseer, wanneer Ek sien, hoe uurliks duisende en duisend maal duisende verwelk en sterf! O, indien Ek hulle tog net kon help! Is dit nie hartseer, wanneer die Almagtige nie kan help nie?!

[HG 1.3.8] Vir jou vriende en broeders sê in alle liefde: Ek, hulle liefdevollste Vader, het alreeds altwee My arms uitgestrek, om hulle almal aan My hart vir ewig, ewig te druk. Hulle moet net nie meer van My af wegdraai nie, maar hulle moet onverpoos in My aangesig kyk, en My oë sal dit vir hulle sê, ja sal dit hardop vir hulle verkondig, hoe baie lief Ek vir hulle is, en hoe opreg Ek dit met hulle bedoel.

[HG 1.3.12] Sien, Ek wil hulle (dit beteken: jou vriende en broers) vir jou almal by die naam noem: H L V T S S A S S (die betekenis van hierdie tien letters word aan die einde hierdie band gegee). Hulle moet almal My Vaderlike uitnodiging ontvang en vandag nog, indien hulle wil, sal vir hulle die poorte van die hemel, wat die oë van hulle gees is, oopgemaak word en Ek wil vandag nog in hulle harte woon. Nog net een ding moet hulle met uithouvermoë doen, naamlik hulle moet hulle vlees uit die put, waarin daar lewendige water is, skoon was en hulle moet ‘n staaf neem, waarvan een die helfte swart en die ander helfte wit is; hulle moet dit in die helfte deurbreek, en die swart deel moet hulle vir die wêreld onder die voete gooi en die wit deel vir hulle self behou as teken, dat hulle met die wêreld en sy vlees vir altyd gebreek het.

[HG 1.3.15] Sê vir hulle reguit en gewis: My liefde wag vir hulle, en My arms wil Ek nie eerder sluit, voordat hulle nie almal in my arms sal rus, waar hulle hulle liefdevolste, heilige Vader van aangesig tot aangesig sal aanskou en hul vreugdes nooit ‘n einde sal neem nie. Amen!

[HG 1.3.16] Sê vir almal, wat My soek, dat Ek altyd by die huis is, nooit uitgaan nie, en dat Ek nie net sekere ure of tye gekies het, wanneer ‘n mens na My toe kan kom soos na die konings van die aarde en alle groottes van die wêreld nie. Dus nie net op die Sabbat of ander feesdae nie, maar elke minuut is vir My ‘n hart wat liefhet, aangenaam, en selfs in die nag het Ek nog nooit voor iemand die deur gesluit nie; dus wanneer julle ook al sal klop, wil Ek sê: “Komm binne!”.

[HG 1.3.18] Sê dit vir die kinders, dat hulle tog nie die spot met My moet dryf nie, maar dat hulle dit moet ernstig opneem! Sê vir hulle, dat Ek deurgaans geen grapmaker is nie, nog minder enige grap verdra nie; want Ek bedoel dit ernstig met almal, met groot en klein, met jonk en oud, met manlik en vroulik. Geen uitsonderings word by My gemaak nie.

[HG 1.4.9] Sê dit vir die kinders, en sê dit vir almal, hulle kan behoort aan enige geloof wat hulle wil - of Rooms, of Protestante, of Jode, of Turke, of Brahmaniste, of donker heidene -, kortom vir almal sal dit gesê word: Op aarde is daar net een ware kerk, en dit is die liefde vir My in My Seun, maar wat daar is die heilige Gees in julle en word aan julle geopenbaar deur My lewendige Woord, en hierdie Woord is die Seun, en die Seun is My liefde en is in My en Ek deurdring dit volledig, en Ons is een, en sodoende is Ek in julle, en jul siele, waarvan die hart My woonplek is, en dit is die alleen ware kerk op aarde. In haar is die ewige lewe, en sy is die alleen saligmaker.

[HG 1.5.7] Toe gaan die woord oor in die Godheid, en dit was orals Liefde. En sien, toe spreek die Godheid vir die eerste keer: “Dit sal!” En daar het ‘n groot aantal geeste uit God vry geword, waarvan die getal geen einde het nie, en die Liefde het Haarself oneindigkeer sien vermenigvuldig en het Haar oneindige skoonheid volmaak gesien.

[HG 1.5.11] Toe het die woord weer in die Godheid opgestyg, en in die Godheid was die woord gehoor, en die woord het wet geword, en die wet was die Liefde en het in almal oorgestroom.

[HG 1.5.15] En die twee en die’ wat uit hulle ontstaan het, sowel as die sewe, wie se getal geregverdig was, was getrou aan hulle nederigheid gevind en was opgeneem in die kringe van die mag van God; en die Liefde het gesien, dat hulle as rein bevind was, en was bly oor hulle volmaaktheid. En sien, die krag van die Godheid in die Liefde het opgestyg, en die Godheid het beweeg, en die skepsels het die beweging van die Godheid waargeneem, en die Godheid het na Sy Liefde beweeg, en vir die skepsels is die oë oopgemaak, en hulle het vir die eerste keer die ewige Liefde gesien.

[HG 1.5.19] En nou eers was die skepsels vervolmaak. En die Liefde het vir die skepsels gesê: “Die eerste onder julle het verlore gegaan; daarom neem Ek sy plek in en sal vir ewig onder julle wees!”

[HG 1.5.32] En die vasteland van die aardes is die’ gedeelte van die toorn van die Godheid wat deur die barmhartigheid gekalmeer is, en omsluit met vaste bande die afgedwaalde geeste tot die bepaalde tyd van hul onbewustelike ontbinding, waar hulle dan in ‘n sagter, maar nog steeds vir hulle voldoende vaste materie, en juis enkel gebind, geplaas word, waaruit hulle eers dan, deur die ewige Liefde weer opgewek, sal kan voortgaan; en die mere en waters is vol van hulle, sodat hulle nederig sou word, en die lug is vol van hulle, sodat hulle gesuiwer sal kan word. En die ewige Liefde is in al die vorms; maar die toorn van die Godheid is op aarde net gedemp, maar daarom nog nie opgehef nie.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar