Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Die Maan

13. Daar is in die riviere, asook in die mere, wat op die maanaarde redelik baie voorkom, nog baie waterdiere en ook enkele soorte klein voëls, wat lyk soos die aardse spreeus, - asook `n groot menigte insekte en ander een-, twee-, drie- en viervoetige aardediertjies; hulle doel en hulle nadere beskrywing sal ons later hoor. Voorlopig sal dit wat nou vertel is, genoeg wees.

14. Maar behoed jou daarteen om veral in die toekoms ooit self `n bewoner van hierdie armsalige hemelliggaam te word. Want hierdie geel glansende lewenskool is `n baie armsalige skoolgebou en dit sou beter wees om veertien maal per dag op aarde te sterwe, as om maar `n dag daar te lewe; want die bewoners het dit daar veel slegter as diegene wat hier in die kerkhowe begrawe lê. Hulle weet nie dat hulle begrawe is nie, maar die bewoners van die maan moet in hulle grafte lewe en word daar dikwels in hulle onderaardse behuising deur instorting of deur skielike oorstromings begrawe.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar