Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

Alle maanmense het `n tweede gesig en word van binne-uit deur die daarheen gestuurde engelegeeste onderrig in die Godskennis. Die onderrig wat hulle daar van die engelegeeste kry, is `n onderrig vir die inwonende gees van die aardmens en so word die skade wat `n mens op aarde deur sy uiters dwase wêreldse houding aan sy siel toegebring het, deur die siel van die maanmens herstel. Daardeur het so iemand wat moeisaam op die maan verbeter is, dan `n herstelde siel en sal hom daardeur ewiglik van die volkome suiwer geeste onderskei. Hy sal nooit in hulle vrye geselskap kan kom nie, maar hy sal teenoor hulle wees soos die maan tot die aarde; hy begelei die aarde steeds wel, maar kan haar nooit nader soos die een vriend die ander nie. – Die Maan, Hoofstuk 2, Paragraaf 10

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar