Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

10. Alle maanmense het `n tweede gesig en word van binne-uit deur die daarheen gestuurde engelegeeste onderrig in die Godskennis. Die onderrig wat hulle daar van die engelegeeste kry, is `n onderrig vir die inwonende gees van die aardmens en so word die skade wat `n mens op aarde deur sy uiters dwase wêreldse houding aan sy siel toegebring het, deur die siel van die maanmens herstel. Daardeur het so iemand wat moeisaam op die maan verbeter is, dan `n herstelde siel en sal hom daardeur ewiglik van die volkome suiwer geeste onderskei. Hy sal nooit in hulle vrye geselskap kan kom nie, maar hy sal teenoor hulle wees soos die maan tot die aarde; hy begelei die aarde steeds wel, maar kan haar nooit nader soos die een vriend die ander nie.

11. Slegs die geeste, vir wie dit nie nodig was om ter verbetering in `n maanmens geplaas te word nie, maar wat as geeste al `n vreeslike afsku van die aarde gekry het, word daarvandaan na die hoër vlakke gevoer en hulle kan dan in die kinderryk opgeneem word, wat die hoogste trap van saligheid vir hulle is. Maar dit is vir hulle onmoontlik om hoër te kom; want hulle beperkte hoedanighede sou nie in staat wees om `n hoër toestand te verdra nie, netso min as wat `n mens op aarde, solank hy nog in sy liggaam leef, dit in die fynste eter sou kan uithou.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar