Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

2. Hulle is maar iets meer as twee voet hoog en vertoon baie gelykenis met die noordelike dwerge. Hulle het baie groot buike, wat by hulle `n dubbele funksie het; die een funksie is die vertering van die spyse deur die maag, die ander funksie is, deur middel van `n tweede maag, die versameling van `n soort ligte gas, wat hulle `n driedubbele voordeel gee.

3. Ten eerste maak die gas hulle lig sodat hulle, weens gebrek aan hout, waardeur hulle geen brûe kan bou nie, baie maklik oor elke stroom heen kan spring. En is daar baie breë riviere, of ook wel hier en daar `n binnesee, dan kan hulle soos `n vis maklik oor die oppervlakte heen swem. Dit is dus die eerste voordeel van hierdie maag.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar