Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

Die tweede voordeel bestaan hierin, dat hulle deur die uitstoot van hierdie lug `n soort knallende geluid voortbring, waarmee hulle hulle aanwesigheid vir mekaar in die onderaardse vertrekke kenbaar maak. Ook gebruik hulle hierdie lug vir `n duideliker spraak na buite want dit is wel baie onduidelik; want die spraak deur middel van hulle longe is ook swak en sag en hierdie spraak word maar net gebruik deur die lewende gees wat in die maanmens is, wat daar ter verbetering ingebring is. Die eintlike maanmense het `n aanvanklike afsku vir hierdie taal. As die gees egter langsamerhand beter word, dan raak die siel van die maanmens bevriend met die te verbeterde inwonende gees van `n aarde mens. As die siel van die maanmens volkome een word met die verbeterde gees, dan veroorsaak hierdie toestand dan ook die meestal pynlose dood van die maanmensliggaam. – Die Maan, Hoofstuk 2, Paragraaf 4

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar