Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

4. Die tweede voordeel bestaan hierin, dat hulle deur die uitstoot van hierdie lug `n soort knallende geluid voortbring, waarmee hulle hulle aanwesigheid vir mekaar in die onderaardse vertrekke kenbaar maak. Ook gebruik hulle hierdie lug vir `n duideliker spraak na buite want dit is wel baie onduidelik; want die spraak deur middel van hulle longe is ook swak en sag en hierdie spraak word maar net gebruik deur die lewende gees wat in die maanmens is, wat daar ter verbetering ingebring is. Die eintlike maanmense het `n aanvanklike afsku vir hierdie taal. As die gees egter langsamerhand beter word, dan raak die siel van die maanmens bevriend met die te verbeterde inwonende gees van `n aarde mens. As die siel van die maanmens volkome een word met die verbeterde gees, dan veroorsaak hierdie toestand dan ook die meestal pynlose dood van die maanmensliggaam.

5. `n Derde voordeel van hierdie lug in die maag is dat hulle hulleself in hulle ondergrondse hole verwarm deur hierdie lug dikwels tydens die koue nag uit hulle te laat stroom; dit gebeur op die volgende manier: Omdat hulle woongate lyk, of liewer van binne so uitgehol is, dat dit ongeveer soos `n groot stomp klok lyk, waarvan die ingang van die bodem af deur `n soort trap bereik word, versamel die uitgestote, ligte lug onder hierdie lugdigte woonklok, maak die woning draaglik warm en verhinder die vrye binnestroming van die baie koue atmosferiese buitelug; hiervan word dan soveel deur die ligte gas opgeneem, wat absoluut noodsaaklik is vir die fisieke lewe.

6. Dieselfde doel het die maaglug ook gedurende die onverdraaglike warm dae, wanneer hierdie maanmense ook onder die aarde moet gaan, slegs met die onderskeid dat die gas deur die inwerking van die spysmaag in afkoelende suurstof omgesit word, waardeur dan ook hulle klokvormige woning, deur die veelvuldige uitstote, teen die binnedring van warm lug behoed word. Dit was dus die derde voordeel van die windmaag.

7. `n Ander eienaardigheid van hierdie mense is, dat hulle oog `n tweevoudige eienskap het. Die eerste eienskap is die van die sien, soos by die mense op aarde. Die tweede is dat hulle oë hulle as lig dien in hulle donker kamers, welke eienskap selfs op aarde by bepaalde diere, net soos by mense, in verskillende streke aangetref word en wel by diegene wie se pupille rooi is soos die van konyntjies. Nog `n ander eienaardigheid van hierdie mense is die ongewone sterk gehoor, waardeur hulle in staat is om die swakste geruis baie maklik vanaf `n baie groot afstand te hoor, daarom is hulle oortregters dan ook heelwat groter en kompakter.

8. Die manne is baie sterker as die vrouens, maar nie in dieselfde verhouding soos op aarde nie, maar soos wat die krag van `n tienjarige kind is tot die van `n volwasse man. Daarom is hierdie manne van die maan dan ook baie teer teenoor hulle vrouens en dra hulle letterlik nie net op die hande nie, maar ook op hulle skouers, sodat die voete aan beide kante van die hals op die bors hang, waardeur twee mense dan altyd bo-op mekaar gesien word.

9. Die vrou mag byna glad geen arbeid verrig nie en word deur die man gevoed en wel so, dat die man self die spyse vooraf goed deurkou en dit dan vanuit sy mond in dié van die vrou gee, sy kom maar net in noodsaaklike gevalle buite die woning en kom by ver gevorderde swangerskap van sy skouers af. `n Vrou baar daar in haar lewe maar twee keer, een keer snags en een keer oordag, maar bring steeds vier lewende kinders ter wêreld en wel oordag vier manlikes en snags vier vroulikes. Die kinders kan al dadelik loop en die manlikes word al dadelik daaraan gewoond gemaak om vroulikes te dra. Dat die kinders dikwels al jonk sterwe is net so `n natuurlike saak as op aarde. Hulle word eers deur vreemde geeste in besit geneem as hulle honderd of meer dae oud is.

10. Alle maanmense het `n tweede gesig en word van binne-uit deur die daarheen gestuurde engelegeeste onderrig in die Godskennis. Die onderrig wat hulle daar van die engelegeeste kry, is `n onderrig vir die inwonende gees van die aardmens en so word die skade wat `n mens op aarde deur sy uiters dwase wêreldse houding aan sy siel toegebring het, deur die siel van die maanmens herstel. Daardeur het so iemand wat moeisaam op die maan verbeter is, dan `n herstelde siel en sal hom daardeur ewiglik van die volkome suiwer geeste onderskei. Hy sal nooit in hulle vrye geselskap kan kom nie, maar hy sal teenoor hulle wees soos die maan tot die aarde; hy begelei die aarde steeds wel, maar kan haar nooit nader soos die een vriend die ander nie.

11. Slegs die geeste, vir wie dit nie nodig was om ter verbetering in `n maanmens geplaas te word nie, maar wat as geeste al `n vreeslike afsku van die aarde gekry het, word daarvandaan na die hoër vlakke gevoer en hulle kan dan in die kinderryk opgeneem word, wat die hoogste trap van saligheid vir hulle is. Maar dit is vir hulle onmoontlik om hoër te kom; want hulle beperkte hoedanighede sou nie in staat wees om `n hoër toestand te verdra nie, netso min as wat `n mens op aarde, solank hy nog in sy liggaam leef, dit in die fynste eter sou kan uithou.

12. Kyk, dit is die lot van die beste wêreldgesinde mens. Want wie nie uit liefde tot My, vrywillig van die wêreld afstand doen nie, maar by wie deur My groot erbarming al die wêreldse deur sulke buitengewone dwangmaatreëls uitgedrywe moet word, die het nie vry gehandel nie; wie egter nie vry handel nie, handel soos `n slaaf. Wie kan egter die gedwonge handelinge van `n slaaf beskou as sy eie verdienste? As `n slaaf egter die dwingende voorwaardes vervul het wat aan hom opgelê is, dan is sy handeling desondanks tog soveel werd, dat mens hom brood as voedsel sal aanreik, sodat hy ook sal lewe in soverre hy, wel noodgedwonge, maar gewillig gewerk het.

13. Hier is duidelik uiteengesit, waarom sulke wesens tot geen hoër saligheid in staat is, soos kinders wat van hulle aardse lewe oorgaan na die geestelike nie, want hierdie maanmense is niks anders as blindelings gehoorsame slawe nie en moet dit ook wees.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar