Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

7. `n Ander eienaardigheid van hierdie mense is, dat hulle oog `n tweevoudige eienskap het. Die eerste eienskap is die van die sien, soos by die mense op aarde. Die tweede is dat hulle oë hulle as lig dien in hulle donker kamers, welke eienskap selfs op aarde by bepaalde diere, net soos by mense, in verskillende streke aangetref word en wel by diegene wie se pupille rooi is soos die van konyntjies. Nog `n ander eienaardigheid van hierdie mense is die ongewone sterk gehoor, waardeur hulle in staat is om die swakste geruis baie maklik vanaf `n baie groot afstand te hoor, daarom is hulle oortregters dan ook heelwat groter en kompakter.

8. Die manne is baie sterker as die vrouens, maar nie in dieselfde verhouding soos op aarde nie, maar soos wat die krag van `n tienjarige kind is tot die van `n volwasse man. Daarom is hierdie manne van die maan dan ook baie teer teenoor hulle vrouens en dra hulle letterlik nie net op die hande nie, maar ook op hulle skouers, sodat die voete aan beide kante van die hals op die bors hang, waardeur twee mense dan altyd bo-op mekaar gesien word.

9. Die vrou mag byna glad geen arbeid verrig nie en word deur die man gevoed en wel so, dat die man self die spyse vooraf goed deurkou en dit dan vanuit sy mond in dié van die vrou gee, sy kom maar net in noodsaaklike gevalle buite die woning en kom by ver gevorderde swangerskap van sy skouers af. `n Vrou baar daar in haar lewe maar twee keer, een keer snags en een keer oordag, maar bring steeds vier lewende kinders ter wêreld en wel oordag vier manlikes en snags vier vroulikes. Die kinders kan al dadelik loop en die manlikes word al dadelik daaraan gewoond gemaak om vroulikes te dra. Dat die kinders dikwels al jonk sterwe is net so `n natuurlike saak as op aarde. Hulle word eers deur vreemde geeste in besit geneem as hulle honderd of meer dae oud is.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar