Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

8. Die manne is baie sterker as die vrouens, maar nie in dieselfde verhouding soos op aarde nie, maar soos wat die krag van `n tienjarige kind is tot die van `n volwasse man. Daarom is hierdie manne van die maan dan ook baie teer teenoor hulle vrouens en dra hulle letterlik nie net op die hande nie, maar ook op hulle skouers, sodat die voete aan beide kante van die hals op die bors hang, waardeur twee mense dan altyd bo-op mekaar gesien word.

9. Die vrou mag byna glad geen arbeid verrig nie en word deur die man gevoed en wel so, dat die man self die spyse vooraf goed deurkou en dit dan vanuit sy mond in dié van die vrou gee, sy kom maar net in noodsaaklike gevalle buite die woning en kom by ver gevorderde swangerskap van sy skouers af. `n Vrou baar daar in haar lewe maar twee keer, een keer snags en een keer oordag, maar bring steeds vier lewende kinders ter wêreld en wel oordag vier manlikes en snags vier vroulikes. Die kinders kan al dadelik loop en die manlikes word al dadelik daaraan gewoond gemaak om vroulikes te dra. Dat die kinders dikwels al jonk sterwe is net so `n natuurlike saak as op aarde. Hulle word eers deur vreemde geeste in besit geneem as hulle honderd of meer dae oud is.

10. Alle maanmense het `n tweede gesig en word van binne-uit deur die daarheen gestuurde engelegeeste onderrig in die Godskennis. Die onderrig wat hulle daar van die engelegeeste kry, is `n onderrig vir die inwonende gees van die aardmens en so word die skade wat `n mens op aarde deur sy uiters dwase wêreldse houding aan sy siel toegebring het, deur die siel van die maanmens herstel. Daardeur het so iemand wat moeisaam op die maan verbeter is, dan `n herstelde siel en sal hom daardeur ewiglik van die volkome suiwer geeste onderskei. Hy sal nooit in hulle vrye geselskap kan kom nie, maar hy sal teenoor hulle wees soos die maan tot die aarde; hy begelei die aarde steeds wel, maar kan haar nooit nader soos die een vriend die ander nie.

11. Slegs die geeste, vir wie dit nie nodig was om ter verbetering in `n maanmens geplaas te word nie, maar wat as geeste al `n vreeslike afsku van die aarde gekry het, word daarvandaan na die hoër vlakke gevoer en hulle kan dan in die kinderryk opgeneem word, wat die hoogste trap van saligheid vir hulle is. Maar dit is vir hulle onmoontlik om hoër te kom; want hulle beperkte hoedanighede sou nie in staat wees om `n hoër toestand te verdra nie, netso min as wat `n mens op aarde, solank hy nog in sy liggaam leef, dit in die fynste eter sou kan uithou.

12. Kyk, dit is die lot van die beste wêreldgesinde mens. Want wie nie uit liefde tot My, vrywillig van die wêreld afstand doen nie, maar by wie deur My groot erbarming al die wêreldse deur sulke buitengewone dwangmaatreëls uitgedrywe moet word, die het nie vry gehandel nie; wie egter nie vry handel nie, handel soos `n slaaf. Wie kan egter die gedwonge handelinge van `n slaaf beskou as sy eie verdienste? As `n slaaf egter die dwingende voorwaardes vervul het wat aan hom opgelê is, dan is sy handeling desondanks tog soveel werd, dat mens hom brood as voedsel sal aanreik, sodat hy ook sal lewe in soverre hy, wel noodgedwonge, maar gewillig gewerk het.

13. Hier is duidelik uiteengesit, waarom sulke wesens tot geen hoër saligheid in staat is, soos kinders wat van hulle aardse lewe oorgaan na die geestelike nie, want hierdie maanmense is niks anders as blindelings gehoorsame slawe nie en moet dit ook wees.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar