Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Die Maan

9. Die vrou mag byna glad geen arbeid verrig nie en word deur die man gevoed en wel so, dat die man self die spyse vooraf goed deurkou en dit dan vanuit sy mond in dié van die vrou gee, sy kom maar net in noodsaaklike gevalle buite die woning en kom by ver gevorderde swangerskap van sy skouers af. `n Vrou baar daar in haar lewe maar twee keer, een keer snags en een keer oordag, maar bring steeds vier lewende kinders ter wêreld en wel oordag vier manlikes en snags vier vroulikes. Die kinders kan al dadelik loop en die manlikes word al dadelik daaraan gewoond gemaak om vroulikes te dra. Dat die kinders dikwels al jonk sterwe is net so `n natuurlike saak as op aarde. Hulle word eers deur vreemde geeste in besit geneem as hulle honderd of meer dae oud is.

10. Alle maanmense het `n tweede gesig en word van binne-uit deur die daarheen gestuurde engelegeeste onderrig in die Godskennis. Die onderrig wat hulle daar van die engelegeeste kry, is `n onderrig vir die inwonende gees van die aardmens en so word die skade wat `n mens op aarde deur sy uiters dwase wêreldse houding aan sy siel toegebring het, deur die siel van die maanmens herstel. Daardeur het so iemand wat moeisaam op die maan verbeter is, dan `n herstelde siel en sal hom daardeur ewiglik van die volkome suiwer geeste onderskei. Hy sal nooit in hulle vrye geselskap kan kom nie, maar hy sal teenoor hulle wees soos die maan tot die aarde; hy begelei die aarde steeds wel, maar kan haar nooit nader soos die een vriend die ander nie.

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar