First edition German English Afrikaans Serbian Slovak Czech Spanish Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Maan

Die diere op die maan

9-5-1841

1. Net soos op aarde is op die maan baie soorte klasse van diere, sowel in die lug as op die maanaarde en in die water.

2. Onder alle diere is daar `n mak soort wat in aardse taal 'maanskaap' heet; alle ander soorte is nie mak nie, dit wil sê dat hulle nie diensbaar is in die menslike samelewing nie. Dit maanskaap is vir die maanbewoners dit, wat die rendier vir die noordelike volke is. Dit lyk as volg: Die liggaam is heeltemal rond, soos `n vol sak meel. Dit liggaam word op vier pote gedra wat nie langer is as `n handbreedte nie, en van vier hoewe voorsien is. Sy kop is volkome gelyk aan die van `n aardse skaap en sit op `n hals van `n el lengte en `n vierde el dikte. Hy het twee lang ore, wat lyk soos die van `n esel. Op sy kop het hy `n horing, wat voorsien is van na alle kante gerigte vingerlank, baie skerp uitsteeksels. Verder het hy nog `n stert, wat soos die stert van `n leeu lyk, met aan die einde `n digte bos hare. Sy kleur is wit en sy hele liggaam is, soos by aardse skape, met wol bedek.

3. Dit is van groot nut vir die maanbewoners. Ten eerste voed dit hulle met sy oorvloedige, goudkleurige melk. Ten tweede maak die maanmens al sy klere uit sy ryklike wol, wat bestaan uit `n soort hennep en mantel, wat deur beide geslagte gedra word. Ten derde maak hulle die aarde met sy horing los en die mense gooi dan die sade van wortelvrugte in die losgewoelde aarde, wat dan in veertien dae volgens aardse tyd gereken, tot volle rypheid kom. So `n dier word dikwels driehonderd maandae oud. As hy sterf word hy gestroop en sy vel word in die onderaardse kamers as bed gebruik, maar die vlees word na `n insektehoop gesleep; die insekte lyk baie soos julle miere. Hulle eet in `n kort tydjie al die vlees van die beendere af en as dit gebeur het, kom die mense weer, neem die beendere, benewens die horing, saam en maak hulle werktuie daarvan. Dit is die nut van die mak dier.

4. Daar is nog baie diere op die maanaarde, wat min of meer `n gelykenis vertoon met die diere op aarde; maar hulle is almal kleiner as hierdie en ook kleiner as die reeds bekende skaap, wat as`t ware die koning van die diere is. Onder alle maandiere is, naas die skaap, veral twee soorte wat die aandag werd is; dit is ten eerste die driepotige muilaap en ten tweede die eenpotige duiker en springer.

5. Die driepotige muilaap het die grootte van `n kat. Sy kop lyk soos die van `n aap met die verskil, dat hy sy bek tot halfpad by sy hals kan oopmaak. Sy twee voorpote lyk volkome soos aappote, maar wat sy enigste agterpoot betref, die lyk soos die slurp van `n olifant en kan tot `n handbreedte saamgetrek word, waardeur hy dan ook in `n verhouding tot die hele dier baie dik word, maar hy kan in die teenoorgestelde geval tot `n lengte van twee meter uitgerek word.

6. Julle kan wel vra: Waarom so `n wonderlike gestalte? Kyk, soos ons al weet, is die temperatuur van die maan baie anders as die temperatuur op aarde. In die loop van byna 28 aarddae word die maanaarde met meters dik sneeu bedek, daarna in die volgende sewe aarddae dikwels in alle rigtinge oorstroom en spoedig daarna weer deur `n onuithoudbare sonhitte geteisterde toestand.

7. Kyk, die muilaap moet hom steeds, vanweë sy bestemming, in die atmosferiese lug bevind en daardeur het hy sy slurpagtige voet nodig; want tydens die nag of winter staan hy op sy verlengde voet en reik so bo die oppervlakte van die sneeu uit en lok daar `n soort nagvoël, wat wel lyk soos klein vlermuise, na hom toe en vang hulle daar of laat hulle eintlik veel meer in sy wyd oopgesperde, weldadige warmte uitstralende bek na binne vlieg en verteer hulle dan vinnig. Dit is dus die bedoeling van die lang voet.

8. As die sneeu egter begin te smelt en die water dikwels heelwat voete hoog die mylever vlaktes oordek, wat ook op die bewoonbare gedeelte van die maan deur hoë gebergtes omring word, dan moet die dier, as hy nie wil verdrink nie, danksy hierdie agterpoot, weer bo die watervlakte uitkom. Tydens die hitte van die dag gaan hy die rivier in en staan dikwels dae lank so in die water, dat sy kop en twee pote bo die oppervlakte van die water uitsteek. Styg die water, dan verleng hy sy voet en sak dit, dan maak hy sy voet eweredig korter. Word so `n rivier dikwels heeltemal droog, dan beweeg hy hom so voort, dat hy vooruit skuif deur sy agterpoot sover moontlik te verleng. Met sy voorpote hou hy dan aan iets vas, totdat hy die slurpvoet heeltemal ingetrek het, waarop hy weer die vier lang tone aan die einde van sy agterpoot in die aarde steek en sy hele liggaam weer taamlik behendig vooruit skuif. Hierdie gang hou hy solank vol, totdat hy weer water bereik het, waar hy hom dan weer vinnig in begewe net soos tevore, op sy agtervoet. Oordag bestaan sy voedsel uit `n soort vlieënde kreef, wat wel ietwat lyk soos die vlieënde hert van die aarde.

9. Wat die sogenaamde springers en duikers betref, hierdie diere het `n poot en is `n tipe variëteit van die muilaap. Hy besit egter `n veel groter elastisiteit in die poot as die muilaap, waardeur hy hom ook springend kan voortbeweeg. 'Duiker' heet hy, omdat hy in staat is om hom so saam te trek, dat hy in `n ineengetrekte toestand lyk soos `n middelgrote brood wat op die grond lê. As hy dan egter wil spring, rek hy hom skielik uit tot `n lengte van vyf el. Deur die plotselinge uitrekking werp hy hom ongeveer vier of vyf meter omhoog, hy spring altyd in die vorm van `n boog, sodat `n soortgelyke sprong dikwels `n lengte van tien tot veertien meter bereik. Hy spring meestal baie vinnig na mekaar en is, veral oordag, so vinnig, dat hy elke voël in die lug kan inhaal. Sy voedsel is dieselfde as die van die muilaap en so ook sy woonplek. Sulke diere bewoon, saam met nog baie ander, maar net die vlaktes en kom selde met die mens in aanraking, omdat hy slegs op die bergweiding woon.

10. Op die berge woon, behalwe die bekende skape en die mieragtige insekte, maar net `n groot aantal klein voëltjies, wie se grootte nouliks die van die aardse spreeu ewenaar; die kleinste is nie groter as julle vlieë nie.

11. Ook die water is deur allerlei soorte visse en wurms bewoon en veral deur baie klein krewe, waarvan `n vlieënde soort al voorheen vermeld was. Ook is daar skaaldiere soos wat dit in die seë op aarde voorkom. Van hierdie soort is die sogenaamde 'blou bal' merkwaardig, omdat dit `n dier is wat nie sy gelyke op aarde het nie. Hierdie blou bal kan hom in twee halwe balle deel, wat dan met klein spierbandjies verbonde bly. Hy voed hom deur wurms tussen beide die halwe balle saam te vrywe, die vog in hom op te suig en die oorblyfsels weer met water weg te spoel. Hierdie 'blou bal' wat die grootte het van `n ryp lemoen, besit nog die eienskap, dat sy oppervlak snags so sterk glans, dat die strome en die mere daardeur `n veel ligter glans kry as die see op aarde onder die keerkringe; want mense sal nog nie weet dat die see onder die keerkringe op aarde so `n sterk lig gee soos die sneeu by die volmaan nie.

12. Alle orige maandiere sal wel van minder belang vir julle wees, omdat hulle ten eerste `n gelykenis toon met die diere op aarde; slegs in verhouding is hulle veel kleiner - en ten tweede omdat julle hulle geestelike bestemming onmoontlik nou nog kan begryp; en ook al sou julle dit begryp, dan sou dit vir julle van ewe min nut wees as die sneeu wat duisend jaar voor Adam op aarde geval het.

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar