Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Maan

Ook die water is deur allerlei soorte visse en wurms bewoon en veral deur baie klein krewe, waarvan `n vlieënde soort al voorheen vermeld was. Ook is daar skaaldiere soos wat dit in die seë op aarde voorkom. Van hierdie soort is die sogenaamde 'blou bal' merkwaardig, omdat dit `n dier is wat nie sy gelyke op aarde het nie. Hierdie blou bal kan hom in twee halwe balle deel, wat dan met klein spierbandjies verbonde bly. Hy voed hom deur wurms tussen beide die halwe balle saam te vrywe, die vog in hom op te suig en die oorblyfsels weer met water weg te spoel. Hierdie 'blou bal' wat die grootte het van `n ryp lemoen, besit nog die eienskap, dat sy oppervlak snags so sterk glans, dat die strome en die mere daardeur `n veel ligter glans kry as die see op aarde onder die keerkringe; want mense sal nog nie weet dat die see onder die keerkringe op aarde so `n sterk lig gee soos die sneeu by die volmaan nie. – Die Maan, Hoofstuk 3, Paragraaf 11

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar