Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Maan

Onder alle diere is daar `n mak soort wat in aardse taal 'maanskaap' heet; alle ander soorte is nie mak nie, dit wil sê dat hulle nie diensbaar is in die menslike samelewing nie. Dit maanskaap is vir die maanbewoners dit, wat die rendier vir die noordelike volke is. Dit lyk as volg: Die liggaam is heeltemal rond, soos `n vol sak meel. Dit liggaam word op vier pote gedra wat nie langer is as `n handbreedte nie, en van vier hoewe voorsien is. Sy kop is volkome gelyk aan die van `n aardse skaap en sit op `n hals van `n el lengte en `n vierde el dikte. Hy het twee lang ore, wat lyk soos die van `n esel. Op sy kop het hy `n horing, wat voorsien is van na alle kante gerigte vingerlank, baie skerp uitsteeksels. Verder het hy nog `n stert, wat soos die stert van `n leeu lyk, met aan die einde `n digte bos hare. Sy kleur is wit en sy hele liggaam is, soos by aardse skape, met wol bedek. – Die Maan, Hoofstuk 3, Paragraaf 2

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar