Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 3 Die Maan

Dit is van groot nut vir die maanbewoners. Ten eerste voed dit hulle met sy oorvloedige, goudkleurige melk. Ten tweede maak die maanmens al sy klere uit sy ryklike wol, wat bestaan uit `n soort hennep en mantel, wat deur beide geslagte gedra word. Ten derde maak hulle die aarde met sy horing los en die mense gooi dan die sade van wortelvrugte in die losgewoelde aarde, wat dan in veertien dae volgens aardse tyd gereken, tot volle rypheid kom. So `n dier word dikwels driehonderd maandae oud. As hy sterf word hy gestroop en sy vel word in die onderaardse kamers as bed gebruik, maar die vlees word na `n insektehoop gesleep; die insekte lyk baie soos julle miere. Hulle eet in `n kort tydjie al die vlees van die beendere af en as dit gebeur het, kom die mense weer, neem die beendere, benewens die horing, saam en maak hulle werktuie daarvan. Dit is die nut van die mak dier. – Die Maan, Hoofstuk 3, Paragraaf 3

Hoofstuk 3 Mobiele weergawe Kommentaar