Help

jakob-lorber.cc

6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Resultate 180 - 200 van 42354

[HG 1.20.7] Toe het Cahin hewig geskrik en het van die slang af weggevlug en het weereens vir die slang gevloek en het ingesien, hoe geweldig hy deur die slang bedrieg was. Toe dink hy: ‘Wie sal nou vir my met die ewige, regverdige God versoen, aangesien my broer Ahbel nie meer daar is nie?! O jy driemaal vervloekte slang, jy is die moordenaar van my broer en wou nou ook vir my vermoor! O, as ek geweet het, dat jy ten gronde sal gaan, indien ek ten gronde sal gaan, dan sou ek sy dood sewe keer aan myself gewreek het!”

[HG 1.20.8] En sien, toe staan die slang agter hom in die vorm van ‘n buitengewoon prikkelende vrou en sê vir hom: “Cahin, doen dit, en ek sal jou vlees opeet en jou bloed drink, en so sal ons weer volkome een wees en heersers oor al die wêreld wees.”

[HG 1.20.9] En Cahin het vir die mooi vrou gekyk en gesê: “Ja, dit is jou ware voorkoms; so is jy op jou verskriklikste! Wie vir jou sal sien met jou tien koppe, sal vir jou vlug soos voor die oordeel van die Godheid; maar aan wie jy in hierdie voorkoms sal verskyn, sal agter jou aanloop, jou vang, vir jou meer liefhê as vir God en homself baie gelukkig ag, wanneer jy hom met jou doodshande sal gryp, en die mense sal vir jou tempels en altare oprig en sal jou speeksel lek en jou uitskot eet.

[HG 1.20.12] “O bly net stil”, het Cahin gesê, “jou teer ledemate is net so baie slange vol van bitter gif, en onder jou sagte, opgeswelde bors rus ‘n ondeursigtige pantser, waarmee en waaraan jy met jou slangarms my arm en swak geslag sal versmoor! Want met hierdie voorkoms sal jy selfs die reuse Leviathan tot jou mees gehoorsame dienskneg maak!”

[HG 1.20.13] En nou kyk, toe het die slangvrou uit haar innerlike grimmigheid ontbrand, sodat haar hele wese soos ‘n son begin straal het, en sy het die voorkoms van Ahbel, met ‘n vriendelike gesig, aangeneem en het weereens vir Cahin gesê:

[HG 1.20.14] “Cahin, jou blinde dwaas, my bose broer, kyk vir my, vir wie jy met ‘n klip doodgeslaan het, wat nou verheerlik voor jou staan en sy hand vir jou bied, om vir jou met hom te versoen, en moet nie vir die voorkoms van die slang, wat jy self is, bang wees nie! Wie was dit dan, jy of die slang, wat teenoor die Here ontrou geword het? Het jy of die slang met jou vrou gemeenskap gehad soos die honde, sonder die vooraf offer, soos wat dit vir jou beveel was? Was dit jy of die slang, wat daar vir die groot hitte gevloek het en vir die Here net strooi geoffer het? Sê, het die slang of jy van afguns teenoor jou broer kwaad geword? En was die slang nie net ‘n uiterlike voorkoms van die bose in jou nie, waardeur jy jouself oorreed het, om in jou groot waansinnigheid jou broer te vermoor?

[HG 1.20.22] “Ja”, sê Jehova, “daarom wees vervloek op die aarde, wat Ahbel se bloed verslind het; en wanneer jy in die toekoms daarop ‘n akker sal maak, dan sal dit vir jou geen brood meer gee nie en jy sal voortaan onstandvastig wees en sonder dak soos ‘n wilde dier daarop ronddwaal, en sal dorings en sydissels eet!”

[HG 1.20.23] Toe het Cahin groot geskrik en het met ‘n bewende stem gesê: “Here, Jy die Alregverdige, sien, Jy dryf vir my vandag uit hierdie land, en ek moet vlug voor Jou aangesig en onstandvastig ronddwaal op die aarde. En met my, arme swakkeling, sal dit so gaan, dat die’ een wat my sal vind, sal doodslaan; daarom betoon genade teenoor my ter wille van my familielede!”

[HG 1.20.25] En nou sien, toe het Cahin met sy familielede uit My aangesig gevlug tot ver anderkant Heden (Eden) na ‘n diep geleë land Nhod. Maar Heden was ‘n mooi land met klein heuwels, vol van die beste vrugte; Cahin het van die plek gehou, en hy wou hier bly. Maar toe hy na die heuwels opgekyk het, toe het hy orals ‘n man, met ‘n kwaai gesig, sien staan en wat met ‘n klip in sy hand bewapen was, asof hy vir Cahin wag, om aan hom vir sy misdaad wraak te neem; en hierdie verskynsel was ‘n gevolg van die groot vrees in hom. En hy het gesien, dat hy nie hier sal kan bly nie.

[HG 1.20.27] En Cahin het weer na die hoë kruine van die berge opgekyk, en hy het geen mans meer gesien nie; toe het hy nie geweet wat om te doen nie. Maar na ‘n kort rukkie het hy sy arms uitgestrek en het baie hard geskree: “Here, Jy die mees Regverdige, wanneer vanaf hierdie groot afstand my geskree nog Jou oor sal bereik, dan kyk genadiglik oor die kruine, ter wille van die kinders en my vrou, vir die gemerkte vlugteling deur die heiligheid van Jou oë, wat daar my voorkop met die nag van sonde gemerk het, sodat die misdaad nie aan my skoon voorkop herken kan word nie, wat daar op my voorkop, op die hande en die bors van die groot sondaar gemerk is, wie se sonde te groot is, dat dit ooit vir hom vergewe kan word.”

[HG 1.20.28] En sien, toe het ‘n wolk van die hoë berge af gekom, sewe-en-sewentig manshoogtes bokant die vlugtelinge, en ‘n sterk stem het daaruit gepraat, en dit was die stem van Ahbel, wat daar gesê het: “Cahin, ken jy hierdie stem?”

[HG 1.20.29] En Cahin antwoord: “O broer Ahbel, kom jy dan, om goedkoop wraak aan my, jou moordenaar, te neem, dan doen dit volgens die geregtigheid; maar spaar jou geseënde suster en haar kinders!”

[HG 1.20.30] Toe het die stem weereens gepraat en gesê: “Cahin, wie daar boosheid doen, is ‘n sondaar; wie daar boosheid met boosheid vergeld, is ‘n kneg van die sonde; wie goed doen ter wille van die goeie, die’ het die skuld afbetaal, en daar sal niks, wat sy aandeel sal wees, oorbly nie; wie daar meervoudig goed doen, is waardig vir sy broers; maar voor God tel daar net een ding, en dit is: om goed te doen vir boosheid, en vir hulle te seën, wat daar die weldoeners vloek, en om die lewe te gee vir die dood!

[HG 1.20.31] En sien, op grond van hierdie laaste een kom ek na jou; daarom moet jy nie vir my bang wees nie, aangesien ek van bo na jou toe gestuur is, om eerstens vir jou te wys, dat die Here in al sy beloftes waaragtig en getrou is, en tweedens, om vir jou aan te dui, dat jy in hierdie land met jou familielede moet bly en jy en hulle van die vrugte, wat jy in hierdie land sal vind, moet lewe en dan ook om vir jou te wys, dat jou broer jou daad, deur die groot liefde van die Vader in hom, vir jou vergewe het.

[HG 1.21.1] En sien, toe het Cahin in sy groot vrees rustig geword. Die wolk het verdwyn, en hy het trane van berou geween en hy het gegaan, om voedsel vir sy familie te soek en het daaroor nagedink, hoe ver hy homself vanaf die Paradys verwyder het, en hoe hy nou heeltemal die liefde van die Here verloor het en nou in die harde geregtigheid verstoot was, staande op die drumpel van die oordeel uit God. En toe hy so dink, het sy trane van berou vermeerder, en hy het ook gedink, of dit wel nog enigsins moontlik sou wees, om ooit ook net die allergeringste deel van die liefde kan terug te kry.

[HG 1.21.2] En so het hy heen en weer en op en af gedink. En sien, toe het hy diep in gedagtes met sy familie by ‘n struik gekom, wat vol belaai was met braambessies; en aangesien almal baie honger was vir kos, wou hulle ook onmiddelik daarna gryp en volgens honger en lus in oormaat daarvan eet.

[HG 1.21.3] Maar sien, toe het Cahin ‘n goeie gedagte gekry en het vir die ander gesê: “O my vrou en my kinders, trek vinnig terug julle hande, wat julle oorgretig na die ryk kos uitgestrek het; want ons weet nog nie of dit die lewe of die dood inhou nie! Laat ons daarom eers op die aarde neerval en ons groot skuld voor God skuld beken, en laat ons vir Hom in die stof van ons nietigheid smeek, dat Hy genadiglik hierdie vrug moet seën; en indien Hy dit dalk uit sy oorgroot barmhartigheid sal doen, dan moet ons wat onwaardig is, eers vir Hom dankie sê, en dan eers kan ons bewend in vrees vir ons matig daaraan versadig.”

[HG 1.21.4] En sien, toe het almal ‘n paar treë van die struik terug getree en het volgens die wil en die regte insig van Cahin gedoen, wat daar hardop vir almal voorgebid het en weenend gesê het: “O jy mees regverdige, groot, heilige God, kyk genadiglik neer op ons wurms in die stof van nietigheid voor Jou, die Almagtige, wat dit nie kan waag, om hulle oë in die aller grootste skuld na Jou onuitspreeklike heiligheid op te lig nie! O dink aan ons swakheid, en moet nie ons arm, berouende, groot sondaars ten gronde laat gaan nie!

[HG 1.21.5] Sien, hierdie struik voor ons, blyk ‘n goeie vrug as voedsel vir ons sondaars te dra; maar ons waag dit nie, om daarvan te eet nie, aangesien ons deur ons groot boosheid blind geword het en daarom nie meer kan sien, of die dood, of die lewe daarin geberg is nie.

[HG 1.21.6] Wys daarom genadiglik vir ons, van watter gees hierdie vrug is, sodat ons dan eers vir Jou opreg kan vra, dat Jy, o bo alles Regverdige, die gif van die slang daaruit sal verwyder en net ‘n klein doudruppel van Jou seën daarop sal laat val, sodat ons nie sal vergaan nie. O, Here, Jy Regverdige, Jy Heilige, luister, luister, luister vir ons swak versoek!”

6 7 8 9 10 11 12 13 14 15 Mobiele weergawe Kommentaar