Help

jakob-lorber.cc

7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 Resultate 200 - 220 van 42354

[HG 1.21.9] En Cahin het saam met sy familie die groot vrygewigheid van die Here aanskou en het weereens met sy hele familie op die aarde neergeval en het vir God met alle gloed van sy hart vir die’ groot weldade gedank en het met trane in die oë gesê: “O Here, Jou geregtigheid is groot en onbegryplik, - maar hoe groot moet eers Jou liefde wees, aangesien Jy nog in staat is, om aan die grootste sondaar met so baie weldade uit Jou, te dink, o Jy die ewige Liefde! Hoe groot moet tog die boosheid wees, wat Jou ooit kon misken het!”

[HG 1.22.1] En nou kyk, toe het hulle geëet en vir ‘n tyd lank het hulle gedoen, soos wat dit vir hulle beveel was. Cahin het nou weer sy vrou herken en het met haar ‘n seun verwek en het vir hom die naam ‘Hanoch’ gegee, wat beteken ‘die eer van Cahin’. En Cahin het al sy kinders bymekaar geroep en gesê: “Kinders, kyk vir hierdie nuwe broer, wat die Here vir my as ‘n heerser oor julle gegee het, wat ek van hom sal maak, sodat daar orde onder julle sal heers en ‘n einde aan julle gestry en julle getwis sal kom. En hy sal vir julle gebooie gee en sal vir die wat getrou is, prys en die oortreders tugtig, sodat ook ons ‘n volk kan word, groot en vol roem, net soos die kinders van God, wat hierdie wette nie nodig het nie, aangesien hulle die liefde het, wat vir hulle vry maak, maar vir ons, as gevolg van my sonde, onder hulle voete geplaas het, wat vir ons sal vertrap, indien ons wat wette- en ordeloos is, nie iemand het, wat vir ons kan instaan en vir ons voor hulle groot mag kan regverdig nie.

[HG 1.22.2] Sien, hulle God is ook ons God; maar hulle het in hom ‘n goeie Vader - maar ons het ‘n Regter! Die Vader ken hulle liefde, en Sy oë en ore is by hulle. Maar by ons is dit nie so nie. Ons is aan onsself oorgelaat en kan doen, wat ons wil; maar indien ons wil bestaan, dan benodig ons wette en ordelikheid. Andersins kan daar een die ander een na willekeur doodslaan, wanneer daar twis en geskille ontstaan, en dan sal die houer van geregtigheid voor die tyd vol word, en ons sal dan almal ten gronde gaan deur die groot gewig van die gruweldade wat op ons sal neerstort. Laat ons daarom almal kragtig saam staan en klippe bymekaar maak, groottes en kleintjies, en vir hom ‘n hoë vaste woning oprig, en vir elkeen van ons ‘n kleiner een in ‘n wye kring om die’ van hom, sodat hy oor almal se doen en late kan toesig hou en hulle dophou. Maar hy, as ‘n vors in julle midde, sal van enige werk vrygestel wees en moet eet van julle hande.

[HG 1.22.6] Maar dan kom julle broer as julle ware heerser en wetgewer volgens sy regverdige insig en vrye willekeurigheid, - daarom sal hy ook van die wet vrygestel wees, aangesien elkeen van sy vrye handelinge vir julle ‘n wet sal word en moet bly, totdat hy dit vir goed sal ag, om dit weer op te hef.

[HG 1.22.7] Nou is my wil aan julle bekend, en daarvolgens handel en doen, indien julle deur wet en orde onder die streng geregtigheid wil bestaan, ter vermyding van die oordeel, wat andersins almal sal tref, indien daar nie in die wet oordeel vir oordeel bepaal sal wees nie.”

[HG 1.22.8] En sien, toe het almal uitmekaar gegaan en het hard begin werk, om ‘n stad te bou, waaraan hulle sestig jaar lank gebou het. Aangesien die geboue dikwels inmekaar gestort het, het hulle baie tyd vir die bou van die woning van die nuwe vors benodig en kon dit eers voltooi, nadat Ek vir Hanoch in ‘n droom gewys het, hoe hulle moet bou, aangesien Ek vir die arme kinders jammer was, wat gedurende die bouery, deur die tot dusver baie geordende streng en wetlik korrekte Cahin aan veelsydige en erge mishandelings blootgestel was, wat nou sy familielede as ‘n tiran onder groot skrik en onder groot vrees en angs vir die strawwe sonder genade en barmhartigheid gelei het, omdat daar in hom geen liefde was nie, maar net regverdigheid en gehoorsaamheid teenoor al die wette, - maar hy het nie daaraan gedink nie, dat gehoorsaamheid, wat ‘n blote gevolg van te groot vrees is, eintlik tog nie in die allerminste graad gehoorsaamheid is nie, maar net eieliefde. Want wie vir homself lief het, die hou by die wet bloot uit vrees vir die versekerde strawwe wanneer daar oortree word, aangesien hy vir homself jammer is, wanneer hy die pyn van die straf in sy onbeholpe swakheid voel; maar indien hy ook net die geringste geleentheid vind, waar hy nie in sy hart dopgehou word nie, dan sal hy die wet en die wetgewer vloek en sal dit binnekort met die voete trap.

[HG 1.22.9] En indien sodanige persoon die geleentheid het, om op enige wyse ‘n groter krag te versamel, dan sal hy dubbeld grusaam al die wette, mag hulle nou goed of sleg wees, aanval en sal hulle saam met die liefdelose wetgewer, vernietig. (NB. Dit moet ook deeglik deur alle leiers en wetgewers van hierdie tyd, in ag geneem word; want ook vir hulle wag dieselfde lot, indien hulle dink, dat vrees die enigste middel is, om wet en orde en hulle voordele deur die stom gehoorsaamheid van die slawe te handhaaf; andersins sal dit almal vroeër of later hard aanvoel, wat die vrugte van wette is, waar die oorsprong daarvan nie in die suiwerste, onselfsugtige liefde geleë is nie, hetsy hier op aarde of dan verseker in die hiernamaals.)

[HG 1.22.11] En sien, wie so treur, die treur nie in ware diepte oor die verlies van die lewe nie, maar hoofsaaklik net oor die verlies van die gemaklike lewe; en sodanige berou is vals, aangesien niks vir hom aan die hereniging met My geleë is nie. En sou Ek dan ook vir hom gee, wat hy nie eintlik wil hê nie, dan sou hy net die dood deur die uitruiling van wil verkry, aangesien die vrye wil die eintlike lewe van die mens is.

[HG 1.23.1] En sien, toe die stad nou klaar gebou was, toe neem Cahin vir Hanoch en het vir hom in die hoë woning, wat daar vir hom gebou was, gelei, en het vir hom in die teenwoordigheid van al sy kinders en ook reeds kleinkinders die volmag oor hulle oorhandig en het van hom vereis, om vir hulle almal wette volgens sy regte insig, vry na eie willekeur, te gee, deur te sê:

[HG 1.23.2] “Sien, Hanoch, in hierdie net vir jou alleen geboude woning, oorhandig ek aan jou al my vaderlike regte met alle mag en geweld vir die vrye leiding van my, jou en hulle almal se kinders deur wette na willekeur, wat deur hulle geheilig moet word; want daar is min aan die wet self geleë, of dit nou so of so is, maar alles hang af van die presiese nakoming daarvan, en daarom sal dit lui: ‘Daarvolgens gehandel, reg gehandel, - oortreding daarvan, ten volle onregmatig!’, en moet dan altyd gestraf word volgens die graad van oortreding.

[HG 1.23.3] En op die’ manier sal ons deur die handhawing en nie deur die wet self nie, vry word, waarvan die samestelling nie belangrik is nie, maar net die nakoming daarvan.

[HG 1.23.5] En toe maak die nuwe vors sy mond oop en het met ‘n baie gesaghebbende stem gesê: “Luister dan, julle almal wat my onderdane is, manlik en vroulik! Niemand mag ooit iets as sy eiendom beskou nie, terwyl alles net as my eiendom beskou moet word, sodat die gestry en getwis onder julle ‘n einde moet kry! Daarom sal julle in toekoms net vir my dien en vir my skure werk; daarvoor sal elkeen van julle volgens sy ywerigheid kos kry, en die mees getroues mag nader aan my kom as die wat minder getrou is, en die opsigters en die wetstoepassers en die wat die regverdige strawwe voltrek, sal beter kos ontvang. Wee hom wat ongehoorsaam is! Vir hom sal ek na die berge uitdryf, en die diere daar sal hom verwurg en verskeur. Maar diegene wat die wet uit traagheid, onoplettendheid en uit ligsinnigheid sal oortree, sal met stokke tot op die bloed getugtig word; maar hulle, wat dit sal waag, om vir my as vors in enige iets te weerspreek, sal met slange tot in die murg van hulle beendere getugtig word, en hulle tonge sal vir hulle uitgeruk word en vir die slange as kos gevoer word. En wie ooit vir my met skewe oë sal kyk, vir hom sal die oë uitgesteek word, sodat hy voortaan nie meer sy vors sal kan aanskou nie. Die een wat traag is, sal ‘n vragdraer word en sal soos ‘n pakdier met stokke en knuppels behandel word, sodat sy voete sal hardloop en sy hande vinniger sal word.

[HG 1.23.6] Andersins gee ek vir julle geen wet as net die strengste gehoorsaamheid ten opsigte van al my vrye wense en bevele, wat ek aan julle sal gee gedurende elke tyd van die dag sowel as in die nag, amen.”

[HG 1.23.7] En sien, toe het selfs Cahin en al die ander bo alle norme geskrik en het diep bekommerd uit die woning van Hanoch gegaan en het in hulle harte hulle grusame vader Cahin verwens, wat vir hulle uitsonderlike groot moeite sodanig klaaglike lot veroorsaak het.

[HG 1.23.8] En toe dit nou aand geword het, het almal honger geword, en niemand het dit gewaag om te eet nie en almal het bedroef na Hanoch toe gegaan en gesê: “Heerser, ons het die hele dag gewerk; nou, gee ook vir ons om te eet, soos wat jy belowe dit het!”

[HG 1.23.14] En sien, toe hulle nou weer ononderbroke tot die middel van die dag gewerk het, - sommiges het vrugte bymekaar gemaak, ander het nog bykomstige huise, wonings en skure gebou, en sommiges het die vors en sy vrou en kinders vir sy groter gemak gedien, - toe het weer almal na sy hoë woning gekom en het vir hom die vrugte en ander bewyse van hulle vermoeiende ywer gebring en het volgens reg gevra, om te eet, wat ook Cahin en sy vrou gedoen het.

[HG 1.23.15] En sien, toe het Hanoch baie kwaad opgestaan en het baie ernstig gesê: “Hoeveel keer per dag wil julle dan eet?! Dink julle, ek laat vir julle die vrugte bymekaar maak, sodat julle dan kommerloos gevoer kan word?! Waarvan moet dan ek en my bediendes lewe, wat nie veronderstel om soos julle te werk nie, maar om hulle heerser op hulle hande te dra?! Daarom gaan weg van my, en niemand van julle almal sal dit meer waag, om ooit weer die drumpel van hierdie my woning te betree nie! Van nou af sal ek daagliks deur my bediendes die vrugte vir my huis in ontvangs neem; maar julle kan spaarsaam net van die’ vrugte eet, wat daar vanself van die struike en bome afgeval het, - so ook die versamelaars, en ook hulle wat daar bou. En dit is vir julle ‘n nuwe gebod, wat julle as heilig moet beskou; wee die oortreders!”

[HG 1.23.16] En sien, toe het Cahin die woord opgeneem en het baie bedroef en diep bewoë gevra: “O Hanoch, jy groot vors, my gewese seun, sê volgens jou hart reg en regverdig, is jou vader en jou moeder nie vrygestel van alles, wat jy in wysheid vir jou onderdane volgens jou vrye willekeurigheid beveel het nie? En as ek dan soos my kinders moet wees, dan gebied, dat hulle vir hulle vader en moeder moet sorg, aangesien ons reeds oud, moeisaam en baie swak geword het. Of gee vir my genadiglik die toestemming, om van hier af tot aan die einde van die wêreld te trek, sodat ek nie verder die groot hartseer van my kinders moet aanskou nie, wat daar smag onder die swaar juk van die vrye geregtigheid.”

[HG 1.23.17] En sien, toe het Hanoch gesê: “Hoe vra jy dan vir my?! Is ek dan verkeerd, in dit wat ek doen, soos wat jy vir my geleer en vir my die mag gegee het?! Het jy tog self niemand, behalwe vir my, as bo die wet verklaar en het geen uitsondering met jouself gemaak nie! Hoe verwag jy dan wederregtelik van my en wil vir my daardeur dwing, om vir jou, die eerste wetgewer, van die streng geregtelike gevolge van ongehoorsaamheid, as voorbeeld ter afskrikking vir die ander, vry te stel?! En wanneer ek sodanig optree, sê, is ek dan verkeerd?! Aangesien by ons geen liefde is nie, maar die koue reg, hoe kan jy daar teen die wette van my vrye willekeur praat, om ‘n genadiglike uitsondering te maak, wat nooit met die regte van die wette van jou vors versoen kan word nie?! Dat jy my vader is, het niks met my te doen nie?! Ek het tog deur jou onstaan, sonder dat ek dit onder enige voorwaarde wou geword het nie! En so het jy vir my sonder my wil verwek en het van my ‘n vors sonder my wil gemaak! Sê dan vir my, aangesien ek nou geword het en is, wat ek is, en soos ek is, sonder my wil, aangesien ek geen gehad het nie, en ook sonder enige voorwaarde, bloot toevallig deur jou wellustigheid en vors deur jou ambisie, watter verbinding, suiwer regs gewys beskou, ek dus met jou het?!

[HG 1.24.1] En nou sien, toe het Cahin begin om te huil en het met sy vrou en vier kinders, twee seuns en twee dogters, weggetrek en het na veertig dae by die oewer van die see gekom en het geskrik toe hy die groot water sien, aangesien hy in alle erns geglo het, dat hy die einde van die wêreld bereik het. En hy het gedink: “Indien Hanoch nou vir my vervolg, waarheen sal ek vlug?

7 8 9 10 11 12 13 14 15 16 Mobiele weergawe Kommentaar