Help

jakob-lorber.cc

8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 Resultate 220 - 240 van 42354

[HG 1.24.2] Voor my is die einde van die wêreld en links en regs is hoë berge, wat ek nie mag betree nie, en die oog en oor van genade van die Here is vir my gesluit. Ek sien ook ‘n hele aantal vreemde, ongeseënde vrugte; wie sal dit waag om hulle te eet. En die voorraad, wat ons saamgeneem het, is ook op! - Wat sal ek nou doen?

[HG 1.24.3] Ek sal tog nog eenmaal probeer, om ‘n groot geskree aan die Here te rig; of Hy sal luister, of indien Hy vir ons ten gronde sal laat gaan, dan sal dit tog op die einde ten minstens met ons volgens Sy wil gaan, wat ons gedurende die lang tyd deur, in ons groot blindheid nie herken het nie.”

[HG 1.24.4] En sien, toe begin Cahin na afloop van ‘n tydperk van sewe-en-sewentig jaar weer, om tot My te bid, en dit vir drie dae lank, dwars deur die dag en die nag, sonder om op te hou, en het aanmekaar geskree: “Here, Jy Regverdige, Jy Liefdevolste, kyk genadiglik af op Jou grootste skuldenaar, en doen met my volgens Jou heilige wil!” En hierdie woorde het hy duisend en duisend keer herhaal.

[HG 1.24.7] En Ahbel het vir hom geantwoord: “Ek, jou broer Ahbel, dit is ek in die vlamme van die goddelike liefde voor jou! Wat wil jy dan, wat met jou moet gebeur?” - “O Broer”, sê Cahin, “indien dit jy is, - sien, ek het geen wil meer nie! My seun Hanoch het alles van my af weggeneem, ook my wil; nou het ek geen wil meer nie, en sien, soos wat ons nou daar is, is ons almal totaal sonder wil! Dus kan ek niks anders sê nie as net dit: Met my en ons almal moet gebeur volgens die heilige wil van die Here!”

[HG 1.24.8] Toe sê Ahbel: “Luister dan nou! Dit is die wil van die Here, my Vader en jou God, dat julle van al die vrugte, wat julle hier sal vind, sonder vrees en skuheid, moet eet; want die slang het vir jou hiernatoe verdryf maar het met al sy gif by die kinders in die stad Hanoch agtergebly en sal niks meer met julle te doen hê nie. Want indien die mens sy wil neergelê het, dan is daar vir die bose broeisel niks meer te doen nie; maar wie sy wil aan die slang onderdanig gemaak het, bly ‘n gevangene van haar, en die einde van sy werksaamhede het gekom.

[HG 1.24.9] Maar wie uit die strikke van die slang, wat nou sterk geword het, gevlug het en op die’ manier die laaste druppel van sy wil gered het en het dit op die aarde voor die aangesig van Jehova neergelê, vir hom sal Hy ‘n nuwe een uit Homself gee, sodat hy dan verder aan as ‘n werktuig van die Here sal handel. En dus is dit ook vir jou die wil van die Here, om verder volgens sy wil te handel; en al sou die nasate van Hanoch vir jou en jou familie op ‘n dag vind, dan sal hulle vir jou en jou familielede nie herken nie, aangesien die liefde van die Here vir julle vir blywend sal swart brand.

[HG 1.24.10] En die naam ‘Cahin’ sal van jou geneem word, en ‘n ander naam sal vir jou gegee word, en dit sal wees ‘Atheope’, wat beteken ‘die willose volgens die wil van God’. En as sodanig verander, moet jy met jou familielede ‘n groot mandjie van bamboes en riete vleg, sewe manslengtes lank, drie manslengtes breed en een manslengte hoog, baie vas, en dit dan met hars en baie pik dig maak. En wanneer jy dit met ywer voltooi het, dan moet jy dit langs die groot water neersit en jy moet vir veertig dae lank vrugte versamel; en wanneer jy dit gedoen het, dan plaas die vrugte in die mandjie en klim uiteindelik almal daarin!

[HG 1.24.12] En in die nabyheid, sal daar oor ‘n groot gebied, klein landjies in die groot water versprei voorkom, en wanneer julle te veel word in een land, dan soek die volgende, en so aan en aan, en maak dus mettertyd volgens die wil van die Here al die klein landjies in die groot water lewendig.

[HG 1.24.16] En toe sê Ahbel: “Nou, broer Atheope, is jy van alle skuld, wat in Hanoch agtergebly het, vry gemaak en doen nou volgens die wil van die Here! Amen.”

[HG 1.25.5] En op die’ manier versadig, leef Atheope nog tot op hierdie uur liggaamlik as die eerste menseseun in die wye aangesig van die aarde, en kan die doen en late van al die mense sien en is dus ‘n ou getuie van al My dade tot op julle.

[HG 1.26.1] En nou gaan ons vir ‘n kort rukkie terug na die tyd van Hanoch, en Ek wil vir julle daar in die verbygaan wys, hoe dit daar net na ‘n tydperk van dertig jaar gelyk het!

[HG 1.26.2] En sien, Hanoch het nou vir hom die allermooiste vrou uitgesoek en daarby nog twee byvroue en het met hulle uitermate ontug gedryf. Daardeur het sy verstand sodanig verdof, dat hy heeltemal van sy hele regering vergeet het; en die min gedagtes, wat hy nog skaars in staat was om te dink, het net om gemaksug, glans, sagte klere en hoerery gedraai.

[HG 1.26.3] Solank as wat sy onderdane net baie en smaaklike geregte van allerlei soorte vrugte gebring het en baie glanstoertjies voor sy woning uitgevoer het en sagte klere, wat van die fynste grassoorte wat aan die voet van die berge gegroei het, gevleg was, vir hom aangedra het, was hy daarmee heeltemal te vrede en het daarby die wette wette en die regering regering laat bly.

[HG 1.26.4] Maar sien, toe het sy onderdane dit agtergekom dat hy laat slap lê het, en het sy blindheid uitgebuit. Toe het ook sy bediendes dit agtergekom, hoe sake staan, en was baie geslepe en slim, soos die slang self, en het dus probeer om hulle heerser op alle moontlike maniere voortdurend aan die slaap te hou en het ook met leuens aan die onderdane, alle moontlike vermaaklikhede toegestaan - so te sê as ‘n toegeeflikheid van die vors -, wanneer hulle met ywer hulle steeds toenemende gawes aan hulle gelewer het.

[HG 1.26.5] En sien, toe die diensknegte nou agtergekom het, dat hulle ongestraf kan doen, wat hulle wil, het hulle begin om te regeer en het vir die onderdane wette gegee: Eerstens, om vir die vors allerlei goddelike verering te betoon, deur menigte offers te bring, en tweedens, om die mooiste dogter van enige onderdaan vir die vors te gee; en die gelukkige gewer sal dan van die lewering van goedere aan die vors vrygestel wees, en sal ‘n vrye eienaar van sy huis word en sal toegang tot die vors se huis verkry en sal daar met die diensknegte geselskap kan voer en sal eenmaal per jaar die vors kan sien en hom vir sodanige groot, uitsonderlike genade kan dank.

[HG 1.26.6] En sien, toe het die slang ‘n ware geniale slag geslaan, soos julle dit sê! Want nou het die ouers begin, om hulle dogters altyd by die huis te hou, en het alle aandag daarop gespandeer, sodat hulle tog net teer en mooi moet word, om moontlik daardeur ook die stand van vryheid te verkry. En sodanige skoonhede het dan ook nie meer vir die gewone mans meer gekyk nie, aangesien hulle gevoel het dat hulle vir die vors bestem was.

[HG 1.26.7] Wat het nou deur hierdie wedersydse bedrieëry gebeur? Niks anders as die aller ergste, wat julle vir julle ooit deur die laagste gedagtes kan voorstel, naamlik: Die diensknegte het uiteindelik die hele regering onder die slim voorwendsel, wat hulle vir die vors Hanoch slinks verduidelik het, oorgeneem, naamlik dat hy nou nie meer ‘n vors is nie, maar ‘n God van die volk is, en dat dit vir die oneindige hoogheid en onuitspreeklike verhewendheid, soos dit sy goddelikheid nou betaam, onwaardig sou wees, om vir die wurms van die aarde wette te gee, en dat hulle, uit onbeperkte eerbied vir sy bo alles verhewe heiligheid, hierdie onwaardige taak sal wil oorneem; en hy niks moet doen, behalwe om bloot net met ‘n wenk óf sy goed- óf sy afkeur te uiter en die skatte, wat hulle in groot hoeveelhede vir hom sal versamel, genadiglik en as ‘n huldeblyk aan te neem.

[HG 1.26.10] En sien, hierdie mooi praatjies van sy diensknegte het sy eieliefde en ydelheid sodanig gestreel, dat hy tot alles onmiddelik en volledig ingewillig het. O die ongelooflike dwaas!

[HG 1.26.11] En sien, nou het die diensknegte bereik, waarna hulle al lankal gestrewe het, naamlik die wetgewing, strafoplegging en sodoende die hele regering, en so het in plek van een vors nou tien vorste ontstaan, wat daar tussen mense, wat hulle broers was, en enige ander diere ook nie die geringste onderskeid gemaak het nie en het vir hulle in redelike en onredelike ongediertes verdeel. En net, wanneer enige sodanig redelike dier tot hulle voordeel ‘n slim-bose plan tot uitvoering gebring het, dan is aan hom die reg toegestaan, dat hy hom ook ‘n mens mag noem.

[HG 1.26.12] En toe hierdie tien vorste gesien het, dat hulle wette blindelings deur die dieremense nagekom word - natuurlik uit te groot vrees vir die oneindige mishandelings -, het elkeen van hulle mettertyd ook tien bediendes uit die vrye burgers van die stad gekies en het vir hulle, saam met hulle vrouens en kinders, tot ‘n tipe adelstand verhef. Maar daarvoor moes natuurlik hulle dogters, indien hulle genoegsaam mooi en prikkelend was, vir hulle as hoere gegee word, waarmee hulle honderde en duisende kinders verwek het, wat dan almal vir die dieremense gegee was om groot te maak; en wanneer hulle volwasse was, dan het die manlikes ook dieremense geword, terwyl die vroulikes, indien hulle deur die slinksheid van die slang meestal baie mooi en prikkelend was, ook weer tot hoere gemaak was en dit al dikwels op die ouderdom van twaalf jaar waardeur hulle dan onvrugbaar geword het. En wanneer hulle dan na ‘n kort rukkie al hulle aantreklikheid verloor het, is hulle na die diere uitgestoot en moes vir hulleself werk en is ‘Huhorä’ genoem, wat volgens julle begrip beteken ‘mense, wat die vee versorg’.

8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 Mobiele weergawe Kommentaar