Help

jakob-lorber.cc

9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 Resultate 240 - 260 van 42354

[HG 1.26.13] En sien, so het hierdie lewenswyse meer as dertig jaar voort geduur. Maar dan, aangesien die mense hulleself op hierdie ontugtige manier tot etlike honderdduisende vermeerder het en oor die lengte en breedte van die land versprei het en dus nie meer beheer kon word nie, is met die inwilliging van Hanoch, die God wat nou heeltemal krag- en dadeloos geword het, en sonder dat hy agterdogtig geword het, nog tien stede gebou en is na die name van die tien vorste vernoem, wat daar geheet het:

[HG 1.26.15] En nou sien, elkeen van hierdie stede was presies volgens die patroon van die stad Hanoch gebou; en so was daar ook in die middel van elke stad ‘n hoë kasteel gebou, net soos die hoë woning van Hanoch, en was deur ‘n wal en ‘n sloot omring. Maar dink net, omdat die mense destyds nog geen werktuie, soos: koevoete, grawe, pikke en hamers gehad het nie, moes hulle hulle hande gebruik en met hulle vingers die aarde soos muise omdolwe!

[HG 1.27.1] Ek wil nie op die mishandelings, wat by die bou van so ‘n stad plaasgevind het ingaan nie, maar Ek wil op die hoofsaak ingaan. - Toe die stede nou voltooi was, het die tien vorste na Hanoch gegaan en gesê: “Hanoch, jy groot, verhewe god van alle mag en krag (NB. ofskoon hy al swakker as ‘n muggie en hoegenaamd geen mag meer besit het nie) en aller grootste meester van alle geregtigheid (NB. wat niks as roof, hoerery, bedrieëry, alle boosheid, gevoelskoud, slangbroeisel, wreedheid, leuens, vleiery en misdadiger van alle soort was nie)! Sien, jou volk het groot geword onder die alwyse leiding van jou onbeperkte, onbegryplike en onverstaanbare geregtigheid (NB. Dit was in der daad vir hom ‘n onbeperkte, en vir hom heel onbegryplike en nog meer ‘n totaal onverstaanbare geregtigheid) en het versprei oor die hele wye land van jou goddelike heerlikheid en kan dus nie meer van hierdie jou hoë woning beheer word nie, en sou ons hulle onder ons oë laat uitgaan, dan sou hulle doen wat hulle wil; ja, hulle kon selfs so ver afdwaal, dat hulle in plek daarvan om vir jou te aanbid, vir wie alleen alle aanbidding betaam, weer sal begin om die ou God van Cahin te roep en te aanbid, en dit is moontlik dat dit die ou God sal byval, om een van hulle aan te hoor en vir hom met ‘n onoorwinbare mag toe te rus, waarvolgens hy dan ‘n groot volk om hom sal versamel, vir ons sal aanval en ons almal sal vernietig. (NB. Sulke bekommernisse betaam natuurlik vir ‘n sodanig magtige god!)

[HG 1.27.2] En ons sou uiteindelik ook nie genoeg regverdige diensknegte hê, wat orals sou heengaan, om die vrugte in ontvangs neem en dit hiernatoe sal bring nie; ten slotte sou hierdie diensknegte vir ons op pad hierheen uitoorlê en sou uiteindelik self alles opeet, wat die aarde in gehoorsaamheid voortgebring het, maar wat net vir jou, o groot god, bedoel is!” (NB. Dus ook die vrees, dat hy sal honger ly, het die groot god begin om te kwel?!)

[HG 1.27.3] En sien, toe het Hanoch baie verleë geword en het nie geweet, wat daar gedoen moet word nie, aangesien hy van al dit, naamlik hoe baie die volk vermeerder het, voorheen niks geweet nie. Maar uiteindelik het hy opgestaan en het met ‘n skreestem vol vrees gesê: “Kan ons dan nie, die wat te veel is, mettertyd doodmaak en vernietig nie en vir hulle op die getal van swakheid en moedeloosheid hou nie?! Wat meen julle, my getrouste diensknegte?” (NB. ‘n Mooi voorstel van goddelike geregtigheid!)

[HG 1.27.4] En sien, toe het die tien gesê: “O mees regverdige god, dink net, wat moontlik en wat onmoontlik is! (NB. Die alwyse, magtigste en mees regverdige god moet hom dus van sy diensknegte laat vertel wat moontlik en onmoontlik is!) Want sien, eerstens sou hulle in groot massas vir jou en ons aanval en almal vernietig, as ons ook net een sou doodslaan, en tweedens moet jy aan die houer bokant die sterre dink, waarvan Cahin dikwels gepraat het, en wanneer ons sal begin om gruweldade te beoefen, wat dan sal gebeur!” (NB. Dus was die groot, magtige god nog steeds bang vir die ou God?!)

[HG 1.27.5] En sien, toe sê Hanoch vir hulle: “Dan luister vir my en verneem my wil, wat daar geweldig is: Elkeen van julle, my tien getrouste diensknegte, moet elkeen een stad in my naam betrek, beheers en regeer en wette volgens die regte insig en erkenning gee en om presies en streng by die noukeurige navolging daarvan te hou! Indien iemand van julle in die regverdige ywerigheid sal laat slap lê, oor hom sal ek vir hom, wat die getrouste en ywerigste onder julle was, aanstel. Aan die aflewering van die vrugte sal ek vir julle herken! Die eerste een, wat daar die gawes as regverdige betaamlikheid vir my heilige majesteit sal bring, sal ook die eerste een wees wat die lof van geregtigheid sal oes, en ek sal die bietjie van hom aanneem asof dit baie is; maar die lateres sal moet baie bring, en ek sal dit aanneem as of dit min is, aangesien ek hulle traagheid daaraan sal meet en vir hulle handelinge ‘n regverdige aanprysing of ‘n regverdige berisping sal laat toekom; maar die laaste een sal aan die eerste een oorhandig word, sodat hy sy ywerigheid en ten opsigte van die streng nakoming van al die regverdige sake, kan verbeter. Want die streng geregtigheid is die enigste fondament van ons ryk, wat ons het en wat totaal ons eie besit is.

[HG 1.27.6] Dit is my regverdige en streng wil, soos ek daar julle god en heerser is, aangesien julle, saam met die vry en diensbare onderdane, geen ander god kan hê nie en ook nie mag hê nie. Daar was op ‘n stadium ‘n ou God, wat ook baie magtig was, vir solank as wat hy regverdig was; maar hy het dan die geregtigheid laat val en het aan die oortreders en die regverdiges vanuit ‘n soort liefde, soortgelyk ons gevoelens teenoor die mooi vrouens, begin om goed te gedoen, maar het daardeur totaal ten gronde gegaan en bestaan nou nie meer nie.

[HG 1.27.7] Dus is ek nou, soos julle my sien, in Sy plek; daarom sal dit ook nie van veel waarde wees, om die ou God om hulp te vra nie, aangesien Hy nêrens en nie meer bestaan nie. Daarom moet julle vir julle ten opsigte van alle aangeleenthede aan my wend, wat nou alle mag en geweld in hom dra! Amen.”

[HG 1.27.9] En sien, dit was vir die tien vorste net die regte water op hulle meule wat nooit sal opdroog nie; want hier het Hanoch hulle mees innerlike wense voorgespring en het vir hulle ‘n streng gebod gegee, wat net reg was vir hulle. Want nou eers was hulle gereed en geregtig om elke net denkbare misdaad te bedryf en die volk en hulle dom god te bedrieg. (15 Mei 1840)

[HG 1.27.12] En toe hulle weer in hulle kamer bymekaar gekom het, het Kad begin, om ‘n toespraak aan almal te rig, en het gesê: “Nou, julle my broers, wat nog vir Cahin as vader het en wat die aartsvader Adam en die aartsmoeder Eva, gesien het, maar wat Hanoch nie ken en nie gesien het nie, en ook nooit vir Adam sal sien nie. Sien, Cahin, ons Vader, was ‘n misdadiger, soos niemand van ons dit ooit was en nooit sal wees nie, en omdat hy hom tot die God van Adam gewend het, het Die’ vir hom gegee, wat hy wou hê.

[HG 1.27.13] Nou, wat het ons meer nodig?! Ons weet en is oog- en oorgetuies van Sy groot dade; sodoende weet ons, waar die groot Maghebber woon! As ons in oorvloed doen, wat Cahin in nood gedoen het, kan ons verseker wees, dat dit binnekort sal wys, wie die eintlike heerser in die land van die laagtes is! Dus moet elkeen van ons ‘n offeraltaar oprig en vir Hom die vrugte van die land offer, en die mag op grond daarvan sal nie onder weë bly nie; en dan sal Hanoch, die dwaas, lank op die majesteitsheffing vir sy opgemaakte heiligheid deur ons, ons wat vir Adam en Eva gesien het, kan wag!”

[HG 1.27.14] En sien, toe Kad sy toespraak voltooi het, het Kahrak opgestaan en het gesê: “Broers, indien dit so is, is ons saak reeds gewen! Sien, wat my betref, stem ek volkome met Kad saam; sou ons dan nie groter dwase as die hele Hanoch wees nie, indien ons, wat magtiger is, vir hom moet voer, net om sy malligheid te bekragtig en vir hom boonop nog te vetmes, sodat hy nog meer wellustig kan word, om met die mooiste vroue van ons te slaap, en wanneer hulle nie meer goed genoeg is nie, vir hulle, soos julle almal weet, as ‘n uitsonderlike genade van hom, aan ons oorhandig?! Dan glo ek, dat ons die mooistes vir onsself hou! Die’ wat minder mooi is, gee ons vir ons bediendes; en die wat oorbly, sal die eiendom van ons onderdane word, en Hanoch kan ‘n bloedlekker van sy eie dogters word en die skande uit sy eie vuis proe en so maer soos die been van ‘n bok word en met die kalwers eet en met die voëls drink! En wat hy met ons vader gedoen het, hoekom kan ons nou nie dieselfde met hom doen nie?! Het hy ook dinge voorbehou, wat vader Cahin vergeet het om te doen en derhalwe moes vlug, aangesien hy tog immers sy vader was, soos hy ook ons vader was! En sien, hy is net ‘n dom broer van ons; wat sal ons dan nou verhinder, om vir hom die vlug van Cahin te ontgeld?! - Sien, dit is my mening, voordelig vir elkeen van ons, aangesien ek van my kant af aan die ou God sal doen, soos Kad dit reg, effektief en wys gesê het!”

[HG 1.27.15] Van almal was daar op die toespraak van Kahrak net ‘n eenstemmige saamstemmery te hoor, waarop Nohad opgestaan en gesê het: “Julle ken my amp en my vak, waarmee ek die wil van Hanoch met alle getrouheid, alle fluksheid en ywer gedien het! En tog vra ek vir julle almal, wat ek oor ‘n lang tyd daardeur gebaat het, dan sal elkeen van julle met sekerheid kan sê: Niks nie en weer niks nie! Dit beteken: Ek het vir die grootste bedrieër gehelp om te bedrieg en was dus self ‘n bedriegte bedrieër; ek moes as gevolg van sy huigelagtige bedrog voor die massas in ontbering lewe, vir my in die openbaar - bloot as gevolg van ‘n onnosele skynheilige mening - as die mees noukeurigste toepasser van die wet elke bietjie vrolike genot ontsê, en pleks daarvan om in die geheim lof en ‘n onsigbare vergoeding vir die openbare onsin te ontvang, het ek deur sy onbegryplike dwaasheid nog die ergste berispings en dreigemente van alle soort ontvang. Julle almal het dit baie makliker gehad en kon volgens julle genot baie dinge doen, wat vir my onmoontlik was, aangesien ek aan die voorpunt van sy wetlike dwaasheid gestaan het en moes doen en elkeen van sy waansinnige en afskuwelike wense in presiese uitvoering bring, om dit dan deur my gedwonge huigelary, wat ek wel goed kon doen - of dan verplig was om goed te kan doen -, ‘n tipe wetlike kleur te gee, waarvoor ek dan vir my as die regmatige bedrieër op grond van die volgeldige bedrog weer moes laat bedrieg, en dit drievoudig: eerstens deur Hanoch ter wille van die wet, tweedens deur myself ter wille van die volk, en derdens deur die volk en julle almal ter wille van Hanoch. Ek glo, dat ek vir julle voldoende rede vir my volle ontevredenheid aan die dag gelê het en het daardeur ook my bedrieglike gedaante voor julle voete geplaas. En nou oordeel self, of ek verkeerd is, wanneer ek uit dankbaarheid vir sulke erkenning die drievoudige bedrog van my neem en dit met alle geweld op Hanoch se kop slinger, aangesien ek vir hom voor die volk sal ontmasker. En dan sal hy kan toesien, waarheen sy godheid sal gaan, en dat hy agter dit soos ‘n hinkende mens agter ‘n takbok kan aanloop. En sodoende wil ek doen, wat Kad besluit het, en wil die raad van Kahrak stiptelik nakom, en my heffings aan hom sal vir sy oë onskadelik wees, en die gedraf van my kamele sal nie sy ore lastig val nie. En as sodanig neem ek besit van die stad met my naam.”

[HG 1.27.17] Daarop het Huid opgestaan en het die stem van sy bors soos ‘n weerlig onder die bose vergadering laat val en het harder as al die ander gepraat, en het gesê: “Luister goed vir my, broers en seuns van Cahin, die banneling, en verstaan elkeen van my woorde van groot betekenis!

[HG 1.27.18] Wie sou al die bloeddruppels kon tel, wat deur my sterk hande na die oordeelspreuk van Nohad, die bedrieër, uit die rûe en lendes van die arm en swak volk, wat net soos Hanoch en ons nasate van Cahin is, gevloei het; nie omdat hulle enige gebod oortree het of omdat hulle lui was of weens enige ander strafbare oorsaak nie, maar bloot, soos julle weet, suiwer vir sy genot en tydverdryf, om nie eers te dink aan al die mishandelinge tydens die bou van al die stede nie, - sodanig, dat dit vir my geheel en al onbegryplik is, hoe daardie arme mense gedurende daardie lang tydperk van marteling nog aan die lewe kon bly. By elke teenvoorstel het hy geweet hoe om vir ons aan die breekbare houer bokant die sterre te herinner en het totaal vergeet van die houer onder die aarde!

[HG 1.27.19] Maar ek vra vir julle almal volgens regverdigheid en billikheid, of dit met die volk onder die puinhope van die houer nie beter sou gaan, as onder die bestendige houe van taai rottings, harde knuppels en vaste houe nie! En sê, wat het hy dan gedoen vir die houer van liefde onder die aarde?! Ek glo, behalwe vir al die bloeddruppels van ons broers sal min daarin teenwoordig wees! En sou ons nie op ‘n slinkse manier die regering oorgeneem het nie, - sou hy as god van alle gruwels nie ook begin het, om die een na die ander te laat doodmaak nie?

[HG 1.27.20] Terwyl ons nog sy bediendes was, moes onsself wreed wees, om elke agterdogtigheid te ontduik. Alleen die stede is nou gebou, die volk is verdeel, die mag is ons s’n, net soos die nuwe erkenning van die ou God en die geprysde offer; wat het ons nog meer nodig? As die volk aan ons gehoorsaam was, toe ons hulle mishandel het, dan sal hulle gewis nie ontrou word, wanneer ons die wonde wil genees deur meer wyse en sagter wette in te stel, as die’ van swart wreedheid nie. Sien, ek is boos genoem; maar ek wil hier ‘n groot vraag stel: wie nou eintlik meer boos is, ek, of Hanoch, of die slang van Cahin! Ek glo Hanoch is ‘n meester van alle boosheid, en die slang moes al sy broeisel in sy hart geplaas het, - andersins sou dit nie moontlik wees, om sulke wreedhede van een broer teenoor sy ander broers deur sy en die broers se broers, uit te dink nie!

[HG 1.27.21] Daarom glo ek, dat in plek van die majesteitsheffing, ons vir hom aan onsself onderdanig en dienspligtig moet maak en laat hom mettertyd deur die volk sy wreedhede meervoudig ontgeld; en so kan hy dan die wetlike tribuut op sy eie rug neem en dit dra, waarheen hy wil.”

[HG 1.27.22] “Regverdig en wys is jou toespraak, broer Huid”, het die aanwesiges gesê, “en met Hanoch sal gebeur soos genoem in jou toespraak, wat ons almal in die middel van die oog getref het, wat daar dikwels sy groot misdade gesien het!”

9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 Mobiele weergawe Kommentaar