Help

jakob-lorber.cc

11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Resultate 280 - 300 van 42354

[HG 1.28.2] Maar wanneer ons hierdie voorbarige begeertes in ons uitroei en ook ware, getroue broers van die volk wil word, sowel ook van Hanoch volgens die maatstaf van regverdigheid en billikheid, sal ons dan nog steeds skurke wees?”

[HG 1.28.4] Die regte rigting daarvan is, om te probeer om God in Sy liefde te wen, en om daarna alle handelinge volgens die herkenning van die allerhoogste wil in ons, te rig, wat in alle nederigheid, deur ‘n gevoel van nietigheid en onbegryplike swakheid, die eieliefde in ons sal onderhou.

[HG 1.28.5] Maar die verkeerde rigting daarvan is die selfsug of die totale blind- en doofheid van die wil in ons, waar alle handelinge daaruit volgens eie behoeftes gerig word, maar ignoreer die behoeftes van die gelyke broers.

[HG 1.28.6] Sien, die valse begeertes word, deur hulle steeds groeiende meerderheid, in ons opgeblaas en onderdruk die nederigheid en produseer deur hulle las die hoogmoedigheid, uit watter posisie die mens hom van sy groot las wil bevry; alleen omdat hy weens sy blindheid niks sien en weens sy doofheid niks hoor, wat hom sou kon help nie, gryp hy met sy valse begeertes na alle denkbare middele, wat hy in sy blinde eieliefde net kan uitdink, en hoop daardeur net nuwe laste op laste, wat met hulle groot oorlas die lewe uit God in ons dood druk en maak van ons diere van die aardmaterie en voedsel van die dood, wat daar orals in die materie tuis is, sowel in die vuur asook in die water, in die lug en in die aarde, wat ‘n moeder van die vlees of die dood is; want waar daar ‘n vlees is, daar is ook die dood. Derhalwe sal ons almal ook in die vlees sterf.

[HG 1.28.8] En sien, toe Molakim weer die woord opgeneem en het gesê: “Broers, julle ken my amp en vak; ek was nie deur Hanoch, en ook nie deur die volk daartoe gemaak nie, maar deur julle almal met die uitsondering van Farak, moes ek vir Hanoch en ook vir die volk lieg; net vir julle alleen moes ek die middelpunt van my wetenskap wys. Maar nou gooi ek links en regs die blindings voor die voete van Farak en sê openlik en getrou: Wanneer ‘n God van die hemel sal kom, sal sy aanwysings nie meer wys wees as die’ van Farak nie!

[HG 1.28.9] Ek erken vrylik, indien hy nie een van ons broers sou wees nie, sou ek voor hom neerval en vir hom aanbid; maar hy is ‘n mens soos ons, - waarvandaan kom dan sy groot wysheid?!

[HG 1.28.10] Sien, ek is blind en doof soos julle; maar ‘n innerlike geruis sê vir my: Sien, God spreek onsigbaar deur die mond van Farak! Na daardie stem moet ons luister, neem dit baie goed in ag neem en handel daarvolgens, as ons wil lewe; andersins sal die trane van ons broers tot ‘n groot vloed versamel en vir ons in ons hoerery, bedrieëry en sondes versmoor.”

[HG 1.28.11] En sien, toe kry ook Uvrahim moed om te praat en sê: “Amen, - Dank aan die ou God, dat hy genadiglik die mond van Farak, ons broer, oopgemaak het, waarsonder ons almal ten gronde sou gegaan het, aangesien ons almal al diep gevange was in ons dodelike begeertes en wou die een ‘n verraaier wees aan die ander een, sodat die dood oor ons almal, so of so, as die regverdige oordeel uit die hoogte van die heiligheid of uit die diepte van die toorn van die ou God, sou kom.

[HG 1.28.12] Ek was ‘n goeie vleier en het daardeur meer boosheid bewerkstellig as julle en Hanoch met al sy geweld; want as dit nie vir my sou wees nie, sou hy al lankal sy goddelikheid laat vaar het, wat eintlik ek op aandrang van Uvrak en met die hulp van Nohad en Thahirak aan om vleiend opgedra het, nadat hy dikwels van te vore in die geheim aan my laat blyk het, dat hierdie goddelikheid vir hom innerlik baie vrees veroorsaak het en, wanneer hy alleen is, dit vir hom in die dag en in die nag nie tot rus kan laat kom nie, en dat hy al baie keer hierdie ongelukkige idee van Uvrak verwens het, wat hy nou ter wille van die volk nie meer van ontslae kan raak nie, - en tog brand dit vir hom in sy bors meer as alle vuur.

[HG 1.28.13] En nou kyk, hiermee lê ek al my vleiery af met die oortuiging, dat die wysheid van Farak mettertyd ook maklik hierdie groot wond van ons broer sal genees, soos wat dit hopelik vir ons almal die oë oop gemaak het, sodat ons die afgrond kan sien, op wie se los randjie al nege van ons gemaklik gestaan het, en nie van die groot gevaar geweet het nie, om die lewe en sodoende ook alles, wat enigsins daardeur enige waarde het, te verloor.

[HG 1.28.14] En sien, gewaardeerde broer Farak, wees vir my en ons almal ‘n getroue rigtingaanwyser na die lig uit die hoogtes van die ware God, wat vir ons vreemd geword het nes ons aartsvader Adam, en lei ons almal volgens die aan jou wel bekende wil van die alleen ware God, en so ook al die volk as ons arm, onskuldige broers, aan wie se mishandelings net ons alleen, deur ons grenslose boosheid, die skuld dra; en wat jy, o broer, op grond van die net aan jou bekende wil van bo, as goed bevind, dit sal ons met verenigde kragte en die genade van bo graag en met aanhoudende bereidwilligheid in presiese uitvoering bring.

[HG 1.28.15] Daarom lê ek ook hier my vorstenskap aan die voete van die vriend van God, die ware een, neer en sal vir my gelukkig ag, om voor die enigste een in hierdie land ‘n getroue dienskneg genoem mag word, wie daar uit so baie duisende voor God, die alleen ware en enigste Een, waar daar nie een is, wat dieselfde is soos Hy is nie, genade gevind het.

[HG 1.28.16] Daarom verneem almal my wel deurdagte wil: Die stad van Farak sal vir ons almal ‘n heilige stad wees. Daar sal ons altyd vir ons wyse raad kan gaan haal, om daarvolgens wys te kan handel. Maar hyself sal vir ons ‘n vors en leier volgens die wysheid van God in hom wees en sal die enigste middelpunt tussen ons, Hanoch en al die volk wees, sodat ons kan waardig sal word, nie om vorste te word, waaraan niks geleë is nie, maar waar ons nou die wysheid van God gesien het, om maar net as gewillige, getroue knegte beskou te word, wat daar vreugde sal hê aan die welsyn van die volkere en aan die wysheid van God in ons broer Farak en aan die volle genesing van Hanoch en sodoende ook al die vry en dienende volk.

[HG 1.28.17] Amen, sê ek in almal se naam; en jy, o broer Farak, kyk vir my in jou wysheid, en wees vir ons almal ‘n broer, ‘n vors, ‘n leier, ‘n raadgewer en ‘n wyse vriend! Amen.”

[HG 1.28.18] En sien, die toespraak van Uvrahim het nuwe lewe aan Thahirak en ook aan die ander, wat voor Farak geveinste woorde vol van selfsugtigheid gepraat het, gegee; en so het ook hy weer begin om te praat as iemand, wat ‘n draer en ware spaarbussie van alle euwels is, en ook as iemand, wat vir hom goddelike regte en dinge toegeeien het - soos om God vir alle ewigheid te wees, God se onaantasbare heiligheid, Sy geregtigheid, Sy Liefde, Sy almagtigheid, ja ten slotte selfs die hele skepping, asof hy dit met een vinger sou kon vernietig, omdat hy, soos hy dit al dikwels gesê het, agter die planne van die ou God gekom het en hy selfs met My kragte wou meet en openlik ‘n vete teen my almag verklaar het -; maar aangesien Ek uit liefde nie die groot swaard van My grimmigheid teen ‘n elendige wurm van die stof wou trek nie - soos die oneindigheid teen ‘n niks, wat weens sy onuitspreeklike kleinheid teenoor My ewige Grootheid en oneindige mag skaars gesien kan word - het hy vir almal vertel: My swakheid is bang vir sy krag.

[HG 1.28.21] Want kyk net na die wortel van julle priesterskap! Wanneer hy praat, die wêreld se heilige op die troon, dan moet Ek in alle erns swyg en vir My bewaar, om met enige iemand te praat; sou hy dit uitvind, dan sou My spreker nie meer van sy liggaamlike lewe seker wees nie.

[HG 1.28.23] En sien, hierdie Thahirak het nou, soos ‘n weerlig, begin om ‘n bondige maar geweldige afsluitingstoespraak aan die vergadering te rig, deur te sê: “Broers, wat wys en met krag voor my gepraat het, dat ek tot in die binnenste fondamente van al my boosheid geskud was en het my nietigheid en my onbeperkte swakheid gesien en het al my groot onreg in al my dade en optredes verneem, - ek het dit nie eers nodig, om voor jou wysheid, broer Farak, al my skandalighede op te noem nie, aangesien selfs vir die wat geen wysheid het nie, my amp en vak ten opsigte van alle berugte misdade voldoende bekend is.

[HG 1.28.24] Sien, ek is te sleg vir julle vergadering, om enige woorde as verskoning te praat, maar net dit wil ek sê, dat ek ‘n hoeksteen van alle euwel onder julle en die volk en Hanoch is; daarom maak ek op niks aanspraak nie, nie op enige vorstenskap nie, en nog minder op enige dienaarskap nie, maar met my moet gebeur soos met vader Cahin. En sodoende sal die hoeksteen van alle boosheid uit die los gebou van sonde uitgebreek word, sodat dit dan inmekaar val en ‘n beter gebou van die regverdige wysheid van Farak uit God, die ware en magtige, op sy afskuwelikste plek vir alle tye blywend opgerig kan word.

[HG 1.28.27] En indien julle dit wil toelaat dat ek my vrou en kinders op my vlug agter Cahin aan, mag saamneem, dan sal dit net by julle barmhartigheid berus. En sodoende gebeur dan met my volgens die wil van Farak, amen.”

[HG 1.29.1] En sien, toe het Farak nog ‘n keer opgestaan en gesê: “Sien, broer Thahirak, God en al sy vrye geeste, kan dit wat gebeur het in alle ewighede der ewighede nie meer ongedaan maak nie; des te minder kan ons swak mense dit doen! Dink self, as daar net enigsins ‘n vonkie goddelike wysheid in die mens is, sou hy dan nie oordeel en praat soos volg nie:

11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 Mobiele weergawe Kommentaar