Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 40 - 60 van 42354

[HG 1.5.22] En sien die Liefde was ontroer tot in sy binnenste, en die eerste traan het uit die oog van die ewige Liefde gevloei, en hierdie traan het uit die hart van die Godheid gevloei en het geheet en heet en sal vir ewig heet, barmhartigheid.

[HG 1.5.24] En sien, die Gees van God in Sy krag, het saggies oor die waters van barmhartigheid gewaai, en die waters was verdeel. En God het uit Sy Liefde gepraat, en Sy Liefde was die woord, en die woord het na die dieptes van die dieptes gedaal en het oor die waters gesweef, en die waters was geskei soos doudruppels en was verdeel in groot en klein, volgens die getal van die verlorenes, wat in alle ruimtes van die oneindigheid, nie ‘n einde het nie.

[HG 1.5.25] En sien, die laaste druppel, wat oorgebly het, was die binnenste van die waters en was die binnenste van die barmhartigheid; en dit was nie verdeel nie, maar het gebly, waar dit oorgebly het, en was bestem as die middelpunt van die toneel, vir die grootste daad van die ewige Liefde.

[HG 1.5.27] En nou sien en lig jou oë na bo, en jy sal die wonders van die ewige Liefde begryp! Jy sien ten alle tye die glans van die son, die lig van die maan en die glinstering en flikkering van die sterre in hul veelvoudige posisies, wat julle sterrebeelde noem; jy sien ook die mees verskillende vorms in al drie ryke van die natuurlike aarde; alleen tot nou toe, het nog niemand behoorlik begryp, wat en waarvandaan die glans van die son kom nie, en hoe dit aan haar toegedeel word, en wat die lig van die maan, en die glinstering van die sterre en hulle geflikker en hulle veelvoudige konfigurasies, en al die voorkomste op aarde, behels nie.

[HG 1.5.29] Nou sien: Terwyl al die sonne met die aardes deur die mag van die barmhartige Liefde van die ewige en oneindige God geword het, het hulle nog nie ‘n glans gehad nie, geen lig, geen glinstering en geen geflikker nie, want dit was nog groot nag op die sonne en aardes en mane wat in wording was; maar in die sentrum van die sonne het die ewige Liefde ‘n klein vonkie van Sy genade geplaas en hierdie vonk het vinniger as ‘n weerligstraal die donker massas verhelder, en sien, hulle het vir die aardes met ‘n groot glans lig gegee, soos hulle vandag nog lig en voortaan sal lig vir solank die genadevonk nie van hulle geneem sal word nie.

[HG 1.5.30] En sien, toe het ook die aardes en mane ‘n glans gekry en is aan die sonne in regverdige hoeveelhede toegedeel, en die Liefde het, deur die krag en mag van die Godheid, Sy asem oor hulle geblaas en sien, die lig op die sonne het begin bewe, die mere van die aardes het in vloede gegolf en gekolk en die lug en winde het oor die aardes geswem en gewaai nes die Gees van God oor die waters van die barmhartigheid! En die mane het magtig bo die aardes uitgestyg, wat vir hulle gegee was soos die vrug vir ‘n boom, en het begin, om in wye bane om die aardes as voortdurende begeleiers van hulle ontstaan, te wentel; en waar daar baie was, is hulle in vaste kringe as teken van die Liefde vir die kinders, wat aanhoudend die aangesig van hulle Vader moet aanskou, net soos die mane vir die aardes, verenig, sodat hulle as gevolg van hulle los samestelling nie uit hulle bane geruk en vernietig moet word nie.

[HG 1.5.31] Want sien, die mane is nie vas nie, maar baie los en is soos skuim van die see, wanneer dit meer vas en gekonsolideer raak, en is kaal en sonder water; en die lug van die aarde is daar soos die water van die aarde (beteken waarskynlik: ... en die water van die maan is soos die lug van die aarde...(opmerking deur die vertaler)) en die lug soos die eter tussen sonne en aardes. En hulle (die mane) is bestem, om die wêreldsugtiges op te neem, en om te dra die geeste van die materie, en om hulle bestendigheid te toets en om hulle vir die ontvangs van genade ryp te maak.

[HG 1.5.33] Maar dit onthou baie spesifiek: In die middel van die son rus die genadevonk en gee deur die toornvuur van die Godheid die lig vir die wêrelde. Maar in die middel van die aarde, is daar ‘n toornvonk van die grimmigheid van God soos ‘n vuurdraak en hou die bose bendes soos klippe gevange, wat eers deur die waters van die barmhartigheid sag moet word, indien een weer vir ‘n tweede toets van vryheid en ‘n ewige lewe ontbind moet word. En nou begryp die geheim van jou wese en verstom jou oor die groot Liefde van die ewige mag, hoe dikwels Sy al vir jou van nuuts af laat gebore het, om jou, wat verlore was, vir die ewige lewe, vir die vryheid, vir die wet, vir die liefde en die lig en vir die aanskouing van Haar aangesig weer terug te wen; en sien, dit alles wil Ek vir jou en daardeur ook vir baie ander bekend maak en gee om te erken, sodat julle tog uiteindelik sal wil insien, hoe buitengewoon goed die Liefde moet wees, aangesien Sy onverpoos so baie dinge, so groot dinge, en so wonderbaarlike dinge vir julle ongehoorsames doen en duld!

[HG 1.5.34] Sien, so is die beweging van die aardes rondom hulle sonne en om hulle eie middel deur die trek van die asem van barmhartigheid van die Liefde, as teken gegee, sodat die kinders al hulle bedrywighede volgens die beweging van die aardes om die sonne en die mane om die aardes moet orden, en die swakkes moet soos die mane wees, en die sterkes moet soos die aarde wees, en die wedergeborenes moet soos die son wees. En die swakkes moet die krag van die Liefde, wat vir hulle nooit sal laat val nie, aanskou, deur hulle blik, soos die mane, onophoudelik op die aangesig van die Liefde te rig en dit sodoende na alle kante in kleiner sirkels te omwentel, maar tog deur die krag daarvan, ook in die groot sirkels saamgetrek word; en die sterkes moet soos die aarde wees, deur selfstandig te draai en altyd gereed te wees, om die lig en warmte uit die genade van die Liefde te kan ontvang, en deur die’ krag, dit wat in haar is, te belig en verwarmend lewendig te maak, sodat sy vrugte van alle soorte uit die werke van die Liefde kan voortbring, waarmee die swakkes versadig mag word en die ingeborenes verkwik mag word, en die nuutgeborenes verlustig mag word; en die nuutgeborenes uit die waters van die barmhartige Liefde, in wie die genade vervolmaak is, moet soos die son wees, en hulle lig moet orals skyn, en hulle warmte moet die swakkes lewendig maak en moet die sterkes as voeding vir die swakkes bevrug, sodat daar ‘n gemeenskap sal heers onder die kinders van een en dieselfde Vader.

[HG 1.5.35] En sien, nog dieper moet jy kyk, hoe en waarom Ek alles so uitgewerk het! Sien, die maan het vlekke en baie plekke waar dit donker is, en die aarde het koue maar vaste pole, en het hoë berge en het laagliggende valleie, en het fonteine, spruite, riviere, strome, mere en klein en groot seë; en die son het vlekke, groottes en kleintjies. Nou sien, dit alles is werke van die Liefde en genade, of die ooreenstemmende warmte en die lig, wat alles die ewige Liefde en die mag van die Godheid deur Haar is. Daaruit kan jy sien hoe die swakkes en die maan gelyk aanmekaar is, en sy wese sal vir jou oopgesluit word; kyk na die sterkes in alles wat hulle doen, en voor jou oë word die aarde onthul; en van een pool tot die ander pool moet die starre rus van die gees in die Liefde vir die Liefde daar wees, sodat alles, wat om die gees is, in ‘n vaste orde kan beweeg en daardeur vir die gemeenskaplike doel van ewige bestaan, werksaam kan wees. Want sien, alles hang van die rus af; daarsonder kan niks bereik word nie, en wie nie soos die pole van die aarde is, deurdring nie sy binnenste, soos ‘n lyn tussen die pole deur die sentrum van die aarde, nie. En julle Liefde moet so koud soos die ys van die pole wees, sodat julle geskik is, om al die warmte van die goddelike Liefde in julle te kan opneem. Want sien, dit wat warm is, is nie geskik om warmte op te neem nie; maar wat in sy rus koud is, dit is geskik, om die warmte ten volle op te neem en in alle dele van die lewe te laat stroom. Want sien, wie die warmte, wat die Liefde van God is, opneem, en dit by homself vashou en dit nie verder laat stroom nie, is suinig en sal homself oplos en vernietig, soos ys by die vuur; maar wie dit soos die pole ontvang en gee dit onmiddelik weer aan almal, wat om hom is hetsy naby of ver, by hom is die goddelike Liefde op die regte plek en voldoen geheel aan die wil van die groot en heilige Gewer.

[HG 1.5.36] Daardie Liefde sal baie vrugte bring en sal opswaai na die lig van genade en sal, nes die pole, met volle aangesig die onmeetbare dieptes van die Godheid, wat in die oneindige ruimte van die skepping deur die Liefde na God opkyk, aanskou, en met wye oë die sagte strale van alle onmeetbare ruimtes opsuig, waarin daar ontelbare wesens van die barmhartigheid kring, elkeen volgens sy eie geaardheid, en daardeur oor verwondering en vreugde in hulle liefde tot die Liefde en vir die Liefde ontsteek en nes ‘n son self liggewend word soos die lig van die pole van die aarde.

[HG 1.5.38] Nou, daar het julle die sleutel, om die aarde wat julle dra, oop te maak en te aanskou.

[HG 1.6.1] Nou lig jou oë van die aarde af op na die son, wat ‘n getroue afbeeld van die wedergeborene is! Kyk mooi, en jy sal gewaar, dat daar soms vlekke op sy gordel voorkom. Sien, volgens die natuur, soos julle sê, is dit uitbarstings van binne af, nes die vulkane op aarde en is ooreenkomstig uitbarstings van die grimmigheid van die Godheid en klein spore van Sy alles vernietigende mag, wat in die natuur op die aardes altyd deur groot of klein donderstorms, afhangende van die grootte van die vlekke, gedeeltelik tot uiting kom; tog word die Liefde dan altyd al hoe meer aktief en versag alles weer met water van barmhartigheid en op die son met groot stormvloede uit die oewerlose meer van haar barmhartige genade. En sien, so word alles weer in die grootste orde gebring, en buite hierdie orde, waarin Ek, die ewige Liefde, van ewigheid der ewighede Self is, en waaruit en waarin alles, wat bestaan, gemaak is, kan niks bestaan nóg ontstaan nie; en wie met sy vryheid uit hierdie orde wil tree, die handel teen die Liefde en teen die lewe en sal ten gronde gaan vir ewig.

[HG 1.6.2] Jy het nou die son gesien en dit begryp volgens die natuur, wat eenvoudig is en moet wees, sodat dit kan bestaan vir die doel, waarvoor dit daar is en uit die orde van die Liefde moet wees.

[HG 1.6.7] Daarom moet julle julle nie bekommer nie, maar al julle begeertes en die sorge wat daaruit onstaan, moet julle op My rig en aan My oordra, sodat julle kan rus kry en Ek bestendig in julle kan vloei.

[HG 1.6.8] En sien, soos die aarde uit My orde reëlmatig rondom die rus van die pole draai, wat deur die mag van My Liefde bewerkstellig word, sodat geen kant onbelig sal bly nie, so ook moet julle handelinge uit My Liefde voortgaan, wat oorspronklik en later volgens julle vaardighede deur die gegewe woord van die ewige Liefde in die wet van genade en barmhartigheid, in julle is; en soos die nag die aarde verkwik, sal die Liefde vir julle verkwik, en soos die dag van die aarde sal julle verhelder word deur die lig uit die son van genade.

[HG 1.6.9] Julle moet soos die winter wees, wat koud is in die rus, maar daarom ook die meeste geskik is vir die opname van warmte tot in die diepste dieptes van die aarde. En by wie die winter aangebreek het, by hom sal ook die lente aanbreek, soos dit is met die eerste lewe van die Liefde in julle, en sal die somer in sy volste daadkragtigheid uit die lewe van die Liefde aanbreek, wat in julle sterk geword het deur die genade, en sal die rustige herfs met die vrugte van werke uit die Liefde en genade aanbreek, waarin julle dan as heel nuutgeborenes in die lewe van die son sal ingaan, om die aangesig van julle heilige Vader te aanskou en om soos die son vir alle wêreld deur die groot krag van die genade, die liefde en die barmhartigheid van die oorgoeie, heilige Vader, te skyn.

[HG 1.6.10] Maar wie nie soos die maan word nie en nie soos die aarde word nie, kan ook nie soos die son word nie, - want hy is nes ‘n komeet, wat geen vastigheid het nie, ook nie in die minste nie, en al sy wese is uit die genadeuitvloeisels van die sonne gesteel, en sy baan is deurmekaar soos die weë van diewe en rowers, en hy word deur die vrees vir lig van een wêrelddiepte tot die volgende gedryf en sal tot in ewigheid nooit meer rus vind nie; en die lig sal vir hom op al sy paaie vervolg en sy nietigheid verlig.

[HG 1.6.12] Nou sien, hier het jy die sonne, aardes, mane, komete en die verskietende sterre volgens hul wese en volgens hul betekenis en so ook alles en elke enkele deel van die grootste tot die kleinste, voor jou onthul!

[HG 1.6.13] Die gees van die liefde en genade is in julle en is in alle wysheid. Wie hom hoor, die sal alles in die diepte van die dieptes verstaan; en hy sal die dooies verstaan, en hulle sal vir hom antwoord, en hy sal deur die lewendiges sien, en hulle liefde sal hom verkwik en hulle lig vir hom skyn; en hy sal sy oor op die aarde lê, en die gras sal vir hom die geheime van die liefde vertel, en die aarde sal sy dieptes aan hom onthul, en die berge sal vir sy stem luister, en die toon van sy spraak sal die murg van die aarde deurdring; en wanneer hy vir die see sal kyk, dan sal die strale van sy oë alle druppels daarvan verhelder en elke sandkorreltjie deurdring; en die geeste, wat nog as geoordeel daarin wag, sal na die lig van sy oë stroom, nes die visse en wurms van die see en die waters, wat tydens die nag na die lig van ‘n fakkel wat daaroor gehou word, sal stroom, en sal vir hulle vir die verlossing uit die kerker van die ewige nag laat vang en sal die liefde herken en sal hulle dors uit die waters van barmhartigheid les en hulle sal opgroei tot swakheid, tot ondersteuning en tot krag uit die liefde van die Vader en die woord, wat daar die liefde in die Vader is, en die Gees, wat die krag is in beide.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar