Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 60 - 80 van 42354

[HG 1.7.1] Nou sien, Ek wil vir julle die organiese skepping van die eerste tot die laaste en van die kleinste tot die grootste wys, soos wat Ek dit uit My liefde en uit My wysheid en uit die ewige orde van beide, wat daar is die woord van die ewige mag en krag in die diepte van die Godheid, gemaak het. En sien, in alle ruimtes van die oneindigheid is daar niks, hetsy wat groot is of wat klein is, wat nie deur dieselfde gemaak is nie!

[HG 1.7.2] En sien en luister: So was daar nou die aarde, en was daar die maan, en was daar die son, en was daar die sterre; maar die aarde was nog kaal, en die oppervlakte was nes die oppervlakte van die see. En oor die waters het digte wolke gelê en het diep tot die dooie ruimtes van die wêrelde gestrek, en die lig van die son kon nie die druppel van barmhartigheid verhelder nie. En die maan was deur die dynserigheid van die druppel bedek, en in hierdie dynserigheid was eers ten volle die aarde gebore en was die maan gevoed. En die son het oor beide, met die strale van lig uit die warmte van die liefde in God, gelê, soos ‘n hen oor haar kuikens, en het die aarde ryp gemaak en is die maan van die bors van sy moeder geskei.

[HG 1.7.3] Toe die groot wolkmassas gebreek en tot rus op die pole gedaal het, en die gordel van die aarde vry was, en die son haarself in die waters gesien het, en die aarde die lig wat sy dankbaar ontvang het, na die wye skoot van die son terug gestraal het, het sy met wye oop oë die maan aanskou, wat in die uitgaande strale van genade van die ewige liefde uit die son, gebad het.

[HG 1.7.6] En sien, toe het uit die vaste aarde, kruie, plante, struike en bome van alle soorte, en die mere, seë, strome, riviere, spruite en fonteine was vol van wurms, visse en diere van alle soort; en die lug het met voëls van alle soorte lewendig geword. En die getal van elke soort, sowel in die waters as ook op die vaste land en in die lug, was gelyk aan die getal van die mens, wat uit hierdie getal gemaak is, en was gelyk aan die getal van genade van die Liefde en was gelyk aan die getal van die toekomstige verlossing en die daaruit voortspruitende ontstaan van die wedergeboorte.

[HG 1.7.7] En nou sien en begryp, wat tot nou toe nog van niemand gesien en begryp is nie: Die ewige Liefde het die’ getal uit Haarself geneem, en die getal was die orde en die ewige wet in Haar, waaruit en waarin Syself vir ewig bestaan het, nog bestaan en in alle mag en krag van die heiligheid van God, sal bestaan. En Sy het klei, nes die vaste gedeelte van melk wat dik geword het, geneem, en het met die hand van Haar mag en met die hand van die getal van Haar orde, die eerste mens gevorm, en het vir hom deur die neusgate die lewendige asem ingeblaas. En die asem het in hom tot ‘n lewendige siel geword, en die siel het die mens in geheel vervul, wat nou volgens die getal van die orde gemaak was, waaruit die geeste gemaak was en waaruit die wêrelde in die ruimtes en die aardes en alles, wat daarop voorkom, en die maan en die son, gemaak was.

[HG 1.7.8] En nou sien, hierdie eerste mens op aarde, wat voortgegaan het uit die hande van mag en krag van die ewige Liefde, is uit die mond van die barmhartige genade ‘Adam’ of ‘Seun van barmhartigheid en genade’ genoem.

[HG 1.7.10] En sien, toe het die ewige Liefde onsigbaar, sy nog blinde oë van die siel, aangewaai, en hy het vir die eerste keer in die lieftalligheid van die barmhartige Liefde aan die slaap geraak. En die lieftalligheid van die barmhartige Liefde het in die hart van Adam nes ‘n soet droom, ‘n figuur gevorm, wat gelyk aan hom was en van groot lieftalligheid en net so groot skoonheid was.

[HG 1.7.11] En die ewige Liefde het gesien, dat Adam deur die innerlike aanskouing van sy tweede ek, ‘n groot vreugde in hom gevind het. Toe het die barmhartige Liefde aan sy sy geraak, naamlik daar, waar aan hom ‘n hart gegee was, nes die hart van die Godheid, ter opname van die liefde en die lewe uit die Liefde in God, en het daardeur die eieliefde van hom geneem, om vir Haarself deur die toekomstige wet van die barmhartige genade ‘n woonplek te berei, en het die eieliefde, aan wie hy ‘n groot welgevalle in hom gevind het, buite sy liggaamlike liggaam geplaas, en het vir haar ‘Caiva’ genoem of, soos julle al gewoond is om te sê, ‘Eva’, wat daar beteken die voorbereidende verlossing van selfsugtigheid en die daaruit voortspruitende wedergeboorte.

[HG 1.7.12] En sien, toe het die barmhartige Liefde hom aangeraak en wakker gemaak ter aanskouing van sy eieliefde buite hom en het gesien, dat hy groot welgevalle by die aanskouing van sy liefde buite hom gehad het en uitermate vrolik was; en die liefde buite hom, wat toe nou Eva heet, was vol bewondering vir die mens Adam en het haar tot hom geneig en elkeen van sy bewegings gevolg.

[HG 1.7.15] En sien, die barmhartige Liefde het ‘n groot welgevalle aan die werke van Haar mag en krag deur die genade van barmhartigheid gehad en het verder gepraat het hulle in alles onderrig en het hulle geleer om al die dinge te verstaan, te benoem en te gebruik. En toe hulle alles verstaan, geken en kon gebruik het, toe sê die barmhartige Liefde weer vir hulle: “Nou sien, julle het nou alles geleer, julle ken alles en kan nou gebruik maak van alles behalwe vir een, en die’ laaste ding wil Ek nou vir julle leer en die krag in julle lê, ter voortsetting en voortplanting van julleself; maar julle mag eers daarvan gebruik maak, wanneer Ek weer sal terugkom, en vir julle met die kleed van gehoorsaamheid van nederigheid, getrouheid, en regverdige onskuld, geklee sal vind. Maar weë, wanneer Ek vir julle naak sal vind; Ek sal julle verstoot, en die ewige dood sal die gevolg wees!”

[HG 1.8.1] En sien, toe het die ewige Liefde Haar aangesig verberg, en het volgens die getal van orde vir ‘n bepaalde tyd weggegaan en was uit die diepte van barmhartigheid blind en wou en kon nie weet, wat die nuwe skepsels in die oordeel van die Godheid deur die Liefde van barmhartigheid vir die proef van hulle vryheid gedurende die kort tyd op aarde, sou doen nie. En die plek, wat aan hulle as woning op die vaste land gegee was, was ‘n vallei en was ‘n tuin en was die Paradys genoem; en dit was die land, wat later van melk en heuning oorgeloop het, en was tydens die groot tyd van tye die plek van die grootste daad van die ewige Liefde en het Bethlehem geheet en sal vir ewig so heet, en was die punt, waar die ewige woord, vir die eerste keer in die vlees, liggaamlik die lig van Sy genade, die druppel van barmhartigheid wat deur die wye son, die maan en al die sterre, uitgestraal word, aanskou het.

[HG 1.8.5] “Eva, Eva, wat doen jy? Sien, ons is nog nie deur die Here van mag en krag en die lewe geseën nie! Sien, jy hou die vrug van die dood in jou hand; gooi dit weg van jou, sodat ons nie in naaktheid voor die Here van geregtigheid moet sterf nie!”

[HG 1.8.6] En sien, toe skrik Eva in haar begeerte vir die erns van Adam en laat die vrug van die dood op die aarde val. En haar begeerte het haar verlaat, en sy was vry van haar begeerte, en Adam het ‘n groot welgevalle aan die bevryding van Eva, uit die strik van haar dodelike begeerte, gevind.

[HG 1.8.10] “Eva, sien, jou dogter wat deur jou verstoot is, omstrengel die boom van jou lus! Moet nie die geringe gawe, wat ek in jou skoot gelê het, versmaai nie, maar geniet onbesorg die vrug van jou liefde; jy sal nie net nie sterf nie, maar sal versadig raak met die erkentenisse van die lewe en oor God, vir wie jy vrees, waar Hy tog swakker is as jy!” En sien, toe verdeel die tong van slang en het twee skerp pyle geword, en die slang het haar kop na die bors van Eva afgebuig, asof sy dit volgens kinderlike geaardheid wou soen; maar sy het nou die twee gifpyle in die borste van Eva gesteek, en Eva het haar eie figuur in die slang herken.

[HG 1.9.2] En die trane van Adam - was in die skoot van die aarde bewaar - en was genoem en word genoem ‘Thummim’ of stene, waaruit die lig van die sewe Geeste van God figuurlik straal, en het deur die lig van genade uit die warmte van die Liefde geset, nes sy regverdige berou as blywende teken van die toekomstige wedergeboorte, soos dit volgens hierdie trane van Adam moet wees, geskik vir die opname en gedeelde mooiste weerkaatsing van die groot lig uit die genademeer van barmhartigheid van die ewige Liefde en moet die volle hardheid van versoekinge van die wêreld kan weerstaan.

[HG 1.9.3] En die trane van Eva wat treur, is in die aarde agter die doringbos bewaar en is gekleur volgens die blos van haar regverdige skaamte deur die misbruik van die heilige Liefde van Adam in haar, gekleur.

[HG 1.9.4] En die ewige Liefde het gesien, dat elke traan van Eva voor Adam, die seun van die barmhartige Liefde, geregverdig was; en die warmte van die ewige Liefde het die trane tot stene geset, en die naam was ‘Urim’, as ‘n sinnebeeldige teken van die regverdige treur van Eva. En sien, ‘n traan het op die doringbos wat haar afgeskerm het, geval, en sien, die’ traan was ‘n gevolg van die verlore onskuld en het die andersins wit blommetjie van die struik gekleur; en die blomme was rooi gekleur as teken van die verlore onskuld van Eva. En nou sien, soos die mense nou al die gewasse van die aarde ken, - maar die ware betekenis in gees en waarheid ken hulle nie, en sal dit ook tot die wedergeboorte nie ken en begryp nie, wanneer hulle die barmhartigheid van die ewige Liefde deur die genade van verlossing in hulle, hulle eie gemaak het.

[HG 1.9.5] En nou sien nog ‘n geheim, wat as gevolg van die sondige hoogmoed van die kinders van die wêreld, begryp moet word! En sien, twee blomme van die struik was deur die onskuldig geregverdigde traan van Eva bevrug, en het die seën van die ewige Liefde deur die stormagtige tye gedurende die groot oorloë van Jehova met die volkere van die aarde, getrou bewaar, en het tydens die loslating van die genade van bo die vrou van Abraham lewendig gemaak, as voorbeeld van die groot werke van die barmhartige Liefde, en het die vrou van Zacharias lewendig gemaak as die werklike voltooiing van die grootste van alle dade van die barmhartige Liefde van die ewige God.

[HG 1.9.7] En sien, hulle het nie die moed gehad, om die aangesig van hulle Vader te aanskou nie; want hulle was deur ‘n groot donderslag van die dodelike oordeel uit die diepte van die grimmigheid van die Godheid, verskrik.

[HG 1.9.12] En sien en hoor met oop oë en oop ore, wat die toorngrimmigheid van die Godheid gesê het; maar hierdie taal het niemand, behalwe die ewige Liefde, verstaan nie, wat tydens die uitbreek van die toorngrimmigheid van die Godheid, die berouende pas geskape paartjie op die huilende aarde beskerm het en het die groot toornvlamme van grimmigheid afgeweer, om die plek van berou van Adam en die plek van treur van Eva, deur die groot mag en krag van barmhartigheid op te raap.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar