Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 80 - 100 van 42354

[HG 1.9.14] “Watter nut het die geween en gewoed op aarde vir My, wat die gehuil van die mane, wat die weeklaag van sonne, en die jammerlike geskree van die sterre?! Want Ek is alleen, verlate deur My Liefde, wat teenoor My ontrou geword het en het van My af weggegaan na die aarde, die tweevoudige uitwerpsel van boosheid! Wat sal Ek doen sonder Haar? Daarom wil Ek al Haar werke van die fondamente af vernietig, sodat daar niks is, wat My Liefde vir alle toekomstige ewighede der ewighede van My af sal kan wegtrek en verwyder nie! En Ek sal God bly, die Allenige, in alle ewighede van ewighede, soos wat Ek was vanaf ewighede der ewighede; en jy, bouvallige gebou van die skepping van My Liefde wat swak geword het, stort in klein puinstukkies inmekaar, in niks, sodat Ek My Liefde weer kan terug vind en vir Haar weer deur die mag en krag van My ewige heiligheid kan versterk. Amen!”

[HG 1.9.16] En die nuwe skepsels het van angs gebewe tydens die vreeslike aanskouing van hierdie groot, vernietigende verskriklike skouspel, waarvan die omvang nooit deur ‘n geskape gees in sy volheid verstaan sal word nie; want dit was oneindig.

[HG 1.9.17] En nou sien en luister verder, wat die barmhartige Liefde toe gesê en gedoen het! Verneem die woorde van die Liefde in Haar mag, en aanskou die groot dade van barmhartigheid in Haar krag, en hoor en verstaan die woorde, wat daar lui:

[HG 1.9.19] En nou sien en luister en verstaan goed, wat daarna gebeur het en wat die Godheid daarop geantwoord het! Die vuur het bedaar, en uit alle ruimtes het ‘n sagte asem gewaai, gemeng met nog sterk rollende donderslae, wat deur die vlieënde puinstukke van die wêrelde wat uitmekaar gebreek het, veroorsaak was, en wat van een onmeetbare ruimte tot ‘n ander nes groot weerligte brandend geflikker het. En die Liefde het die donderslae van God verstaan, wat met heftigheid gesê het:

[HG 1.9.20] “Ek wil al die skuld op Jou plaas, nes die wêrelde se puinstukke op die aarde sal val, en Jy sal die smag van My heiligheid delg, wat die ewige band is tussen My en Jou! En sien, Ek vervloek die aarde, sodat geen vlek My heiligheid sal besoedel nie, en Ek, nie soos Jy, ‘n onheilige God sal word nie; en hierdie vloek sal deel van jou skuld gemaak word, wat Jy op Jou sal neem, om My heiligheid te delg en om die aarde met Jou bloed, van die vloek van skande deur die sonde van Adam, skoon te was!”

[HG 1.9.21] En sien, luister en verstaan goed, wat daarop die Liefde geantwoord het en soos volg gepraat het: “Groot, oorheilige God van alle mag en krag! Dit sal gebeur volgens Jou woord!”

[HG 1.9.24] En sien en luister verder en verstaan dit goed, wat nou verder gebeur het: Toe nou die ewige Liefde die voorwaarde aangeneem het en daardeur reeds vooraf aan die vereiste van die groot heiligheid van God voldoen het, toe laat die Godheid in ‘n sagte gesuis en gewaai, weereens net vir die Liefde verstaanbaar, Sy heilige wil verneem en sê in ‘n toespraak vol van ‘n saggeaarde stem, die volgende:

[HG 1.9.26] En sien, daarom wil Ek My oordeel in hierdie tyd terug trek en volgens Jou versoek genade voor regverdigheid in groot hoeveelhede laat uitstroom en wil die skade, wat My oordeel veroorsaak het, weer herstel. En buite My, kan niemand iets herstel nie behalwe Ek alleen, aangesien niemand goed is, behalwe Ek, die heilige Vader, wat voortaan tot in ewigheid My naam sal wees. En Jy, My Liefde, is My Seun; en die heiligheid as die magtige alwerkende band van krag tussen Ons en tussen alles, wat vanuit Ons voortgegaan het, is die Heilige Gees, wat alle ruimtes der ruimtes en alle oneindigheid der oneindighede in alle ewigheid der ewighede sal vul, amen. En dit sê nou die goeie, heilige Vader. Amen.

[HG 1.9.27] En nou sê Jy, my liewe Seun, ook aan die paartjie wat berou en treur - en grawe dit wat gesê is diep in hulle harte - , dat hulle die gebooie van Liefde en van barmhartigheid tot aan die einde van hul lewens sonder versuim moet hou, en Ek wil vir hulle, op ‘n tyd, wat Ek sal bepaal, ‘n bemiddelaar tussen My en hulle stuur, om die groot skuld te delg en om die groot, swaar las van hulle ongehoorsaamheid te verlig.

[HG 1.9.28] Maar tot dan moet hulle in alle geduld en sagmoedigheid uithou, en die brood, wat Ek vir hulle gedurende daardie tyd net spaarsaam sal gee, dankbaar in die sweet van hulle aangesig geniet en sal nie tot die tyd van die bemiddelaar, wat Ek uit hulle midde volmaak en goed, soos Ons volmaak en goed en heilig is vir ewig, sal opwek, versadig word nie.

[HG 1.9.29] En sê vir hulle nog daarby, dat Ek My oordeel net vir diegene ingeperk het, wat My streng gebooie stiptelik sal hou; maar vir die oortreders sal by die geringste oortreding, met die presiese vervulling daarvan, tot in alle ewighede in alle ernstigheid van die heilige waarheid gedreig word!

[HG 1.9.30] Dit sê die heilige en alleen goeie Vader deur Sy Seun, wat die ewige Liefde in hom is, en deur die heilige Gees as die werkende genade uit Beide van Ons, vir die toekomstige vergifnis van sondes, wat nou hulle liggame moeisaam sal maak, maar dan vir altyd in tyd sal vernietig, vir die verkryging van die lewe na die dood van die liggaam, op die tyd van die beloofte middelaar.

[HG 1.10.1] En sien en luister en begryp en verstaan goed, wat die ewige Liefde toe gesê en gedoen het. - Toe die goeie, heilige Vader met groot erns Sy toespraak voltooi het, deur genade bo geregtigheid te verkondig en om vir hulle, wat die wette van die oorgroot genade sal oortree, met die oordeel te dreig en om die dood vir die sonde te gee, was die ewige Liefde tot in die binnenste van haar barmhartige hart ontroer en het vir die tweede keer trane van medelye en trane van die mees innerlike vreugde en saligste genoeë oor die groot, behoudende genade van die oorgoeie, oorheilige Vader geween en het toe met die diepste ontroering van Haar hele wese vir Adam en Eva gesê:

[HG 1.10.2] “Jy, Adam, jy het nou die vreeslikste oordeel van God voor jou oë sien verby trek, en Eva het dit deur jou gesien en gevoel; maar nou wil Ek ook vir haar die oë en die ore oopmaak, en sy - so ook almal wat uit haar, volgens die getal van die sterre aan die uitspansel en volgens die getal van die gras op aarde en volgens die getal van die sand in die seë, wat oneindig is, sal voortgaan - moet in alle toekoms met eie oë sien en met oop ore luister, wat die Godheid in Sy grimmigheid gedoen het en wat daarop die ewige Liefde met sy onbeperkte barmhartigheid gedoen het.

[HG 1.10.4] En die trane van medelye en van die groot genadevreugde uit die heilige Vader het Ek as ewige teken vir ‘n nuwe skepping in die wye ruimte van die uitspansel geplaas, en hulle sal vir julle in elke nag op aarde lig gee en sal vir julle in die skemering van die lewe verkwik en sal vir julle die nuwe dag verkondig.

[HG 1.10.5] En nou kyk op na die hemel; hulle lig in veelvoudige orde en in veelvoudige prag, - die’ met ‘n rooierige lig as teken van My medelye, en die’ met ‘n wit lig as teken van My vreugde oor die groot genade van die oorheilige en oorgoeie Vader. En daardie wit flikkerende breë band bokant die sterre van medelye en vreugde, wat ook uit sterre van die voortyd bestaan en deur trane van die barmhartige Liefde oor die reeds destyds gevalle geeste onstaan het, en wat in die middel van die hemel se wye ruimtes getrek is, dien vir julle as teken vir die ewige, heilige verbond tussen die ewige Liefde, wat vir julle en alles, wat daar is, gemaak het, en tussen die Godheid wat volgens Sy ewige heiligheid oordeel.

[HG 1.10.7] Daar, waar dit lyk dat die groot band aan die wye uitspansel verdeel is, kyk baie daarnatoe en altyd wanneer julle daarheen kyk, moet julle dankbaar en diep ontroer wees; want daardie plek moet vir julle en ook die hele skepping as ewig blywende teken van julle getrouheidsbreuk met My dien, sowel ook vir My destydse breuk met die heiligheid van God uit barmhartigheid teenoor julle, en die band moet vir julle by die plek, waar dit lyk asof dit weer aanmekaar gelas is, herinner aan die groot bemiddeling van die ewige Liefde, wat Ek van ewigheid af is, tussen die onaantasbare heiligheid van God en tussen julle, wat getrouloos voor die aangesig van Sy onbeperkte heiligheid gesondig het.

[HG 1.10.11] En die geeste uit die skoot van die heiligheid van die Vader sal liggaamlik na die aarde toe kom en sal vir julle kinders die groot tyd en die manier van aankoms van Hom, verkondig, van Hom, wat nou voor julle staan en wat julle nou nog hoor en sien, maar voortaan nie meer sal hoor en sal sien nie tot die beloofde aankoms volgens die belofte van die heilige Vader deur My as die ewige Liefde in Hom.

[HG 1.10.13] En dus wees geseën deur die hand van mag en die hand van krag van die ewige Liefde van die heilige Vader en die krag van die Gees, wat heilig is uit beide van Ons, en bevrug en vermeerder julle en vervul die aarde met die lewendige vrug van hierdie seën!

[HG 1.10.14] En elke keer, wanneer julle mekaar op grond van hierdie seën sal nader, moet julle julle harte vir My offer! Indien julle dit nie sal doen nie, sal die slang, wat nog lewe en ook vir ewig in die grimmigheid van God sal lewe, die vrug in julle laat sleg word, en jy, Eva, en almal van jou geslag sal in die plek van ‘n vrug van seën, ‘n vrug van vernietiging in die wêreld bring. En hulle sal die kinders van seën en van die lig in groot hoeveelhede vernietig, en aan hulle dolheid en woede sal daar geen einde wees nie; en op die’ manier sal julle die sonde as nalatenskap aan almal oordra, en julle skuld sal tot die groot tye van die tye en ook daarna, sigbaar word.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar