Help

jakob-lorber.cc

3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Resultate 120 - 140 van 4104

[HG 1.130.6] En die drie het vir Adam gedank en het later by hulleself begin om na te dink, maar kon nie iets geskik vind, waarmee hulle hulle harte kon bevredig nie. Die een het geraai dat dit die Engel is, wat vir Ahbel na die vlug in die land Euehip die vlammende swaard oorhandig het; die ander weer dat dit die gees van Ahbel self is, en die derde was onseker, wie se mening hy moet ondersteun. En so het ‘n groot stilte onder al die wat teenwoordig was, ingetree, - deels, omdat elkeen voldoende by homself besig was, maar deels ook in afwagting, om dalk met ‘n oplettende oor die roepstem van Asmahael te kan verneem. Alleen sodanige verwagting was ydel en heeltemal te vergeefs; want Asmahael het goed geweet, wat Hy doen en hoe, en het nie nodig gehad om soos ‘n donkie te skree nie, maar om Sy magtige woord net in die harte van die’ wat in vrees weggekruip het, te laat weergalm. En hulle wat weggekruip het, het wel hierdie heerlike roepstem in hulleself waargeneem, sodat daar nie een agtergebly het nie, maar almal, groot en klein, oud en jonk, het na die innerlike sameroeper gehardloop, en elkeen het vir Hom as sodanig erken, soos wat Hy vantevore elkeen in die geheim in die hart geroep het.

[HG 1.130.11] O Asmahael, wie kan ooit vir Jou begryp?! Jy is oneindig in elkeen van Jou woorde, en Jou asem beweeg die wêrelde soos myne ‘n onuitspreeklike klein hoeveelheid sonstofdeeltjies oor die oppervlakte van my hand. Jy kyk vir die son en al die helder sterre, en hulle bewe van onbegryplike verhewe eerbiedigheid, dankbaar verligtend die aarde alhoewel net met ‘n dowwe weerkaatsing vanaf die oneindige mildheid van Jou oë. En Jou ore verneem - soos myne die naderende donderslag - die begeertes en mees diepste wense van elkeen van die asemwesens, wat dalk eers onder toekomstige nuwe skeppings uit Jou sal voortgaan. En die asem van ‘n mees onsigbare stralediertjie in die aller verste ruimte word deur Jou waargeneem, soos my ore skaars die gedreun van ‘n orkaan sal verneem. Maar watter onderskeid eers met betrekking tot die verneem self! Vir Jou is alles die suiwerste harmonie, - vir my alles ‘n verwarrende chaos!

[HG 1.134.16] Maar Ek sê vir julle: Wie daar nie in die suiwer liefde van sy hart glo nie, die se geloof is soveel soos niks nie en het voor My geen waarde nie! Julle kan tallose kere ‘Jehova!’ roep en sê: ‘Groot, verhewe, magtige, heilige, barmhartige God, Here, Skepper van alle dinge, liewe Vader!’ en so meer, - alleen waarlik, Ek sê vir julle, dit is baie beter, om in hierdie opsig julle lippe, tande, tong, verhemelte, keel en longe te spaar; want al hierdie leë geloofsgeblêr sal nooit My ore bereik nie!

[HG 1.134.17] Wie nie soos Henoch na My toe kom en nie soos hy praat nie, is alles te vergeefs; Ek sal vir ewig nooit vir hom kyk nie! En wanneer hy sal bid, dan sal sy gebed op geslote ore val, en alle hemele sal vir hom met grendels van metaal vir solank gesluit bly, totdat die laaste druppel eiebelang, in watter opsig ook al, uit sy hart verdwyn het.

[HG 1.135.3] “Asmahael! Wie Jy ook altyd mag wees - of ‘n mens of die allerhoogste, heilige God, sien, waarlik waar, dit geld vir my nou en vir altyd dieselfde! - sien, ek het eenmaal op die moeilike baan van die goddelike wil geval en kan nou nie meer opstaan nie! Ek wou tog steeds die regte weg wandel, en soveel dit net altyd vir my moontlik was, het ek ook altyd probeer om elke steen des aanstoot te vermy; alleen nie ek het die ongelyke, rotsagtige aarde gemaak nie, want dit is ‘n werk van God. Indien ek vir my nou hier en daar as eersteling gestamp het, sê vir my, sal of kan elke stamp vir my alleen as ‘n dodelike las opgelê word?! En as my hart hetsy in sand of klip verander het, is daar dan geen middel, om dit vir blywend weer in ‘n goeie aarde te omskep nie?

[HG 1.135.6] Hoe moet ‘n mens dan vir God liefhê sonder om vooraf ‘n idee van Hom te vorm nie, hoe Hy altyd uiters groot, ja daar ‘n oneindige groot onderskeid bestaan tussen Hom en Sy mees volmaakte skepsels?!

[HG 1.135.10] O oorweeg hierdie woorde en dink daaraan, wat dit beteken: om ‘n nietige skepsel te wees wat homself aan die onsigbare sy van ‘n oneindige en vir ewig oor alles magtige Skepper voel!

[HG 1.136.21] Sien, die kleinste kinders vervul reeds baie noukeurig hierdie onuitspreeklik maklike vereiste, aangesien hulle hulle vader bo alles liefhet, sonder om ‘n skerpsinnige verklaring van die vader se hart te verlang, hoekom hulle vir hom moet liefhê nie, maar hulle is lief vir hom, omdat hy hulle vader is! Sê vir My Adam, My Seun, het jy ooit meer vir jou van jou kinders verwag?!

[HG 1.139.25] En Lamech het verrassend geantwoord: “O Emanuel Abba, hoe kan Jy vir my vra, - Jy, vir wie die mees verborge gedagte reeds ‘n ewigheid vroeër bekend is, as wat dit nog van enige skepsel gedink kon word!

[HG 1.141.11] En toe Henoch nog sy stem aan die ander wou rig, sien, toe het hulle vinnig opgestaan en het met een stem gesê: “O Henoch, moet nie vir ons roep nie; want jou roepstem is meer verskriklik as alle dood!

[HG 1.144.4] En jy Henoch, kyk, Ek het jou offer geseën, sodat dit ‘n lewendige offer geword het, derhalwe uit hierdie verbrande lam eendag ‘n groot, lewendige, sterk lam vir die wêreld sal opstaan, wat alle swakheid van die aarde op sy skouers sal neem en vir alle vlees die poorte van lewe sal open wat nooit weer gesluit sal word nie. Amen.

[HG 1.147.23] Sien, aangesien jy opgewek is en het die Vader vir sodanige lang tyd gesien, is Ek tog verbaas, hoe jy die gelyke voorkoms tussen My, jou en Hom nie op die eerste oogopslag raakgesien het nie!

[HG 1.148.13] Want Ek meen, dat die Vader se voorkoms altyd die meer of minder vrye liefde vir Hom in die harte van die kinders weerspieël! Wat dink jy in hierdie opsig?”

[HG 1.149.15] Sien, dit is in die ewige orde van God gegrond! Die wat slaap sien geen onderskeid van die nag raak nie, omdat hy slaap; en wanneer die groot wekker kom, ‘n suisende wind van middernag, dan maak hy wel die oë oop, maar draai weer op sy sy en slaap verder, om te droom tot die son opkom. As hy dan opstaan, is hy ligsku en probeer om onder ‘n digte skaduwee weg te kruip.

[HG 1.149.18] Maar diegene wat volledig wakker geword het, is reeds by die eerste oogopslag bly oor die wakker lewe en prys gedurende middernag sy groot, heilige Wekker, en dit is hy wat binnekort erken, watter tyd dit is, en hy erken die onderskeid tussen die voornag, middernag en vroegnag!

[HG 1.149.28] Maar hulle is tog nodig vanuit dieselfde orde, soos die grond vir die saadkorrel, en die saadkorrel vir die lewe! En dus is die voornag die tyd van saai en van in die aarde plaas, die middernag die tyd van ontkiem en deurbreek en die vroegnag die tyd van afgooi van die materie en opgroei deur die opsuig van die môredou.

[HG 1.150.10] Die ander Abedam het vir beide Sy welgevalle te kenne gegee en het gesê: “Luister, dit is so: Die regte liefde moet tot die dood toe liefhê, hetsy in die gees of in die daad van die vlees, en daardie dood is eers die ware opstanding tot die ware ewige lewe, waarin dan daardie liefde alleen in die allerhoogste, vir ewig voortdurende blydskap en in die ware, allermagtigste saligheid van die eie lewe, sal leef. Maar vir elke liefde wag daar ‘n eiesoortige lot. Wie daar die wêreld liefhet, die sal in die steeds stygende wêreldliefde sterf; maar omdat die wêreld geen lewe het nie, maar net die dood, sal diegene wat in die wêreldliefde gesterf het, ook nooit tot ‘n nuwe lewe opstaan nie, maar net tot ‘n nuwe dood.

[HG 1.150.11] Wie daar die vlees liefhet, die sal ook deur daardie liefde in die vlees sterf; maar omdat die vlees ook dood is, sal hy nooit tot die nuwe lewe opstaan nie, maar net soos die een wat die wêreld liefhet, tot ‘n nuwe dood van die vlees opstaan.

[HG 1.150.12] Wie homself liefhet, die sal ook in sy eieliefde sterf; maar aangesien elke mens by homself dood is, sal diegene wat in homself sterf ook nooit tot ‘n nuwe lewe opstaan nie, maar ook in homself tot ‘n nuwe dood. Maar wie daar sonder enige liefde is en is met haat teenoor alle dinge vervul, by hom het reeds die tweede dood sy woning opgerig; maar wie daar ‘n kwaadwillige hart het, aan sy deur klop reeds die tweede dood; en wie daar suinig en vol van afgunstigheid is, die het die tweede dood reeds met beide arms omhels.

[HG 1.152.10] Waarlik, indien jy die saak in die regte lig beskou, dan moet die mens hom óf altyd verwonder, óf hy moet hom glad nie verwonder nie! Want indien ek vir my oor een daad van die Here verwonder en oor ‘n ander een weer glad nie, is ek dan nie ‘n assessor van die werke van God nie, waarvan nie een minder belangrik is as ‘n ander een nie, of ek moet ten minste nog honderd keer meer onnosel wees, as wat ek dit van natuur uit in elk geval reeds is, indien ek dit nie op die eerste oogopslag sal insien, dat God in elkeen van sy werke onvorsbaar, onverstaanbaar en oneindig is nie! Maar as ek dit insien, hoe moet ek my dan daaroor verwonder, indien die almagtige, hoogwyse God sulke werke voortbring, wat in elke denkbare opsig ooreenkomstig met Sy volmaaktheid moet ooreenstem?!

3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 Mobiele weergawe Kommentaar