Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 40 - 60 van 4104

[HG 1.34.1] Nou laat ons hierdie klein geselskap in die skool van die skepsels en laat hulle vir ‘n bepaalde tyd wilde bessies, gras en wortels eet; maar ons keer terug na Ihypon (vandag ‘Japon’, of ook ‘Japan’) en sal daar vir die aankomende Meduhedite wag en sal nog vir ‘n kort tydjie by hulle vertoef.

[HG 1.34.31] Maar later het hulle ook mettertyd begin, om van My te vergeet, aangesien Ek vir hulle tot die mees opgevoede en rykste volk van die aarde gemaak het, en het hulle van allerlei klipsneewerke gehou en het daardeur geheel en al in afgodery en hoerery van alle soort verval.

[HG 1.35.4] “Staan op uit die dood! So wil dit die groot, almagtige God en Here van al Sy tallose skepsels hê! Die kort tyd is vinnig verby; vinnig het dae en nagte oor julle swak bestaan gewissel. Destyds, toe julle van my, die hiëna deur die magtige wil van die allerhoogste God gelei is, het die volle maan vir julle op die growwe paaie van die duiselige hoogtes tot by die grot, gelig, waar ek en my kinders woon, en wat ons gewillig vir julle afgestaan het, sodat julle vir julle in die vars koelte van die aarde kon laaf. Kyk nou weer vir die maan hoe dit opnuut vol geword het, waar dit voorheen afgeneem het tot die nietigheid van sy lig en geword het ‘n kind, dan ‘n jongeling en nou weer geword het soos ‘n man vol krag en majesteit.

[HG 1.35.14] Daarom gebeur dit, dat julle deur julle ongehoorsaamheid vir julleself tot die uitwerpsel van die hel gemaak het, terwyl my geslag in alle knegskap van die goddelike mag, vele duisende jare voor julle oor die vlaktes van die aarde gewandel het, onder die harde druk van wildheid maar nooit ondankbaar buite die aangewese orde van God getree het nie!

[HG 1.35.15] O dink goed oor hierdie woorde van ‘n verskeurende ongedierte, en verhef julle tot waardigheid, om ook net skepsels genoem te kan word, en kyk, of julle dit eendag sal kan regkry, om mense genoem te word, en dink dan daaraan, hoe hoog nog die kinders van God bokant julle sal staan, en dat julle ten minste meer soos hulle kan word, indien julle dan ook nie dieselfde kan en moet word nie. - My toespraak is klaar; maar julle bly en luister nog vir ‘n ander geslag! Amen.”

[HG 1.35.20] O julle ellendige geslag, julle skurkagtige mensewesens, julle ware afskuwelike moordenaars van die wye aarde! Sê, wat is julle, of wat wil julle wees, indien God, die Heilige, julle liefdevolste Skepper, waardeur julle, soos alles, net is en bestaan, nie meer vir julle bestaan nie?! - Hy, wat vir julle boonop die volste vryheid vanuit te groot liefde geskenk het, om vir julle uitwerpsels van die hel eendag nader en nader na sy liefdevolle Vaderhart te trek! In ruil daarvoor, moet Hy, die liefdevolste, heilige - O groot God, ondersteun my krag, wat vir my by die aanskouing van hierdie monsters wil verlaat, sodat ek aan Jou heilige wil kan voldoen - Vader, vervloek en vergeet word!

[HG 1.35.24] En toe op die’ manier die tier sy toespraak, kragtig en doelgerig voltooi het, het die beurt nou aan die leeu gekom, wat ook skielik, van agter ‘n boskasie, met ‘n reuse sprong voor die ietwat meer moedige oë van Sihin, ‘n vaste posisie ingeneem het, sy bek ver oopgemaak het, en soos voorheen, ook begin het om te praat, deur te sê: “Luister, julle dowe, en kyk, julle blinde, kammakastige maghebbers van die aarde, julle sterk konings, vorste en here van die wêreld in julle muggieswakheid! Wat meen julle, die eerste plig van ‘n vrye skepsel sou wees, wat sy kragte, wat hy van God ontvang het, na willekeur kan gebruik, wat daar deur niks gestrem is en kan wees nie, om vanuit die liefde van die groot, almagtige Skepper te dink?

[HG 1.36.13] Alleen hier gebeur iets, wat in alle ewigheid geen engel sal begryp nie: Terwyl Hy, die Heilige, met sy regterhand alles in sy toorn, as gevolg van die ontheiliging deur die sonde van die groot oortreder, vernietig het, beskerm Sy gelyke linkerhand die weenende sondaar! En net een klein traan van die sondaar het in die so magtig wrede toorn-gloeiende oë van God geval, en sien, alle toorn het verdwyn, en reeds het ‘n nuwe skepping in en vanuit al die eindelose ruimtes vir die ongehoorsame mens geglimlag, en die aarde en alle wêrelde het weer van tallose vrolike skepsels tot die diens van die ongehoorsame mens, gewemel.

[HG 1.36.19] O mense, dink daaroor, wat God is, wat julle is en kan wees en deur Sy oneindige liefde moet wees; maar dink ook in julle genade uit God, wie en wat ons arm veragtelike diere is en omhels op ‘n onselfsugtige wyse met Sy liefde nes Hy - wat nie net julle Skepper is soos vir ons nie, maar ook ‘n ware Vader wil wees en eintlik lankal, lankal reeds is en was, nog voor die wêreld en ons gemaak was - alle skepsels en dink: Ook ons stom en spraaklose wesens is bly oor die lewe. Daarom laat in julle liefde uit God eendag op die groot komende dag, ook vir ons ‘n nuwe lig van die vrye lewe uit God aanskou, waarin alle kreatuur sal en moet vir altyd lewe!

[HG 1.36.46] En nou sien, dit is die stigting van Sinas of China, watter land nie deur die vloed geraak was nie en vandag nog in baie opsigte heelwat beter af is as ander lande van die aarde, behalwe vir sommige verspotte verslegtende toestande, wat eers later deur kennismaking met ander mense van die bose wêreld, daarheen gebring is. Nooit moet iemand wat nog nie wedergebore is dit waag, om My Evangelie daarheen te bring nie! Amen!

[HG 1.37.1] Voordat ons nou na Hanoch sal terugkeer, moet Ek vir julle noodwendig nog iets meer van die inwoners van China vertel. Onthou en sien, wat eerstens die grootte van die groot kinders van My liefde betref, dan is julle begrip verkeerd, indien julle daaronder ‘n liggaamlike grootte verstaan, omdat 666 duim ‘n volgetal van My liefde in die mens is. Maar duim dui op die maatstaf van die goeie uit die liefde vir My; daarvan is 600 dele op My gerig, dan 60 dele op die naaste en uiteindelik 6 dele op homself. En die mate van die vrou is gelyk aan die goddelike mate in die man; maar ten opsigte van die naasteliefde en die eieliefde van die vrou is daar ‘n onderskeid van 66 en moet die vrou as gevolg daarvan onvoorwaardelik betreffende dit alles aan die man gehoorsaam wees. Aangesien sy uit die man se eieliefde gevorm is, kan sy haarself ook net in die man liefhê, indien haar liefde geregverdig moet wees; en aangesien sy naaste aan die man is, is ook haar naasteliefde naaste aan die man, en daarom die onderskeid.

[HG 1.37.9] Om nie skade aan die vryheid van die gees op te doen nie, het ook hierdie volk nie altyd dieselfde gebly nie. Volgens berekening, ongeveer eenhonderd-en-twintig jaar na die sonvloed, het die nasate van Sihin ook tot ‘n beduidende volk gegroei en het dikwels in verskeie twiste beland en het op grond daarvan partye gestig, wat ten opsigte van gebruike en godsdienstige gebruike van mekaar verskil het. Sommiges het gesê, dat net die eersgeborenes bevoeg sou wees om leiers te word; weer ander het gesê, die eersgeborenes het geen voorkeur nie, aangesien die eersgeborene dikwels ook vroulik van aard is, - daarom moet die leiding altyd vir die’ een gegee word, wat in sy hart die mees verstandige een is. Weer ander in die volk het dit opgeneem en gesê: “Wanneer dit net oor die verstandigheid van die hart gaan, hoekom kan dan nie enige ander broer bevoeg wees, om die leiding oor te neem nie?” Sommiges het weer alles uitgegooi en gesê: “Soos dit was in die begin, so moet dit tot aan die einde van alle tye bly!“ Sommiges het gesê, dat ‘n mens orals en altyd vir God om raad moet vra en nie eiemagtig moet oordeel en handel nie. Daarop het weer ander gesê: “Indien dit so is, dan kan dit mos enige een doen; hoekom dan een of meer leiers?” - Ander het weer gesê, dat God Homself nie aan elkeen sal openbaar nie, sodat die mense onder mekaar nie sonder mekaar kan klaar kom nie. Daarop het weer ander gesê: “Dan moet elke siener verkondig wat hy verneem het, en die leiding aan God oorlaat; waarvoor dan een of meer leiers?” Weer ander het gemeen: “Maar wie waarborg vir ons, dat sodanige hoër staande siener en leraar ook altyd God se woord praat?” Ander het weer daarop geantwoord: “Ja, indien ons nie meer vir die leraars kan en mag glo nie, dan het ons ook geen leiers en leraars meer nodig nie!” En baie soortgelyke verspottighede, waardeur dit dan ook gebeur het, dat daar ‘n groot aantal sektes gestig was en die ryk daardeur in ‘n groot aantal verskeie leiers- en leraarsvertakkinge uitmekaar geval het en op die’ manier tot in die jaar 3,700 na die ontstaan van Adam, verder verdeel het, toe die’ selfs aan julle beter geskiedenisskrywers vaagweg bekende bouer van die Hehu-Tsin-Lyn-(skermmuur) met die naam Tschi-Hoang-Ti (wyse alleenleier van die volk) opgetree het, en vir die volk geweldig begin preek en voorspel het, hoe ‘n groot volk, nie ver van hulle landsgrense af nie, vir hulle in die geheim opgespoor het; en as hulle nie almal sal saamstaan, en langs die hele ryk ‘n hoë en dik muur sal bou nie, dan sal hierdie volk vol krag in massas op hulle afstorm en hulle almal erg vernietig.

[HG 1.37.12] Daardeur het hy daarin geslaag, om hierdie verdeelde, groot ryk, alhoewel net deur geweld, weer te verenig en vir sestig jaar lank as ‘n ware usurpator te beheers. Sy seun, met dieselfde naam, het laks en traag geword; maar daarvoor moes die’ se seun, die derde opvolger van hierdie twee usurpatore, by ‘n algemene volksopstand, aangesien hy die bloedige vervolging van die vromes, waarmee reeds sy oupa begin het, met nog groter wreedheid voortgesit het, die groot misdaad met sy lewe betaal.

[HG 1.38.7] Hierdie Nachme het nou die vrou van haar broer geword, waarmee hy sewe seuns verwek het, wat almal baie lomp en misvorm gelyk het, en het baie soos julle sogenaamde swaksinnige idiote gelyk. Die oorsaak daarvan was, dat Nachme haar volgens die wil van haar vader te dikwels vir bloot ontugtige redes ter bevordering van sy heerssugtigheid, moes laat gebruik het; want daardeur het weer al die mansvolk aan hom onderdanig geword. Alle oë was nou op Nachme en alle ore op die hepsugtige bevele van Lamech gerig; want Nachme het tot op die ouderdom van tagtig jaar ‘n voorwerp van menslike bewondering gebly, gedurende watter tyd die volk weer vermeerder het en alle bevele van Lamech gevolg het. Toe Lamech nou gesien het, hoe magtig hy nou weer geword het, het hy ook al hoe strenger en harder geword en het op sy teenstaanders die reeds voorheen genoemde doodstraf, op ‘n wrede manier toegepas.

[HG 1.42.41] Die golwe het op ‘n slinkse wyse die hoog in die vlammende lug opstygende pilaar van Henoch omvloei. Ek het nog nie vir lank hierdie eienaardige beeld met die oë van die gees met verbasing aanskou nie, toe ek begin om te gewaar, dat daar onder die slinkse vloede, deels deur die modder van die bodem bedek, vreemde, geroofde, gesteelde waters wreedagtig gevange gehou was.

[HG 1.42.69] O luister en sien, wat ek daar alles op die donker plek van die tiende pilaar, moes hoor en aanskou! Luister, al die voorafgaande pilare, het tog meer of minder ‘n eie lig gehad, - ja die negende pilaar was selfs omring deur ‘n dof bont glinstering; maar hierdie, volgens die orde tiende pilaar, het ook nie ‘n enkele dof glinsterende punt gehad nie, ja dit was so donker, dat ek dit net kon voel, maar selfs met die skerpste sig van die geestelike oog kon ek dit nie sien nie, en ook nie weet of daar water, of sand, of bloot net ‘n donker, leë en nietige ruimte die pilaar omglof, omstof, omkring het nie - dit was alles vir die ondersoekende oog van die dromende Kenan met betrekking tot sulke ongelooflik donker, swart nag rondom die tiende pilaar, gruwelik verborge.

[HG 1.42.76] Toe het ek op my aangesig neergeval en het vinnig begin om vir die heilige Vader van liefde en alle roerende lewe, te bid en te smeek , dat Hy in Sy barmhartigheid van bo ‘n helder liggewende vlammetjie van genade moet gee, sodat my oë die vreesaanjaende grootte en verste uitgestrektheid van die’ donker dood, kan aanskou. En toe ek nou lank genoeg getrou en waar op na die heilige Vader gesmeek het, het daar skielik ‘n kragtige stem vir my op my naam geroep en gesê: ‘Staan vinnig op, en aanskou die groot afgrond van die donker dood! Op hierdie plek van die tiende gebroke pilaar, word die egbreuk geken, waar die onderste helfte van liefde in die diepste afgrond van die dood vermorsel en versprei lê, - terwyl die boonste helfte van genade aan die metaalagtige, eindelose boog van die hemel hang en sal nie eerder na die puinhope daal nie, alvorens die fondament van die pilaar nie van die uitskot van die slang, skoon gewas sal word nie. Die fondament is die aarde, ‘n sondige huis, en die uitskot van die slang, is die prikkelende vlees van die vroue uit die dieptes van Hanoch. Daarom wee vir die aarde wat deur die bloed van die broeders vet geword het, wat as gevolg van die vlees van ontugtige vrouens grusaam vermoor is en die aarde met hulle geseënde bloed gedrenk het! Ek sal binnekort groot vloede uit die hemel laat stroom en alles as gevolg van die prikkelende vlees van die vroue, deur wie al die waters rondom die tiende pilaar opgebruik is, laat doodmaak! O pronk net, pronk, jy die heerlik, prikkelende vlees van alle vrouens as bedrieglike kinders van die draak! O pronk, jy die verlydelike kos van wurms uit die modderkuil, jy die walglike reuk van My eer! Jy bad en was daagliks in die skoonste waters, wat met allerlei kruie en speserye voorberei is, en smeer jou vel met duursame olies, sodat jy nog meer prikkelend en nog meer aantreklik word, om die kinders van die ewige, heilige Vader te verlei!

[HG 1.42.78] En hoe dit sal gebeur, luister, Kenan, wil Ek juis nou vir jou deur die helder lig van genade van die ewige, heilige Vader wys; daarom moet jy op jou pilaar wat geheel en al donker geword het, opstaan en na die dieptes afkyk, waar jy sal waarneem, wat daar, luister, binnekort sal gebeur!’

[HG 1.42.82] En toe die vloede nou die dieptes van die aarde begin vul het, het ek tallose geslagte uit die dieptes sien opstyg wat weeklaend die hoogtes van die berge opgesoek het. Ek het die mees prikkelendste vroue as dogters van mense, met spierwit vlees en met bebloede vingers en moeë hande angstig die grofste rotspieke sien klim en wat vanaf duiselige hoogtes met wringende en bloeiende hande op na die klowende skeure van die vurige hemel met hardop, verskeurende stemme om troos en hulp geskreeu het. Maar al hulle geskreeu was te vergeefs, en uit die middel van vloede, wat aanhoudend met meer krag uit die klowende, gloeiende skeure van die metaalagtige hemel gestroom het, het vurige, warrelende winde die teerste kinders van mense, brandend en skroeiend, geweldadig van die moeisaam geklimde, rotsagtige bergpieke af in die kokende vloede, as klaende voedsel vir die dood, geslinger!

[HG 1.43.3] Die geheimsinnige toespraak van ons aartsvader Adam is skaars deur al ons sintuie opgeneem, en ons het nog geen letter daarvan in ons liefdeswak harte verduidelikend ontknoop nie; ja selfs Henoch se laaste vuurpreek sweef nog soos ‘n donker knoop voor al my sintuie; en nou kom jy, liewe Kenan, met ‘n wêreld vol geheimsinnighede, waarvan die betekenis net vir God alleen bekend kan wees; ja, ek wil byna beweer, dat dit vir ‘n mens skaars moontlik kan wees, om nog die lewe te behou, wanneer die ewige, heilige Vader vir hom so baie wysheid laat toekom, om die onbegryplik diepste betekenis van sulke geheime en hoë dinge te verstaan!

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar