Help

jakob-lorber.cc

198 199 200 201 202 203 204 205 206 Resultate 4020 - 4040 van 4104

[GJE 10.166.12] Bykans iedereen in Jerusalem ken naamlik U afstamming, aangesien mens U vader en moeder, asook U broers maar al te goed geken het; want hoe gereeld gebeur dit nie dat U vader, wat algemeen bekend staan as `n vaardige timmerman en skrynwerker, by ons in Jerusalem werk te doen gehad het en dat Uself nie selde met hom en U broers as timmerman saamgewerk het nie. Plotseling het U as dieselfde timmerman te midde van verskeie leerlinge as leraar van die volk opgetree, het in Jerusalem onderrig en `n skerp getuienis aan ons gegee. Daarom sal U goed kan begryp dat ons haat teen U enorm moes toeneem, toe U, elke keer wat U in Jerusalem verskyn het, ons by die volk in verleentheid gebring het en teen ons getuig het dat ons geen dienare van God, wat ons nie sou ken nie, maar net verskeurende wolwe in skaapsklere en derhalwe dienare van Beëlsebub sou wees; sodoende sou ons die volk nie by die lig en daarom ook nie in die hemel kon binnelaat nie en sou ons self ook nie na binne gaan nie, en so was daar nog `n groot aantal ergerlike verkleinerende getuienisse, wat ons met ons eie ore gehoor het of wat ons getrou deur ander meegedeel was.

[GJE 10.166.17] Nou sal U met U natuurlike gesonde verstand al goed insien en begryp dat U, in U posisie as timmerman in Galilea, ondanks al U wysheid aangaande die Skrif nie as koning van die ere gesien kan word nie, selfs nie eers as `n profeet nie, omdat daar immers uitdruklik geskryf staan dat daar uit Galilea nooit `n profeet sal opstaan nie!

[GJE 10.166.20] Die twee tekens wat U hier gedoen het, plaas die tekens wat U hiervoor gedoen het, eers in die korrekte lig, waardeur alle ander tekens geen enkele betekenis meer het nie en rig U vir ons ons oë in volle erns tot die Een wat, soos Dawid aangekondig het, na ons toe sou kom. Want ten eerste kom daar in hierdie hele streek geen leeus voor nie, omdat hierdie diere meestal net in Afrika tuishoort, en so `n ongedierte hoogs selde na Arabië afdaal en baie gou weer teruggaan as dit in die uitgestrekte woestyne geen voedsel vind nie; maar op `n wenk van U staan daar dadelik veertien sulke ongediertes voor ons! So-iets sou al heel moeilik gaan as die ongediertes hier in die land in groot getalle tuishoort. U, wat die Heer oor alle skepsele is, moet hulle dus werklik geskape het, dit kan nie anders nie!

[GJE 10.168.10] Die noodlot en die kragte van die natuur het my ewenwel tot `n selfbewuste bestaan geroep, waarvan ek nooit die redes en die doel te wete gekom het nie. Waarskynlik het hulle in my, netsoos in ander skepsele, `n monumentale bewonderaar van hul bestaan en werk wou skep. Maar wat het ek en wat het hulle uiteindelik daaraan? As die bewonderaar nie meer daar is nie, dan is met hom ook al die ander nie meer daar nie; want of daar nou één wêreld of tallose wêrelde met hul wonders bestaan, vir hom, wat self nooit daar was of nooit meer daar sal wees nie, bestaan hulle nie meer nie en het hulle ook so goed as nooit bestaan nie.

[GJE 10.169.4] Ja, onder sulke omstandighede sou `n mens natuurlik liewer ewig bly voortlewe as om hom na `n kort lewe deur `n altyd ellendige en pynlike dood te laat vel; in daardie opsig kon ek dit nooit eens wees met die hele natuur en haar steeds eenders werkende kragte nie.

[GJE 10.169.12] Met die versorging van `n pasgebore kind deur sy ouers gedurende één, twee of drie jaar sou ek nog genoeë kan neem, maar gereeld meer as twaalf, ja soms meer as twintig jaar, totdat die kind deur alle sorg van sy ouers sover gebring is dat hy ten slotte self in die wêreld vooruit kan kom, is egter te veel en ook te dom, en dit doen die skeppende eienskap van die werksame natuurkragte absoluut geen eer aan nie, maar in alle opsigte die teendeel.

[GJE 10.169.15] Maar nee, die mens bereik weliswaar na ongeveer dertig of hoogstens veertig jaar wel `n daarop lykende standpunt, as sy oorspronklike lewenskragte tenminste daarop ingestel is - wat egter tot die seldsaamhede behoort, omdat bykans die meeste mense gelukkig reeds as kind weer daarheen terugkeer waar hulle vandaan gekom het. Die mens, wat in alle opsigte sterk geword het, begin egter spoedig na daardie hoogste punt van sy lewe min of meer sieklik te word, en as hy die geluk het om stellig sewentig, tagtig of negentig jaar oud te word, dan is hy daarom nie te beny nie; want so `n ouderdom is geen lewe meer nie, maar net `n steeds gekompliseerde siekte, wat hom netsoos ieder ander mens langsamerhand na die dood en die nie-bestaan voer.

[GJE 10.170.1] Ek sê: “Ja, My beste opperstadsregter! As wêreldse regter het jy baie goed gespreek, en elkeen wat, soos jy, net van wêreldse dinge verstand het, kan hierdie dinge ook maar net so sien! Maar desondanks verkeer jy, wat die lewe van die mense en alle ander skepsele betref, in `n ongelooflik ernstige dwaling.

[GJE 10.171.6] As Hy egter `n lewensmasjien skep met as enigste doel dat `n vonk van Sy oerlewe hom daarin sterker en stewiger maak om tot `n eie godgelyke vryheid en selfstandigheid te kom, daarna die lewensmasjien aflê en hom deur die liefde en wysheid daarin volkome verenig, dan gaan daardeur nie net niks van die oerskeppende fundamentele lewe verlore nie, maar die Skepper en die skepsel win daardeur oneindig veel, wat nou natuurlik nie vir jou te begryp is nie.

[GJE 10.171.8] God was van ewigheid `n suiwer en volmaakte gees en kan daarom niks anders wil nie as dat al Sy skepsele mettertyd langs die deur die Skepper voorsiene weë weer die ene word wat Hyself is - net met die verskil dat hulle, voordat hulle in sekere sin tot materiële bestaan geroep word, niks anders was as net groot gedagtes en idees van die Skepper nie. Die het Hy toe met die mag van Sy wil, met verloop van baie lang tye in `n sekere sin op sigself bestaande, buite Homself geplaas en hulle `n omhulsel gegee, waarbinne hulle hulleself geleidelik aan steeds meer moes beskou en leer ken en deur My hulle tog nog altyd deurdringende krag hul sin vir selfstandigheid en vryheid in hulleself moes laat ontkiem.

[GJE 10.172.2] Vir mense van jou soort is dit inderdaad nouliks moontlik, want die is vanaf die eerste begin te wêrelds ontwikkel; hulle het wel soveel moontlik hul natuurlike gesigs- en begripsvermoë verskerp, maar daardeur hul innerlik geestelike gesig op die agtergrond geplaas. Want dit gaan met hulle innerlike geestelike gesig ongeveer soos iemand wat glasruite in sy huis aangebring het. Hy bevind hom egter buite en hoor plotseling `n harde geluid in die huis. Hy gaan dus onmiddellik na `n venster en wil die inwendige van die huis sien; maar ondanks al sy inspanning kan hy bykans niks ontdek nie, want die weerspieëling van die daglig op die ruite maak dit onmoontlik. As hy dus die oorsaak van die geluid te wete wil kom, bly daar vir hom niks anders oor as om die voordeur van die huis en alle tussendeure oop te maak en na binne te gaan, om te sien wat die oorsaak van die geluid was; of hy moet `n ruit kapot slaan en, as dat te min is, nog meer, om beter na binne te kan kyk na wat die geluid veroorsaak het.

[GJE 10.172.3] As die desbetreffende huisheer homself in die huis bevind het op die oomblik toe hy die geluid gehoor het, in plaas van daarbuite, dan sou hy eerder en makliker agter die oorsaak van die geluid gekom het; maar omdat hy hom buite bevind het, kon hy nie aanwesig wees op die oomblik toe die geluid optree nie, maar eers later en in ieder opsig minder goed, omdat sowel die oorsaak as die gevolg al verdwyn het. Hy sou dan langdurig en met veel moeite alle hoeke binne in die huis moet deursoek en ten slotte `n gebreekte stuk vaatwerk vind, waarvan hy dan sou kan vermoed dat dit deur een of ander beweging van bo na benede op die grond geval het, daarby gebreek is en die lawaai veroorsaak het. Maar tog het hy selfs oor die vermoede geen volledige sekerheid nie, omdat die gebreekte stuk vaatwerk ook wel eerder gebreek kon gewees het - daarom is sy aanname ondanks alles nie seker nie, maar slegs `n vermoede, en dit alles vanweë die feit dat hy hom op die oomblik dat hy die geluid gehoor het, nie binne nie, maar buite sy huis bevind het.

[GJE 10.174.2] Die vader sê: “In ons ryk is daar heeltemal geen plek waarvan mens sou kan sê: “Kyk hier is dit, of daar, en so sien dit daaruit, en so is dit ingerig nie!”; want by ons is iedereen self die plek waar hy woon, en die aanblik en die hoedanigheid van die plek kom in alle opsigte ooreen met die innerlike hoedanigheid van die mens.

[GJE 10.175.7] Vele ander merk dit egter nie op nie en dag dat ek opsetlik die spot met hulle wil dryf, en hulle trek verder.

[GJE 10.176.6] Daarop dank die opperstadsregter My vir die onderrig, maar stel as skerpsinnig verstandelike kritikus ten slotte nog die volgende vraag: “Maar, Majesteit en Heer, hoe kan U sulke bose praktyke eintlik aansien, sonder al baie lank gelede definitief `n einde daaraan te maak?”

[GJE 10.180.1] Toe alle aanwesiges die baie veelseggende opskrif gelees het, was hulle uiters verras en verbaas, veral die drie Romeine en die fariseërs.

[GJE 10.182.8] `n Nog groter droefnis in die opsig kom by kinders na vore.

[GJE 10.182.17] Daarteen moes dan weer vele honderdduisende na die kuste van die see gaan en daar hul slegte en ongesonde voeding uithaal. Daardeur word die skeepsvaart uitgevind, en die mense vaar wyd en syd langs die oewers van die see en jag stoutmoedig op die skatte en rykdomme wat die see in haar verberg; en so lewe daar hede ten dae baie groot volkere by en van die see, wat gladnie by die eerste mense op aarde die geval was nie.

[GJE 10.183.1] (Die Heer:) “Jy kan op die hele aarde oral rondgaan, en jy sal, wat die uiterlike verskynsels betref, niks anders as aartsvyandskap onder die skepsele aantref nie.

[GJE 10.183.2] Kyk maar net na die son, wat tog sekerlik die grootste weldoenster van die aarde en alle skepsele is; want deur haar lig en warmte kom alles opnuut tot lewe en groei en word sterk. Die planteryk spruit as te ware nuut uit die bodem van die aarde, sit vrug binne die orde van elke soort, in die bome raak die sapstroom aan die gang, hulle kry knoppe, blare, bloeisels, en daarna volg die geleidelik aan rypwordende vrug.

198 199 200 201 202 203 204 205 206 Mobiele weergawe Kommentaar