Help

jakob-lorber.cc

202 203 204 205 206 Resultate 4100 - 4104 van 4104

[GJE 10.239.3] Maar Moses, wat immers self `n Israeliet was, het erbarming gehad met die volk, en het vir alles reëls opgestel om die volk tot sy vroeëre gesondheid en nugterheid terug te bring; want hy, wat in alle Egiptiese wetenskappe en geheime ingewy was, was baie goed bewus wat hy moes doen om sy volk, wat in elke opsig laer geraak het, in alle opsigte te red, en hy het dus ook `n voorskrif gemaak oor wat hulle wel en nie mog eet nie.

[GJE 10.241.6] Dat bepaalde vrugte goed is om te eet, dat in veel kruie geneeskrag skuil, dat gras dien vir die diere wat ons grasvreters noem, dat hout nuttig is om vuur te maak en ook vir die bou van huise en hutte, dit weet die mense uit ervaring; maar veel meer as dit weet die mense oor die algemeen egter nie! Derhalwe sien ek die mense steeds as baie beklaenswaardige skepsele van `n almagtige Godheid, of hulle nou in die baie diep nag van hul bygeloof lewe of as uiters gevierde wyses op aarde rondwandel, aangesien geeneen van hulle weet waarom hulle eintlik, sonder om dit te weet en te wil, op hierdie aarde geplaas is nie, en ek dink dat U, wat self `n buitengewoon wyse en wonderbaarlike Heer is, my geen ongelyk sal gee nie!

[GJE 10.242.9] Ons kan met ons groot verdraagsaamheid ook `n fout gemaak het; maar ek het altyd die indruk dat ook ons verdraagsaamheid in daardie opsig tot die gebied van ons grondbeginsel behoort, waarvolgens mens vir elkeen syne moet toestaan en laat. Alles wat bo dit uitgaan, moet aan `n hoër, goddelike wysheid oorgelaat word en bly.

[GJE 10.242.10] As Jerusalemmer, wat met hierdie opvatting van my eens is, kan jy in ons geselskap praat soos dit jou pas; want ons Romeine is vir elke egte waarheid en wysheid toegankliker as welke ander volk ookal op aarde, en by ons word `n werklik wyse en verstandige mens gelyklik gerespekteer, sonder onderskeid van geloof in transendentale psigiese sfere* *( Gebiede van die siel wat die bonatuurlike betref.)

202 203 204 205 206 Mobiele weergawe Kommentaar