Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 60 - 80 van 4104

[HG 1.43.20] Kyk vir die tallose skepsels om ons! Hulle bestaan en ontstaan wel ook uit hierdie almagtige liefde; maar hulle kan en mag nie daardie liefde weer terug liefhê nie, aangesien hulle vir daardie liefde nie ryp of bevoeg is nie, net soos ons vir ons kinders die wedersydse liefde weerhou, solank hulle nog nie ryp daarvoor is nie.

[HG 1.43.25] Ek sê: Kenan se droom sê vir ons niks anders, behalwe dat ons vir God, ons heilige Vader, meer en meer met al ons kragte moet liefhê en moet in liefde elke liefdelose oomblik berou, wat ons vir so lank dood gemaak het, soos wat ons daar sonder liefde was; want dit is een en dieselfde: Lewe en om lief te hê. Wie daar die lewe het, die leef in die vreugde van sy volbewuste bestaan en is sodoende ‘n vriend van sy lewe; maar wanneer iemand uit die vreugde van sy eie lewe sou kom, die sou ook binnekort uit die lewe self kom, soos wat hy die lus vir die lewe sou verloor, en vir homself sou doodmaak, aangesien hy dan ‘n selfmoordenaar sou word, soos Cahin ‘n broedermoordenaar was, en sou dus dan tweevoudig sterf, eerstens ten opsigte van die liefde vir God en dan ook op grond van die verlies van sy eie liefde.

[HG 1.43.27] Maar ons het des te meer Sy genade nodig; die genade is nie ‘n verpestery of versoeking nie, maar is ‘n geseënde gawe van die heilige Vader, om die lewe in ons, wat ten opsigte van die liefde vir Hom swakker en swakker geword het, te versterk. O Vaders, kyk nou vir die regverdige liefde tot God, ons heilige Vader, naamlik die droom van Kenan, en julle sal maklik gewaar word, dat God in die gees vir ons niks anders as die dooie swakheid van ons liefde vir Hom, gewys het nie! Daarom laat ons in die liefde in en vir Hom weer sterk word, sodat alles, wat tot dusver vir ons nog donker was, weer helder kan word! Amen.”

[HG 1.48.24] O groot, heiligste Vader, die aarde sal skaars tien maal so lank deur mense bewoon word, as wat ek dit bewoon het en volgens Jou heiligste wil liggaamlik nog sal bewoon; en al sou Ek ook tot die einde bly lewe, wie se hart sou meer geseën kon wees, indien Jy, o Jehova, vir my my Ahbel sou teruggee?! Maar ook hierdie my skynbaar onmoontlike wens is nou so heerlik vervul! O Jehova, ek kan vir Jou nie genoeg vir hierdie oneindige genade bedank nie, dat Jy vir my in Henoch my Ahbel en sodoende alle seën weer teruggegee het, en vir wie Jy waardig sal behou, sodat op ‘n dag uit sy linie ‘n spruit as ‘n groot, heilige broer vir al my kinders uit Jou, sal voortgaan! O Jehova, neem genadiglik my diepste dank aan!

[HG 1.49.2] En so het hierdie drie mense gaan lê om te rus en het geslaap tot by die vrolike oggend, waar ‘n vars wind vir hulle opgeruimd versterk en wakker gemaak het. Die tyd toe hulle gaan lê het was volgens julle berekening die negende uur en die tyd van opstaan, net so gereken, was die derde uur in die môre. - En toe hulle volledig versterk op hulle bene gestaan het, het elkeen ‘n stil offer uit die hart verrig, en na sodanige geheime verrigting het Adam nog die volgende gebed in die aangesig van Henoch en Eva gespreek:

[HG 1.50.4] O Henoch, jy my liewe Henoch, kom na my vaderlike bors, en laat vir jou in oorvloed liefhê en seën, sodat jou seën sal reik tot aan die einde van alle tye! Want jy het nou al olie in my reeds baie harde hart gegiet, sodat dit weer kan begin om sag te word, soos wat dit destyds was, toe die Here vir my die eerste keer my liewe helpster gebring het; en ‘n veeltakkige roosboom het in my groot gedagtes ontvou, en daar het ek heel bo ‘n botsel gesien - o Henoch, ‘n botsel! -, en daardie botsel het geslote sterker geglans as die son op die middag! - Maar niks verder daarvan nie; - sien, dit alles het jy nou bewerkstellig!

[HG 1.50.13] O my goeie, heilige Vader, maak wyer my te nou bors, sodat ek vir Jou in volle trekke kan liefhê; want te mooi en te groot is alles, wat my oog nou aanskou! Hoe heerlik reik die punte van die hoë sederbome in die vry, ligglinsterende, sag bewegende lug op en beweeg hulle takke, as of hulle vir die sterre wink! Maar dan kom ‘n asem van Jou: hulle voel Jou heilige nabyheid en laat sak hulle hoë hoofde tot op die aarde. Maar dan staan hulle weer van nuuts af op, getrek van die groot, oorheilige mag van Jou liefde, en juig suisend in vrye hoogtes vir Jou onverstaanbare, diepsinnige lof toe. O, hoe groot en verhewe moet die lof wees, wat ek nie eers kan vermoed nie, watter heilige offer vir Jou, die verhewe Skepper, deur Jou geskape natuur gebring word! Onophoudelik loof die aarde, die gras, die plante, die struike, die bome en al die mooi sterre vir Jou; net die mens kan slaap in die middel van sodanig heilige offer!

[HG 1.54.5] O laat ons wel daaraan dink, dat dit net jou liefde was, wat die aartsvader uit die stof van die aarde laat opstaan het, en dat die groot hand van Jou liefde vir hom tot Jou ewebeeld gevorm het en vir ons almal so wonderbaarlik volmaak, soos vir hom uit Jou, laat onstaan het. O, daarvoor wil ek vir Jou loof, vir Jou dank en prys my lewe lank; neem net genadiglik hierdie my flou geskreeu aan, alhoewel dit nie waardig is, om nader aan Jou hart te kom nie, waarna al Jou skepsels nie waag om te kyk nie! O Here, seën vir ons en die lafenis; want al ons bestaan is ‘n seën uit Jou vir ewig! Amen.”

[HG 1.57.2] Want ek voel dit duidelik aan myself, aangesien ek aanhoudend opspring in my wysheid; en wanneer daardie ydel dryfkrag op ‘n beperkte hoogte vir my aan my eie swakheid oorgelaat het, o, dan val ek altyd nes hierdie druppels in die dam van my nietigheid terug, waar ek dan onmiddelik weer van die gewone en alledaagse verslind word en uiteindelik verneder weer deur die natuurlike trek saamgesleep word, om dan eers mettertyd in nietigheid begin om die groot wet te erken, wat die Here in my hele natuur uiters wys en liefdevol geplaas het, naamlik dat vir hom, vir wie die Here geen vlerke gegee het om te vlieg nie, moet in weldadige en doelgerigte rus in alle nederigheid by die huis bly en daar rustig en dankbaar wag, om deur die spruit opgeneem en na die ewige môre gelei te word, waar die genade van die Here vir ewig straal, en waar die oneindige liefde van die ewige, heilige Vader die beskeie druppel sekerlik nie ten gronde sal laat gaan nie.

[HG 1.57.16] So staan en kyk ek nou, op die Voorsabbat omring deur duisende kinders, in rus na die vesting van my skuld en so sal ook eendag die laaste mens hier eensaam, ontbloot van alle lewende skepsels en kinders, my skuld moet boet, en hartseer na die ewige pieke van glansende wêrelde in die oneindigheid van God opkyk en sal met groot verlange wag, dat die berg oor hom moet val, en vir hom moet verpletter en die laaste druppel van my groot skuld onder die rommel moet begrawe!

[HG 1.57.42] O liewe vaders, daarom laat hierdie mens opstaan, sodat hy die groot God op hierdie hoogtes mag erken; want die liefde van die groot, ewige heilige Vader reik verseker verder, as wat ons grootste gedagte dit in die geringste ooit in staat sal wees om te verstaan.

[HG 1.57.44] O, daaraan is oneindig min geleë, hoe ver en hoog sodanige steen gegroei het, aangesien hy tog net ‘n steen is, soos wat ons onsterflike kinders van God sal bly, terwyl hy verganklik is, soos ons ewig onverganklik is; maar alles is in ons liefde geleë, vir wie daar geen skepsel, allermins ‘n arm broeder uit die dieptes, uitgesluit moet wees nie. Want ons is net kinders van liefde en daarin kinders van God. Daarom doen ons ook daarvolgens, om in waarheid waardig te wees, wat ons moet wees! Amen.”

[HG 1.58.15] Daarna het hy deur elkeen in die geheim die voorkoms van Ahbel laat beskryf; en toe die beskrywing ook in hierdie opsig ooreengestem het en hulle deeglik sy voorkoms beskryf het, het Adam geen twyfel meer gehad, om die volle egtheid van hierdie gesig te aanvaar nie.

[HG 1.59.20] Ons het almal die genade om kinders van God te wees, so ook onder al die skepsels onmisbaar die uitstaande vaardigheid, as mense mense te wees, en het as sulks almal dieselfde sintuie en gebruik dit op een en dieselfde manier; maar elkeen vra hom net self, of by al hierdie sintuig- en genadegemeenskap dit elkeen ook op een en dieselfde manier gelukkig maak!

[HG 1.59.21] Daaruit word dit duidelik, dat nie elkeen die gelyke hoeveelheid genade, nie eers gepraat van die dieselfde hoeveelheid liefde toegedeel word nie; en dit word nog duideliker, indien jy uit lang ervaring weet, hoe onbestendig die liefde met elke voorwerp, wat dit aangryp, te werk gaan, en watter groot teruggetrokkenheid en groot opoffering vereis word, om in elke opsig liefdevas te word,

[HG 1.59.26] Alleen, aangesien jy reeds op hierdie manier begin het, om uit God te praat, sien, dan is dit nie voldoende, om vir ons net op ‘n droë manier aan Hom te verwys nie, van wie ons almal weet dat alle dinge deur Hom geword het, - maar aangesien iemand ten gunste van almal deur die Here besonders bedeel is, dan moet hy uit daardie oorvloed volgens reg en billikheid praat, om diegene wat in hierdie of daardie opsig minder bedeel is te ondersteun; daardeur sal ons eers in waarheid voor die Here aan die dag lê, dat ons waaragtig Sy kinders is!

[HG 1.60.5] Alhoewel, o liewe en wel geagte vaders, sê of vra vir julleself, wat in die geval gedoen moet word, indien die aartsvader Adam op grond van ‘n vraag van die kant van die kinders, sodat hy nie self moet praat nie, vir my ‘n kort, harde en diepsinnige antwoord gee, maar die kinders die antwoord nie verstaan het nie en ek as die boodskapper ook nie ten volle nie, maar net sover, as wat die aartsvader dit vir my verduidelik het, met die vereiste van ‘n verbod, om vir eers niks van die verduideliking te meld nie, sodat die harte van die kinders in die sfeer van hulle denkvermoë nie te traag word nie, maar skerper en skerper mag word. Maar wanneer die kinders dan as gevolg van die ietwat duister antwoord oor my val en vir my druk, meer verstaanbaar en duideliker te praat, - o vaders, oordeel dan self: Wie se vereiste staan hoër, die’ van die aartsvader - of die’ van die ontydig weetgierige kinders?

[HG 1.63.4] “Liewe vaders van die vaders van die aarde, die wonderbaarlike woord van Henoch van die hoogste, heiligste Vader was vir julle te swaar om te verstaan en om dit ten volle uit die binnenste, diepste wortel van die lewe te begryp! O vaders van die vaders van die aarde, dit is wat ek nietige wurm van die stof vir julle vertolkend moes wys, - ja wys, hoe ver die oneindige homself met die eindige wil verenig, die dood met die lewe, die nag met die lig, die aarde met die son, hoe die tydelike met ewige, en hoe die skepsels met God!

[HG 1.64.5] Maar waarlik, voordat nie al die vore van die aarde, al die neste en al die ingewande van die diere volledig deur en deur verwarm is nie, sal geen lewe uit die kiem vanuit al hierdie kerkers opstaan en in vryheid na die vrye ruimtes wat daar vol lig is, opstyg nie!

[HG 1.66.17] Maar Adam het hom oor sy regte insig ten opsigte van sy liefde vir God geprys, en dat hy alleen vir My die eer laat toekom het.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar