Help

jakob-lorber.cc

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Resultate 80 - 100 van 4104

[HG 1.67.15] Maar toe almal die seën ontvang het, is vir Enos die opdrag gegee, om vir hulle aan te wys, dat hulle moet opstaan.

[HG 1.70.18] O wys vir my die skepsel, wat julle totaal kan vernietig! Wys vir my iets, waarin daar nie iets oneindigs teenwoordig is nie! Deel in die gees die kleinste stofdeeltjie, en wys dan vir my die laaste deeltjie, wat nie nog verder verdeel kan word nie, - of wys vir my ‘n saadkorrel, waar daar nie ‘n oneindige vermeerdering kan plaasvind nie!

[HG 1.74.5] Maar Adam het met ‘n bewerige stem van ‘n grysaard nog gesê: “O Henoch, sien, die angs het vir my my ledemate verlam, sodat ek nie kan opstaan nie, en, soos jy kan sien, ook vir moeder Eva, - en ons moet onmiddelik na die aand vertrek! Maar hoe sal ons dit doen, sodat ons nou kan verder trek?

[HG 1.74.14] O laat ons vanaf die harde grond van die aarde met nuut versterkte ledemate en vol van vrolike moed opstaan, en lei ons volgens Jou heilige wil, waarheen dit Jou genade en Jou welgevalle dit vir goed ag, en moet nie toelaat, dat vir die vaders enige leed aangedoen word nie, maar gee, dat ons almal voortdurend in Jou liefde en genade mag wandel!

[HG 1.74.17] “Luister, Henoch! Ek het jou gepleit verneem en het gehoor gegee aan jou versoek! Gaan na jou vaders, troos hulle vol seën uit My groot barmhartigheid en verseker hulle van My belofte, vat hulle onder die arms, en hulle sal almal, deur ‘n groot krag versterk, nes jongelinge opstaan en sal vol van blydskap die baan wat voorlê volgens my wil voltooi!

[HG 1.75.4] Is dan nie die ware, onselfsugtige liefde vir God die beskermende hand van die heilige Vader, wat op ons bors gelê is, vir wie se mag alle oneindigheid in sy diepste fondamente eerbiedig en gehoorsaam bewe nie?!

[HG 1.75.10] Is die mens dan nie as ‘n heerser van alle skepsels in die groot ruimte geplaas nie?! Hoe het dit dan gekom, dat hy vir die gesoem van ‘n vlieg terugdeins, asof God reeds ‘n halwe oordeel oor hom gehou het?

[HG 1.77.7] So het die omgewing gelyk, waardeur die weg na die aand gelei het: Stel vir julle sewe kegels met ‘n grysblou kleur in ‘n reguit lyn voor, elkeen seweduisend voet hoog, onderlangs ‘n kwart myl (1 Duitse myl ongeveer 7.4 kilometer) in deursnee! Dink, dat een kegel by die ander aangesluit het, asof iemand sulke kegels sodanig wou opstel, dat hulle by die voete aan mekaar sal raak!

[HG 1.77.22] Daarom wil ons vandag in my hut onder die magtige bystand van God raad hou, wat in hierdie opsig gedoen moet word.

[HG 1.79.4] Dit is waarskynlik die heel eerste keer, dat ek vir jou so volledig verstaan het, en dit nog so te sê vanuit die grond van die diepste wortel.

[HG 1.80.15] “O Henoch! O kinders! Hoe uiters heerlik is tog ons God! Hoe goed, hoe liefdevol en vol van barmhartigheid! Hy, wat geen leiding en ook geen onvolmaaktheid ken nie, Hy, die heilige, oneindige, ewige, bo alles magtige God kan vanuit Sy eindelose volmaaktheid nog steeds onvolmaakte wesens skep, maar nie omdat Hy hulle nie volmaak kan skep nie - dit bly ver van ons af om ooit so te dink -, maar om vir Sy op grond van Sy eindelose wysheid onvolmaakte skepsels so reg uit Sy mees innerlike genade- en liefdesdiepte Sy vaderlike liefde van ewigheid tot ewigheid steeds meer en meer te laat toekom, en om vir hulle daardeur te wys, dat Hy net die allenige, aller waaragtigste Vader van alle mense en geeste is.

[HG 1.81.1] Toe die toespraak en die laaste wens van Adam uitgespreek was, van Adam geseën en terloops deur My vir Henoch aangewys was, het Henoch voor die vaders gebuig, asook Asmahael op sy draer wat Henoch se voorbeeld gevolg het.

[HG 1.81.2] Maar dan het die twee na die kinders van die aand gegaan en het daar met ‘n luide stem die aanwesigheid van hulle wagtende Aartsvader Adam op die grens van die gebied van die aand aangekondig. Toe die kinders dit verneem het, het hulle bymekaar gekom, het allerlei vrugte en ander eetgoed saam geneem en het dan vinnig en met eerbied saam met Henoch en Asmahael na die Aartsvader Adam toe gegaan. Toe hulle in ‘n groot aantal daar aangekom het, het hulle op hulle aangesigte neergeval en het nie gewaag om op te staan nie, voordat Adam vir hulle deur Kenan herhaaldelik aangedui het, dat hulle tog van die oordrewe eerbied vir die vaders moet afstand doen en moet opstaan om die seën van Adam as regverdiging van hulle teenwoordigheid te ontvang, om dan met oop ore die heilige woord van uitnodiging na die offer- en brandfees op môre se heilige Sabbat te verneem.

[HG 1.81.16] O Vader Adam! Sien, dit lê daarin, dat jy vroeër deur jou angstige streng geregtigheid meer uit vrees as liefde voor en vir die Here sulke onderskeid tussen die kinders gemaak het en het sommiges veroordeel na die môre, wat daar oorgelukkig is, en het ander veroordeel na die middag, sodat hulle altyd minder van hulleself moet dink as die lieflinge van die môre, en het hierdie veroordeel na die aand, omdat hulle vir jou as traag in die gees voorgekom het, aangesien hulle dikwels in die oggend laat geslaap het, en het hard veroordeel die laastes na middernag, omdat hulle ten opsigte van sekere uiterlike gebruike nie jou mening wou deel nie.

[HG 1.83.9] “O liewe Vader Seth, sien, waar is die mens, wat in ‘n vergissing vasgevang is, dat hy homself wil help terwyl hy in die middel van die vergissing verkeer?! Want dan praat hy soos in ‘n droom; waar hy handel, daar handel hy soos ‘n blinde; waar hy gaan, gaan hy, asof hy geen bene aan sy voete het nie; indien hy wil staan, dan val hy soos iemand wat duiselig word omdat hy in die rondte draai; indien hy weer wil opstaan, dan kry hy sy voete nie reg nie; en indien hy wil sien en hoor, dan sien en hoor hy die skaduwee in plek van die voorwerp en die leë klank in plek van die lewendige woord.

[HG 1.85.10] Hoe is dit denkbaar dat sodanig oormagtige God die mense met ondraaglike laste van dooie gebooie, van klipvaste sinne, wat Hyself ten slotte deur al Sy kragte nie wil en nooit durf verlig nie, sou druk; want indien Hy een van hierdie geestelike hokke van die lewe sou losmaak, moes Hy dan nie vrees nie, om ten slotte van Sy skepsels gevange geneem te word en dan aan Homself ervaar, om ‘n slaaf van die skepsels te wees, wat tog almal saam teenoor Hom nie ‘n stofdeeltjie van die son uitmaak nie!

[HG 1.86.20] Wanneer die leerling dinge praat, wat die hart van die leraar nie verstaan nie, dan is dit onvanpas dat ‘n mens van hom ‘n skolier maak, wat die meester en al die vaders ten opsigte van innerlike wysheid ver oortref, dat hulle daarop ook nie ‘n enkele woord kan antwoord nie! Daarom bly ek gerus onder my skaduwee en is tevrede met die ligspatsels, wat deur die ruisende blare flits, en laat dit aan hom oor, om in die aangesig van die son te star, wat besonders lus is daarvoor, om volledig blind te word!

[HG 1.88.16] Alles wat geskep is, is nie ‘n noodsaaklikheid nie, maar net vir die skepsels ‘n sigbare teken van My allerhoogste, volmaakte vrye mag en die daaruit voortspruitende saligheid van alle salighede. Wat sou of kon vir My dwing, om so of anders te handel?!

[HG 1.89.8] Daarom het Jy vir my die liefde gegee, sodat nie net die sonde en die dood alleen my werk moet wees nie, maar ook die liefde en sy lewendige werke, sodat die werke met betrekking tot die liefde suiwer myne maar ten opsigte van Jou genade en barmhartigheid nog steeds geheel en al Joune is!

[HG 1.94.7] Sien, liewe Henoch, en dink diep by jouself na, dan sal jy vind, hoe moeilik dit is om met die eerste oogopslag sodanig dwase gebod met die liefde en wysheid van God te verenig! Want indien een en dieselfde woord deur julle tonge verbied, maar deur Asmahael toegelaat is, dan kan die woord in elk geval nie van groot belang wees nie, en daar is dus minder aan die woord self, waarvoor daar geen gebod is, geleë nie, omdat Asmahael dit vry mag uitspreek, maar alles lê by die tong wat gebind is.

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 Mobiele weergawe Kommentaar