Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Van die Hel tot die Hemel, Boek 1

2. Hierdie man, wat vanweë sy vermetelheid deur die wêreld veroordeel was, het al reeds as kind `n groot vasberadenheid getoon. Alhoewel Ek hom, sodra hy sy wil wou laat geld het, terwille van sy sieleheil steeds voorlopige hindernisse op sy weg gelê het, het dit tog weinig vir hierdie wêreld gehelp. Want die hardnekkige strewe van sy gees het vir homself uiteindelik tog `n weg gebaan uit alle onbeduidendheid, waardeur hy meer invloed gekry het.

3. Nou maak hy skielik duisend grootse planne en bring dit ook volgens vermoë ten uitvoer. In die eerste plek lê die welsyn van sy volk hom ter harte, en om dit te verwesenlik, was geen offer vir hom te veel nie. As hy al die skatte van die aarde besit het, sou hy dit, om die hoogste gedagte te realiseer, alles op die spel geplaas het, sy lewe inbegrepe.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar