Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Van die Hel tot die Hemel, Boek 1

3. Nou maak hy skielik duisend grootse planne en bring dit ook volgens vermoë ten uitvoer. In die eerste plek lê die welsyn van sy volk hom ter harte, en om dit te verwesenlik, was geen offer vir hom te veel nie. As hy al die skatte van die aarde besit het, sou hy dit, om die hoogste gedagte te realiseer, alles op die spel geplaas het, sy lewe inbegrepe.

4. Die idee van die welsyn van sy volk het hy vernaamlik oorgeneem uit die skool van Ronge* en sy volgelinge, wat `n wêreldreligie aangehang het; hoewel hierdie rigting eintlik geen religie of kerk was nie, omdat hulle My, die Heer, as `n gewone mens en volksleraar uit die ou tyd afgemaak het. Hierdie "kerk" verwerp sodoende het ook die basis waarop sy haar gebou wou optrek en haar huis sou daardeur nie lank standhou nie. *( Johannes Ronge (1813-1887), stigter van die Roomse onafhanklike Duitse-Katolisisme.)

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar