Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 1 Van die Hel tot die Hemel, Boek 1

6. Sy oortuiging was so sterk, dat hy byna nie in staat was om enige twyfel daaroor toe te laat nie, ook al het Ek hom innerlik gewaarsku by al die gewaagde ondernemings, dan het dit hom tog nie verhinder om hom te weerhou van dit wat hy hom nou eenmaal voorgeneem het nie. Want dit was vir hom `n slagspreuk; dat `n reggeaarde Duitser eerder alles sou moet opoffer, as om af te sien van `n eenmaal opgeneemde idee.

7. Sy vasberadenheid om sy eenmaal opgeneemde idee ook uit te voer, was nog versterk, deurdat hy op verskeie kere skitterend suksesvol was. En so waag hy dit dan ook aan `n "Himalaya gebergte", omdat hy met die afgrawe van enkele politieke heuwels sukses geboek het. Deur sy werk het hy die publieke aandag op hom gevestig, waardeur hy die vertroue van die hele land op hom gevestig het, waarby hy ook die vertroue van die hele land gewen het, wat toe egter ook tot sy aardse ondergang gelei het.

Hoofstuk 1 Mobiele weergawe Kommentaar