Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Van die Hel tot die Hemel, Boek 1

Geeste egter, soos van ons man hier, wat daar aankom en slegs veroordeel is weens politieke misdade teen wêreldse wette, word aanvanklik slegs in `n liglose toestand geplaas. Dit is dan asof hy blind is, en hy sien daardeur geen enkele wese waarop hy sy blinde wraak kan afkoel nie. Hewige woede en sterk wraakgevoelens het reeds by die mense in hierdie wêreld die gevolg dat hulle gewoonweg blind word van toorn en siedende woede. Des te meer bring hierdie bose eienskappe in die hiernamaals die siel en die gees in `n toestand van volkome blindheid. Sulke geeste word in hierdie situasie gelaat, totdat hulle wraak afgekoel en oorgegaan het in `n gevoel van onmag. Die diep gekrenkte en beledigde siel begin by die opkomende gevoel van onmag te huil, wat weliswaar ook uit woede voortkom, maar wat geleidelik afneem. – Van die Hel tot die Hemel, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 3

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar