Help

jakob-lorber.cc

Hoofstuk 2 Van die Hel tot die Hemel, Boek 1

Maar ongeveer sewe uur na sy teregstelling, toe sy siel as`t ware tot haarself gekom het, was hy gou oortuig van die ongegrondheid van sy aardse geloof en het hy spoedig gewaar geword dat hy verder leef. Maar nou verander sy oortuiging aangaande die voortbestaan na die dood in `n ander ongeloof: Hy dink nou by homself dat hy wel na die plek van die teregstelling gebring was, maar slegs vir die skyn doodgeskiet was, om die doodsangs ten volle deur te maak. Omdat die offisier hom laat blindoek het, sodat hy nie sou merk dat daar slegs in die lug geskiet was nie, was hy slegs deur angs verdoof en het inmekaar gesak. Daarvandaan was hy in `n bewustelose toestand oorgebring na `n donker kerker, waaruit die protes van die Duitse burgers hom sekerlik spoedig sou bevry. – Van die Hel tot die Hemel, Boek 1, Hoofstuk 2, Paragraaf 5

Hoofstuk 2 Mobiele weergawe Kommentaar